|
|
|
|
VAN
RIEBEECKHERDENKING SWELLENDAM
SATERDAG 8 APRIL 2006 DV
Op 6 April 1652, nou bykans 354 jaar gelede, het Jan van Riebeeck en sy gevolg aan
die Kaap geland. Dit was ‘n gebeurtenis van ontsaglike historiese belang, want dit
het die proses aan die gang gesit wat uiteindelik tot die ontstaan van die
Afrikanervolk gelei het. Die
gebeurtenis het egter nie in isolasie plaasgevind nie. ‘n Aantal sleutelelemente was deel
van die historiese raamwerk waarbinne hierdie gebeurtenis plaasgevind
het. Dit bied die basis, nie alleen
vir die korrekte begrip van die besondere verloop van ons geskiedenis nie,
maar bied ook die grondslag waarop ons ons toekoms moet bou. Ons beplan om hierdie gebeurtenis te
herdenk en tydens die saamtrek sal daar op drie aspekte gefokus word,
naamlik: ¨
‘N
BEPROEFDE GELOOF Van Riebeeck het aan die Kaap geland ongeveer 100 jaar na die Hervorming
in Europa plaasgevind het en hy het dus die Gereformeerde geloofstradisie
hier gevestig. Saam met hom het hy
gebring die ware Woord van God, gesuiwer van Rooms-Katolisisme. Met hierdie Woord het ons voorouers die
binneland ingetrek en die beginsels daarin vervat, het die grondslag
gelê vir ‘n geordende samelewing
vir byna 350 jaar. ¨
‘ Vir Van Riebeeck was die Gereformeerde geloof nie slegs ‘n stel
lewensreëls nie. Vir hom het dit
‘n ware lewende verhouding tussen God en mens geskep. Dit blyk duidelik uit die gelofte wat hy op
6 April 1654, twee jaar na die volksplanting afgelê het. Die gelofte het soos volg gelui: Waar dit vandag die tweede verjaarsdag is
van die dag waarop ons deur die Here gelei, met die skepe Drommedaris, Reyger
en Goede Hoop hier ter plaatse behoue aangeland het om hierdie vesting en
kolonie na die bevel van ons here en meesters (Here XVII – die
Direkteure van die VOC) te bou en te bestendig, en opgelet het dat God die
Here alle sake tot vandag toe met vele seëninge voorspoedig en na wens laat
verloop en laat slaag het, daarom het ons besluit, en ook vir die eerste keer
begin om hierdie dag, die 6de April, tot eer van God met dankseging te vier
en vir altyd tot ‘n vasblywende dank- en biddag in te stel, sodat
daarby die weldade van die Here wat aan ons bewys is, deur ons nakomelinge
nooit vergeet mag word nie, maar altyd tot eer van God in gedagtenis en
herinnering gehou sal word. Tydens die byeenkoms sal daar in meer besonderhede op die betekenis van
hierdie gelofte gefokus word. ¨
‘N NUWE LAND VIR ‘N NUWE VOLK Met die landing van Van Riebeeck aan die Kaap het God nie alleen die
proses aan die gang gesit om ‘n nuwe volk tot die ry van volkere in die
wêreld te voeg nie; Hy het ook reeds
gesorg dat daar ‘n land braak lê wat hulle moet verwerf as ‘n
vaderland waar hulle en hul kinders as ‘n vrye volk moes woon. Dit het hulle vermag en wel met groot
offers. Met bloed, sweet en trane het
hulle, soos hulle die binneland ingetrek het, die land aan die wildernis, die
barbarisme en die Britse imperialisme ontworstel. Uiteindelik het ons die heerlike vrugte
daarvan gepluk omdat ons in ‘n vrye, geordende land kon woon. Deur ‘n intense vyandelike aanslag teen ons het ons die beheer oor ons land verloor en die slagordes is nou opgestel om ons van ons grond te verdryf, sodat ons en ons kinders tot ewige slawerny verdoem kan word. Of dit wel gaan gebeur, is egter in ons eie hande en die tyd vir kragdadige aksie is nou daar. Die BVI het reeds ‘n strategie vir die behoud van Afrikanergrond uitgewerk en is besig om dit toe te pas in samewerking met ander Afrikanerbewegings op landbou-, politieke en kulturele terreine. Ons wil dit wat reeds tot stand gebring is, met u deel en saam met u beplan vir die toekoms. Alhoewel
die grondaanslag op hierdie
stadium hoofsaaklik teen landbougrond
gerig is, moet dorps- en stadbewoners nie dink dat die aanslag net tot landbougrond beperk sal wees nie. Daarom is hulle ook by hierdie saak betrokke. ********************************************************** PROGRAM Die byeenkoms word in die KLEINSAAL van die Swellendamse
Stadsaal gehou en die program is soos volg: 10:00 Opening
en verwelkoming 10:15 Prof Roelof Marè: Ons Gereformeerde geloofserfenis 10:45 Dr Ronnie van der Merwe: Die Van Riebeeck-gelofte en ons
verbondenheid aan God 11:15 TEE 11:45 Frikkie Strauss: ‘n Strategie vir die behoud van
Afrikanergrond 12:15 Besprekings
oor konkrete aksies wat geneem kan word teen die huidige aanslag op ons grond 13:00 Ligte
middagete (teen lae koste) Geen toegangsgeld word gevra nie, maar daar sal geleentheid wees vir
donasies ter delging van die kostes van die vergadering en ‘n groot
verskeidenheid goeie boeke sal te koop aangebied word. Navrae: Smof Beetge (Stilbaai 028 754 3628)
Ds
Reino Louw (Riversdal 028 713 1726)
Die byeenkoms word deur die Boere-Afrikaner
Vryheidsinisiatief gereël. Die BVI
is op 12 Oktober 2002 te Matjiesfontein in die lewe geroep en het
voortgevloei uit die suksesvolle Bittereinderdagherdenking wat op 31 Mei 2002
te Soetwater gehou is. Die BVI glo dat
die voortbestaan van ons volk onlosmaaklik aan die behoud van ons grond
verbind is. As ons ons grond verloor,
verloor ons ons toekoms. Daarom vorm
die grondkwessie die kern van ons Van Riebeeckherdenking. Meer inligting oor die BVI is beskikbaar op ons
webtuiste by vryheidenreg.com of kan verkry word deur 022 931
2391 te skakel. Ons administratiewe kantoor is in Piketberg.
PIKETBERG |