|
VIR VRYHEID EN REG |
DIE
AFRIKANER VRYHEIDSVLAG
OORSPRONG In baie Afrikanerkringe is daar 'n bewuswording van die noodsaaklikheid dat ons weer 'n vrye volk moet word, besig om plaas te vind en heelwat Afrikanerorganisasies en -bewegings beywer hulle in 'n mindere of meerdere mate vir die vryheidsideaal. Die Boere Vryheidsinisiatief is gedurende 2002 in die lewe geroep om die vryheidsideaal te bevorder en in die harte van mede-Afrikaners wakker te maak. Die Afrikanervryheidsvlag vorm 'n deel van die kenteken van die BVI. In hierdie pamflet word meer besonderhede aangaande die oorsprong, geskiedenis, betekenis waarde en praktiese gebruik van die vlag verskaf. Die Afrikaner Vryheidsvlag bestaan uit drie horisontale bane: oranje, wit en blou en 'n vertikale groenbaan langs die vlagpaal. Dit staan beter bekend as die Rebellevlag. Tydens die herdenking van die uitbreek van die Tweede Vryheidsoorlog, wat op 11 Oktober 1999 gelyktydig in Pretoria en Bloemfontein gehou is, is die groot momente van die vryheidstryd van die Afrikanervolk uitgebeeld deur die gebruik van vlae. Ter herdenking aan die rol van die Kaapse rebelle tydens die oorlog is 'n vlag, wat in die amptelike program die Rebellevlag genoem was, vertoon. Die vlag was ook in die amptelike program afgedruk. Daar heers 'n opvatting onder heelwat Afrikaans dat dié vlag tydens die Tweede Vryheidsoorlog deur die Kaapse rebelle gebruik is. Daar bestaan egter nog nie afdoende getuienis dat dit wel die geval was nie. Dit kan waarskynlik aanvaar word dat die Kaapse rebelle wel vlae in hulle besit gehad het en dat dié vlae een of ander variasie van die Transvaalse en Vrystaatse vlae kon gewees het. In die boek Die Rebelle van die Stormberge deur Abrie Oosthuizen word daar verwys na 'n vlag wat dié rebelle by hulle sou gehad het. Daar word egter geen beskrywing daarvan gegee nie. Die heraldikus Franz Jooste vertel dat sy ouma, 'n nooi Vrede Froneman, wat in 1902 op die plaas Giddy's Farm naby Cathcart gebore is, van haar pa, George Froneman, verneem het dat rebelle uit die Stormberge, wat tydens die oorlog op hulle plaas aangekom het, 'n vlag by hulle gehad het wat gelyk het soos die een wat hierbo beskryf is. Of die Rebellevlag wel deur
die Kaapse rebelle gebruik is, sal dalk moeilik wees om vas te stel,
want hulle kon dit nie openlik vertoon nie.
Hulle was onderdane van die Britse Koningin en die vertoning
van so 'n vlag kon summiere teregstelling tot gevolg gehad het.
Vlagkenners stem egter meestal saam dat die vlag wel 'n plek
in die Afrikanervolk se geskiedenis het en dat dit nie verkeerd is om
dit die Rebellevlag te noem nie. Die
vroegste duidelike spore van die vlag is by die Ossewa Brandwag (OB)
gevind, 'n organisasie wat in 1938 gestig is met die doel om homself
vir 'n Afrikanerrepubliek te beywer.
Volgens ooggetuies is die vlag wel deur die Nog 'n bewys van die bestaan en gebruik van die vlag word gevind in die boek Republieke en Republikeine deur M C E van Schoor en Jan J van Rooyen (p. 218). Daar word geskryf dat Dr D F Malan, leier van die destydse Herenigde Nasionale Party, in 1942 'n mosie by die Volksraad ingedien waarin versoek is dat Suid-Afrika in 'n republiek omskep moet word. Die skrywers gaan dan soos volg voort: "Slegs dae later gee
Dr Malan vir publikasie aan die pers die teks van die 'grondwet vir
die republiek van Suid-Afrika.' Hierdie
'republikeinse grondwet', soos dit in die mond van propagandiste teen
die Nasionale Party geheet het, was die mees besproke dokument vir baie
jare daarna in die staatkundige stryd tussen die politieke partye.
Dit het sekere ingrypende voorstelle bevat vir die verandering
van Suid-Afrika se staatsvorm na 'n republiek.
Dit was egter nooit amptelike NP-beleid nie, soos Dr Malan en
sy opvolgers in die hoofleiding van die party dikwels daarna moes beklemtoon. Die stuk was deur 'n kring van vooraanstaande
persone opgestel met die doel om die HNP of V te help by die noodsaaklike
voorbereidingswerk vir die stigting van 'n republiek. Dit was aan Dr Malan oorhandig vir bestudering
en verdere bespreking met die opstellers. Die dokument was egter ook in die besit van
andere, en in sekere kringe is daarvan gebruik gemaak met die klaarblyklike
doel om die HNP of V voor te spring in die wedywering om republikeinse
aanhangers. In hierdie konsep is onder meer gepleit vir die 'algehele opheffing van Britse koningskap oor en Britse onderdaanskap in die Unie'. Die republiek sou gevestig wees op Christelik-nasionale grondslag. Die nasionale vlag sou die vierkleur van die Suid-Afrikaanse Republiek wees, met die rooi baan vervang deur een van oranje. Die volkslied sou Die Stem van Suid-Afrika wees. Afrikaans sou die eerste amptelike taal wees, met Engels as tweede of aanvullende amptelike taal, wat op 'n voet van gelykheid behandel sou word." Die vlag waarvan hier sprake is, is sonder twyfel die Rebellevlag. DIE GESKIEDENIS VAN DIE
VLAG Die vlag bestaan uit twee komponente, naamlik horisontaal die Oranje-Blanje-Blou en vertikaal die groen baan. Die geskiedenis van die twee komponente sal nou afsonderlik bespreek word. Die Oranje-Blanje-Blou Die Oranje-Blanje-Blou, ook bekend as die Prinsevlag, het sy ontstaan in Nederland gehad as die vlag van die koningshuis van Oranje. Volgens historici is die vlag vir die eerste keer in 1572 in die hawestad Den Briel gehys toe die Protestantse Nederlandse magte onder leiding van Prins Willem van Oranje die Rooms-Katolieke Spaanse oorheersers uit die stad verdryf het. Dit het gebeur tydens die tagtigjarige oorlog, wat in 1648 geëindig het toe die Nederlanders finaal van Spaanse heerskappy bevry is. Toe Jan van Riebeeck op 6 April 1652 aan die Kaap geland het, het hy waarskynlik hierdie vlag, of die VOC-variasie daarvan, geplant en dit kon moontlik tot in 1795 gewapper toe die Kaap deur Brittanje verower is. Die Britse vlag het tot 1803 aan die Kaap gewaai toe die Kaap weer Nederlandse gebied geword het, hierdie keer onder die Bataafse bewind. In die Bataafse vlag is die oranje baan met 'n rooi baan vervang en hierdie vlag was terselfdertyd ook die amptelike vlag van die republieke Graaff-Reinet en Swellendam wat in 1795 uitgeroep is. Sommige vlagkenners reken dat die oranje baan dalk alreeds in die tyd van Van Riebeeck of selfs vroeër deur die rooi baan vervang kon gewees. Die Oranje-Blanje-Blou het egter nie verdwyn nie. Op hierdie punt het Jooste 'n interessante mening. Hy sê: "Daar was aan die Kaap eintlik twee gedagterigtings binne volksgeledere. Die eerste groep was die sogenaamde 'Nasionales', wat met die tyd van die Franse rewolusie die twee republieke Graaff-Reinet en Swellendam tot stand gebring het. Hulle het later hulle goed gevat en noordwaarts uitgewyk. Hulle het die rooi bo-aan die vlag verkies, heel waarskynlik omdat hulle hulself en hul stryd met die Franse s'n wou vereenselwig. Aan die ander kant was daar die Wes-Kapenaars wat nog altyd getrou aan die Kaapse bewind was en wat hulself 'Oranjemanne' genoem het. Hulle was bereid om in die Kaap agter te bly ten spyte van vreemde owerhede. Hulle het weer vasgeklou aan die Oranje-Blanje-Blou Prinsevlag van Van Riebeeck. Daar is dus geen twyfel dat die Oranje-Blanje-Blou tot op daardie tydstip die eiesoortige simbool van die Kaap was nie." Alle vlagkenners stem nie noodwendig saam met hierdie siening nie. 'n Mens Dit is ook interessant om daarop te let dat die vlag van die Republiek van die Oranje-Vrystaat drie prominente oranje bane gehad het. Die vlag is deur Koning Willem van Nederland aan die Vrystaat geskenk en dit was sy dogter, die jong Koningin Wilhelmina, wat die Gelderland gestuur het om vir President Kruger na Europa te neem. Verder, toe daar in 1928 op die Unievlag besluit is, is die Oranje-Blanje-Blou weer as basis geneem en toe die Republiek van Suid-Afrika in 1961 tot stand gekom het, is die vlag net so behou. Die Oranje-Blanje-Blou het dus oor die eeue sy plek in die harte van Afrikaners behou. Die Groen baan Daar is op hierdie stadium geen historiese getuienis oor die byvoeging van die Groen baan beskikbaar nie. Die groen baan in 'n Suid-Afrikaanse vlag het vir die eerste keer in die vlag van die ZAR (die Vierkleur) verskyn en dit is moontlik dat die Groen baan in die Rebellevlag in navolging daarvan ingevoeg is en dat dit wel tydens die Tweede Vryheidsoorlog kon gebeur het. Ons weet nie wanneer en waar die Rebellevlag, in sy huidige vorm, vir eerste keer gehys is en wat die werklike beweegredes daaragter was nie. DIE BETEKENIS VAN DIE
VLAG Die betekenis van die vlag word ook bespreek aan die hand van sy twee komponente, naamlik, die Oranje-Blanje-Blou en die Groen baan. Soos reeds vroeër aangetoon
was die Oranje-Blanje-Blou die amptelike vlag van die Huis van Oranje
in Die simboliek van die drie bane word deur vlagkenners soos volg uitgelê: Oranje: Aanbidding, beskerming en eer. Wit: Reinheid, vrede en vryheid Blou: Heldere en hoopvolle toekoms, soos die blou van die hemel. Soos reeds gesê, is die Groen baan 'n simbool van hoop. In die Transvaalse Vierkleur het dit 'n simbool van "jeug" of "vryheid" gevorm, aldus die historici. 'n Mens sal kan sê dat in die samevoeging van die Oranje-Blanje-Blou en die groen baan daar 'n Afrikanervergestalting van die ideaal van nasionale en geestelike vryheid plaasgevind het. Dit verteenwoordig die Afrikanervolk se Godgegewe reg en hunkering na vryheid. DIE WAARDE VAN DIE VLAG Die waarde van enige vlag is geleë in die simboliek wat daarin opgesluit lê en in die lewenswaardes wat dit verteenwoordig. Dit word bevestig deur die mate waarin die vlag deur 'n volk of 'n groep mense aanvaar word as hulle eie simbool. Die geskiedenis van die vlag speel wel 'n belangrike rol in die bepaling van die waarde daarvan, maar is nie deurslaggewend nie. Daarom behoort die feit dat daar min oor die geskiedenis van die Afrika Vryheidsvlag bekend is, nie afbreuk aan die waarde daarvan te doen nie. Die waarde van die Afrikaner Vryheidsvlag is in die volgende aspekte geleë. Dit is: - 'n Betuiging van dankbaarheid teenoor
die HERE vir Sy bepaling van die lotgevalle van ons volk en vir 'n heldedom
waarop ons trots - 'n Huldiging van die Kaapse rebelle en ander manne, vroue en kinders wat bereid was om tot die bittereinde vir die vryheidsideaal te veg; - 'n Nagedagtenis aan hulle wat vir ons 'n eie vaderland en heldedom nagelaat het; - 'n Trotse vereenselwiging met die geskiedenis van ons volk; - 'n Band van eenheid tussen Afrikaners oor politieke en provinsiale grense heen; - 'n Persoonlike verbintenis tot die lewenswaardes wat die vlag verteenwoordig; - 'n Besieling vir huidige en toekomstige geslagte om die vryheidsideaal lewend en brandend te hou en nooit in die verlies van ons vryheid te berus nie DIE HUIDIGE GEBRUIK VAN
DIE VLAG Verskeie Afrikanerorganisasies, wat in die sewentiger en tagtiger jare van die vorige eeu ontstaan het, gebruik die Rebellevlag. Onder hulle is die Oranjewerkersbeweging, die Oraniagroep en verskeie ander Kaaplandse volkstaatgroeperinge. Die vlag is ook deur 'n groep Afrikaners op die aand van 27 April 1994 by Donkerhoek naby Pretoria gehys toe die Republiekvlag vir die laaste keer gestryk is. Hy is tans in die naam van die Vrye Republikeinse Beweging geregistreer. Elke noemenswaardige volk
in die wêreld het 'n vlag van sy eie.
Dit dien onder andere as 'n beklemtoning van sy identiteit en
andersheid en ook as 'n trotse vereenslewing met sy geskiedenis en lewenswaardes
en as 'n oproep tot volksgenote om hulle te beywer vir die voortbestaan
van die volk en die handhawing van sy eie identiteit en lewenswaardes. Op die oomblik is die Afrikanervolk sonder sy
eie vlag. Die "ou"
Suid-Afrikaanse vlag, waarmee ons geïdentifiseer het, is verwyder en
met die nuwe een Uit ons geskiedenis is daar
basies drie vlae wat as moontlike kandidate Toe die Boere-Afrikaner Vryheidsinisiatief op 12 Oktober 2002 gestig is, is daar besluit om dié vlag as vryheidsimbool te kies en daar is later deur die Sentrale Vryheidskomitee van die BVI besluit dat die vlag in BVI-kringe as die Afrikaner Vryheidsvlag bekend sal staan. Die BVI het die vlag in
verskillende vorms beskikbaar en deur die gee van 'n donasie aan die
BVI Vryheidsplakkers: Klein R 15 Groot R30 Vryheidsvlae: 20 x 15 cm (Tafelvlaggie met staander) R 80 90 x 60 cm (Stormvlag) R250 180 x 120 cm (Standaardvlag) R450 270 x 180 cm (Seremoniële vlag) R800 Persone wat graag
van die vlae wil hê, kan dit bestel by die BVI, Posbus 339 Piketberg
7320 of die toepaslike bedrag deponeer in die BVI se bankrekening by
Absa 910 397 1109 en die bestelling deurfaks na 022 913 1482.
Navrae
PIKETBERG
|