PAUL KRUGER: VERPERSOONLIKING VAN DIE VRYHEIDSTREWE VAN DIE AFRIKANER
TOESPRAAK DEUR DR RONNIE VAN DER MERWE
KRUGERDAG 9 OKTOBER 2004
Paul Kruger is gebore op 10 Oktober 1825 op Bulhoek –
Steynsburg. Reeds voor die Groot Trek
het sy pa se wa in die Caledonvallei in die huidige Vrystaat gestaan en in
1836 het sy pa by die Potgieter-trek aangesluit.
In 1836 op 11 jarige
ouderdom het hy saam met die grootmense die voorlaaier hanteer in die laer by
Vegkop toe die aanval van 1000de Matabeles afgeslaan
is.
Hy
het 3 maande formele skoolonderrig gehad.
In
1838 is die Krugers na Mooirivierdorp –
(Potchefstroom).
Op
13 jarige ouderdom is hy deel van ekspedisie teen Silkaats.
Op
16 jaar (1841) kry het sy
eie plaas aan die voet van Magaliesburg.
In
1842 (17jr) trou hy met Maria du Plessis en in 1846 verloor hy sy vrou met
die geboorte van hul eersteling.
In
1847 is hy weer getroud met ‘n niggie van sy eerste vrou, Suzanne du
Plessis.
Hy
word in 1853 kommandant van Rustenburg en in 1856 kommandant van die ZAR.
Vanaf
1860 – 1864 speel hy ‘n belangrike rol om die burgeroorlog tot
‘n einde te bring.
In
1863 word hy Kommandant-Generaal van die ZAR.
In
1872 word Burgers President. Kruger is
gekant teen sy godsdienstige liberalisme en in Mei 1873 bedank hy as
Kommandant-Generaal van die ZAR.
Kort
voor Shepstone se anneksasie op 12 April 1877 is Kruger aangewys as Vise-President.
Kruger
lei 2 deputasies na Engeland in 1877 en in 1878.
In
Junie 1880 besoek hy Bolandse dorpe om Kaaplandse Afrikaners tot verset aan
te spoor teen die Britse konfederasieplanne.
By
die Paardekraal-byeenkoms in 1880 word Kruger met Piet Joubert en Pretorius
as 3-manskap gekies om die Republikeinse regering te herstel.
Die
beslissende slag vind plaas
by Amajuba op 27 Februarie 1881.
Hy
word in 1883 verkies tot President, 1888 herkies, 1893 herkies en in 1898 vir
die 4de keer herkies.
Op 11
Oktober 1899 begin die Tweede Vryheidsoorlog.
Op 74 is hy te oud om te perd saam met die
Kommando’s te beweeg. Tog besoek
hy self kommando’s in Natal en
die Vrystaat.
Op
7 Mei 1900 vind die
laaste Volksraadsitting te Pretoria plaas.
Op 29 Mei verlaat hy Pretoria. Hy bly
maande lank in ‘n spoorwegwa in Machadodorp en in ‘n huisie op Waterval-Onder.
Hy het die offisiere en
burgers bemoedig met die woorde “Stel u ganse vertroue in die HERE, Hy
is ons Opperste-Generaal wat elkeen se hart beweeg waartoe Hy wil. Die eindoorwinning is ook in Sy
Hand.”
September
1900 word besluit dat hy die stryd namens die Republiek in Europa sou gaan
voortsit. Eers is hy na Lourenco Marques. Daar het Koningin Wilhelmina in Oktober 1900 die
oorlogskip die Gelderland gestuur om hom te kom haal.
Op
22 November 1900 bereik hy Marseilles in Suid-Frankryk.
Daarvandaan ontvang hy reuse ovasies in die Franse stede, maar kry
geen staatsteun vir die Boeresaak nie.
Een koerant het geskryf:
“Hy vra om brood en hulle bring blomme en musiek.” Daarvandaan gaan hy deur België. Maar die Duitse
keiser Wilhelm II wou hom nie in Duitsland ontvang nie. Daarna gaan hy terug na Nederland en bly daar vir die duur van oorlog tot September
1902.
Hy
gaan na Menton Frankryk in Oktober 1902 en in Mei 1903 na Hilversum Nederland
tot Oktober 1903. Dan na Menton tot
Mei 1904 en ten laaste na Clarens Switserland tot Julie 1904. Daar is hy oorlede op 14 Julie 1904.
Sy
oorskot bereik Kaapstad op 29 November 1904. Hy lê in
staatsie Kaapstad van 1 – 6 Desember en in Pretoria tot 16 Desember 1904. Hy word begrawe te Pretoria op 16 Desember 1904. Die begrafnis word bygewoon deur 30 000
mense (met die laaste verkiesing was die totale uitgebragte stemme 18 600).
Dat sy invloed inderdaad tot diep in die 20ste eeu
sou strek, nie alleen in die geledere van sy volksgenote nie, maar ook
in dié van sy vyande word in 1960 soos volg bevestig deur Morris Broughton,
voormalige redakteur van The
Cape Argus in sy boek, Press
and Politics of South Africa: “Daar
is” skryf hy, “ook die behoefte om ontslae te raak van die
onsigbare man wat aan die anderkant van die redakteurstafel in byna
elke Engelse koerantkantoor sit. Daar
is hy – treiterend, swygsaam, statig – die gees van Paul
Kruger. Dit is teen hom en sy beeld dat, fundamenteel,
die inkvaatjies van hoon, spot, woede, welsprekendheid en verwerping
uitgegiet word.”
C J Langenhoven het gesê dat as ‘n oningewyde
vreemdeling hom sou vra wat die Afrikanervolk gedoen het om ons bestaan te
regverdig sou hy antwoord: “Ons
roem is in ons geskiedenis – lees hom.
Ons roem is in ons lyding en opoffering. Ons roem is dat ons skoon gebly het in
omstandighede waaronder elke ander volk vervuil geraak het. Ons roem is in ons letterkunde –
vergelyk wat elke ander nasie in sy eerste vyfhonderd jaar gedoen het teen
wat ons in 25 jaar verrig het. Maar die hoogste wat ‘n volk kan voortbring is ‘n man. En ek wys jou ‘n takhaar Dopper.
In die hele geskiedenis van die wêreld, in gelyke
omstandighede met gelyke nadele, is daar geen staatsman of volksleier wat
naby sy gelyke is nie – behalwe een.
Langenhoven sê: Cromwell was ‘n dweper, Bismarck gewetenloos, Napoleon ‘n selfsoeker. Alleen staan een, alles in ag genome
naastenby op die hoogte van Paul Kruger nl., Abraham
Lincoln.
Kruger was die grootste onder die grotes, die kolos
van die Afrikanervolk. Groot manne is
ligbronne wat nie alleen hul tyd bestraal nie, maar ook die tye na
hulle. In hom is verpersoonlik die
groot gedagte dat die Afrikanervolk tot algehele vryheid en onafhanklikheid
geroepe en bestem is.
Juis daarom het die Britse imperialiste hom so gehaat. Hulle het hom gehaat omdat hy
onverbiddellik gestaan het op die Afrikanervolk se
reg om vry en onafhanklik te wees.”
Enkele weke voor die begin van die Tweede
Vryheidsoorlog beskryf Rudyard Kipling hom soos volg in The Times: “Cruel in the shadow, crafty in the
sun, and sloven, sullen, savage, secret, uncontrolled.”
Sedertdien tot vandag toe is hierdie haat-veldtog
onafgebroke voortgesit. So erg was dit
dat ‘n Engelse skrywer Morris Broughton in die laat 60’s in sy
boek “Press and Politics of South Africa” met verwysing na die
redakteurs van Engelse koerante verklaar:
“There is also the need to get rid of the invisible man who sits
on the other side of the editorial desk in nearly every English newspaper
office. There he is exasperating,
silent and solemn – the ghost of Paul Kruger. It is against him and his image that
fundamentally, the vials of inky scorn, irony, wrath, eloquence and
repudiation are still poured out.”
Kruger se stryd was teen “British
paramountcy” – die stryd van sy nageslag sou wees teen
Brits-Amerikaanse liberalisme.
As staatspresident fundeer Kruger sy beleid –
hetsy in verband met immigrasie, onderwys, nywerheid, naturelle of wat ook al
– op die Woord van God. God is
vir hom die hoogste gesag. Hy was
‘n leier wat in al sy doen en late openlik en altyd die soewereine
leiding van God erken en vir die oplossing van praktiese probleme in die
eerste plek die Bybel geraadpleeg het.
Hy is die gelowige staatsman en die draer van Calvinistiese
staatsopvattinge wat deur geslagte heen aan die Afrikanervolk oorhandig
is. Hy verklaar onomwonde “ook
op staatkundige terrein bely ek die ewige beginsels van Gods Woord.”
Hy hou homself aan God verantwoordelik vir die
bestuur van die land en vir die bewaring van die regte en vryhede van die
volk en die onafhanklikheid van die land.
So onderneem hy byvoorbeeld op 8 Mei 1888 toe hy die tweede keer as
President ingesweer is – “om oor die volk, Gods volk, te regeer
en daarmee ook die verpligtinge om aan die Almagtige verantwoording te doen
en rekenskap te gee van die bewaring van alle regte en voorregte wat deur God
aan die volk van hierdie land geskenk is.” Hy beklemtoon voortdurend dat God
onafhanklikheid en vryheid aan die land geskenk het en dat die president moet
sorg dat dit nie verlore gaan nie.
Anders as die liberaliste beweer Kruger nie dat die
volk die hoogste gesag in die staat is nie.
Die staat is onderworpe aan die absolute soewereine gesag van
God. Die volk kies die owerheid en die
owerheid se taak is om die wil van God uit te voer.
As Calvinis handhaaf president Kruger die beginsels
van soewereiniteit in eie kring. Dit
blyk veral uit sy standpunt oor die verhouding tussen staat en kerk. Die staat is baas op sy gebied maar durf
hom nie bemoei met die sake van die kerkgenootskappe nie. By geleentheid van
sy vierde inswering as staatspresident sê hy met betrekking tot predikante:
“Ons sal u eerbiedig in u heerlike werk. Ons kan u egter nie verder beskerm as wat ons mag ons
toelaat nie. Ons sal u help en
ondersteun om die Kerk te help opbou maar ook nie verder as wat Gods Woord
voorskryf nie. Maar as u buite die
liggaam tas wat gesê het “laat My lammers wei en behoed My skape”
– dan tas u in die politieke liggaam en is u besete met die gees van
die pous en dan is u prediking nie ‘n lieflike prediking van die
evangelie nie.”
Kruger vorder die volk steeds op om die duur gekogte vryheid op prys
te stel. Maar dis nie die vryheid van
die liberalisme nie. Vryheid is nie
losbandigheid en wetteloosheid nie. Dit is Christelike vryheid soos opgeteken in
Deut 12 : 8, 32.
“Julle moet nie doen wat ons vandag hier doen nie – elkeen
maar wat reg is in Sy eie oë nie.
Alles wat Ek julle beveel, dit moet julle sorgvuldig hou; jy mag daar niks
byvoeg nie en daar niks weglaat nie.”
President Kruger was ten gunste van immigrasie uit Holland maar op so ‘n wyse dat die Afrikaanse volk sy
identiteit sou behou. Opvoeding en
onderwys van die volk se kinders was van
lewensbelang. Hy sê by geleentheid in
1882: “Die onderwys van die jeug
sal ek na die beste van my vermoë bevorder gedagtig aan die Woord: My volk is uitgeroei omdat dit sonder
kennis is.”
Ons toekoms hang van ons kinders af. As hulle in die waarheid onkundig en
ongeleerd bly, is die toekoms vir ons gevaarlik. Maar, as hulle volgens God se bevel in die
waarheid opgevoed word, is die HERE volgens Sy belofte in ons midde en as God
vir ons is wie sal dan teen ons wees?
By geleentheid van sy vierde inswering het hy met betrekking tot die
jeug gesê: “….. ek sien die toekomstige kerk- en staat in u hande. Staan vas op Gods Woord waarvolgens u ouers
u opgevoed het.”
Met betrekking tot die taal sê hy aan hulle
“hou daaraan vas aan die taal waarin u voorouers geworstel en God
aanbid het, die taal waarin u Bybel tot u spreek en waarin u voorouers die
Bybel gelees het. Staan vas sodat nie
vergeefs op u vertrou word nie en hou vas aan u taal, Bybel en
godsdiens. Dis wel goed om vreemde tale
te leer, maar laat die vreemde taal ‘n bytaal wees. Bid die Here dat u mag vasstaan sodat die
Here in u midde bly dan sal die nageslag u vir u getrouheid dank.” As ons na hierdie spieëlbeeld kyk kan ons vandag teenoor hierdie skietlood ons staan
bepaal.
Deur God se genade is die Afrikanervolk na sy
verlies aan vryheid met die Tweede Vryheidsoorlog weer volkome op 31 Mei 1961
as ‘n Soewereine Republiek en onafhanklike volk herstel deur die
volharding van koersvaste leiers.
Die haatveldtog teen dit wat Kruger verteenwoordig
is georkestreer vanaf Londen en New York. Hier was
die sogenaamde vrye Weste bereid om hande te vat met die Kremlin ten einde
die Afrikaner van sy vryheid te beroof.
Geen steen word onaangeroer gelaat om die Afrikaner reg oor die wêreld
gehaat te maak nie. Paralelle word
getrek met onderdrukkers en moordenaars in die res van die wêreld behalwe
natuurlik die van Rusland, VSA en Brittanje.
Geen ag word gegee op die regverdige binnelandse volkere ordening wat
in wording is nie. Dit mag nie slaag
nie. Swart mense word opgestook om
eise te stel wat ver buite hul geskiedkundige grense strek. Die demokratiese bestel wat vir homogene
volkshuishoudings ontwikkel het word ingespan want dit sou die Afrikaner in
die massa oorwig van swartes laat verswelg. Net soos stemreg die eksuus was vir Britse
oorname van die soewereine Boere Republieke sodat hulle rykdomme die Britse
geldkas kon vul, so moes die verwronge en misplaasde demokrasie die
verskoning wees om die sterk Afrikaanse regering te laat val.
*
Maar die RSA word die ekonomiese reus in Afrika en een van die sterkstes in die
wêreld. Selfs latere wêreldwye
sanksies slaag nie. Daar is te veel
wat maar al te graag met ons wil besigheid doen. Ten tyde van streng wêreldwye wapen
boikotte ontwikkel ‘n militêre moondheid wat wapens tuis vervaardig wat
die boikotters laat watertand om dit te bekom. Die RSA word ‘n wêreld kernmoondheid
wat enige land sal laat afsien daarvan om hom aan te val.
Maar die swartes word opgestook tot onrus onder die
pleeg-ouerskap van die Kremlin maar die ANC terroriste se hoofkantoor en die
uitgewekenes word in Londen gehuisves vanwaar hulle die agressie binnelands
en buitelands orkestreer.
In die tagtigs het die Kremlin se logistieke steun
heftig verkrummel as gevolg van interne probleme in Rusland. ‘n Militêre
oorname van die RSA het onmoontlik geblyk. In sy boek Long
walk to Freedom sê Mandela dat
hy in die tagtigs tot die gevolgtrekking gekom het dat ‘n militêre
oorwinning ‘n onmoontlike droom was.
Dr Chester Crocker, destydse Amerikaanse Assistant-Staatsekretaris vir
Afrika-aangeleenthede sê in sy boek High
noon in South Africa (1992) dat geen mag of kombinasie van konvensionele
of guerilla magte in Afrika die weermag van Pretoria suksesvol kan aanpak
nie.
Allister Sparks (‘n veteraan kritikus van
Suid-Afrikaanse regering) het na de Klerk se halsoorkop oorgawes verdwaas aan
‘n verslaggewer van die Washington Post gesê: “Ek moet erken ek was verdwaas. Om alles waarvoor
daar dekades geveg is sommer so weg te gooi was verbysterend.”
Daar moes ‘n ander plan gemaak word. Maar intussen het die Afrikanernasate van
die eens gewyde Boervolk hulle begin vergryp aan die voorspoed waarmee God
hulle geseën het. Hulle gejaag na
gerief en praal sowel as sportverslawing het afgodiese afmetings
aangeneem. Dit het van hulle ‘n
maklike teiken gemaak van valse verkiesingsbeloftes. Ons het God nog grootliks met die mond
gedien. Die onderhouding van Sy Wet is
gemoderniseer om by ons vereistes aan te pas.
Ons duurgekogte erfenis is gekommersialiseer dat dit geen dieper waarde
meer gehad het as
blote Rand en sent waarde nie.
Daar is een organisasie, die (Afrikaner Broederbond)
wat die naaf geword het waarom Afrikaneropstaan gedraai het sedert die vroeë
1900’s. Hierdie stille
organisasie was nou in beheer van die Afrikaner se ganse organiese
samelewing. Indien hierdie lewegewende
orgaan van die Afrikaner geliberaliseer kon word sou dit ‘n kankergewas
diep in die ingewande van die Afrikanervolk kon ontwikkel wat die ganse bestaan
sou kon aantas – die politiek, die besigheidswêreld en industriële
wêreld, die Afrikaanse kerke, die landbou, die opvoeding van die jeug ens.
Vanaf Harvard Universiteit gee ‘n sekere
Professor Huntington raad oor hoe om ‘n multi-rassige samelewing
polities te hervorm en sogenaamd te stabiliseer deur die skepping van
‘n sogenaamde nie-rassige samelewing met gelykheid op alle terreine
(met die natuurlike gevolg dat die ras met die getalle oorwig dan die
politieke mag sal bekom).
Huntington se voorskrifte is daarop gemik om die Blanke
kieserskorps om die bos te lei met bedrog en oëverblindery wat beoefen moet
word deur geteikende verliberaliseerde politici. Misleiding is volgens hom ‘n
internasionaal aanvaarbare stuk sosiale gereedskap. ‘n Paar wenke is as volg: (17 September 1981 – RAU)
i.
Begin verander
ter wille van verandering – moenie die einddoel bekend maak nie.
ii.
Moenie laat
agterkom waarmee jy besig is nie.
iii.
Maak klein veranderings sodat behoudendes dit nie agterkom nie
- ontken enige aantygings - maak of dit ‘n eenmalige gebeurtenis
is.
iv.
Maak nuwe
verskuiwings onder ou begrippe.
v.
Ontken die breuk met die verlede. (verkiesingsplakkaat
vir 1992 Referendum – voorkom swart meerderheidsregering, stem
JA).
vi.
Skei politiek
en godsdiens (Dink aan Paul Kruger)
vii.
Behou beheer te alle tye - moenie ‘n verkiesing ingaan wat jy kan verloor nie.
Opsommend sê Huntington berus die hele oorgangsproses op effektiewe
misleiding van die huidige (destydse wit parlement) kieserskorps. Reeds vroeg in die tagtigs beland ‘n vertroulike omsendskrywe
van die AB op Jaap Marais se tafel.
Daarin word versigtig voorbrand gemaak vir ‘n moontlikheid van
‘n swart regering wat onafwendbaar mag wees. Die dokument word egter deur die AB as vals
afgemaak maar sedertdien word die AB die spil waarom die
liberaliserings-proses in die Afrikaners se samelewing beslag kry.
Die
Afrikaner se vyande ken ‘n kwesbare plek in sy mondering. In Junie 1985 stig die ANC ‘n
departement van Godsdiens met die doel om kerkstemme te werf en die kerk te
infiltreer. In Julie 1987 haal Sunday Tribune Prof Johan Heyns aan : “Ons sal teen apartheid preek soos ons
daarvoor gepreek het.” In 1990
verklaar die NG Kerk apartheid as sonde. Daarop volg die Rustenburg deklarasie van
die NG Kerk en die Gereformeerde Kerk: “Ons verbind ons self tot die
stryd vir ‘n regverdige demokratiese, nie-rassige, nie-seksistiese
SA.” Hierdie kerke word deel van
die politieke aanslag teen die Afrikanervolk se waardes, geskiedenis, sentimente en sy verwagtings. Paul Kruger het vir die kerk gesê: “As u buite die liggaam tas wat gesê
het ‘laat my lammers wei en behoed my skape’ – dan tas u in
die politieke liggaam en is u besete met die gees van die pous en dan is u
prediking nie ‘n lieflike prediking van die evangelie nie.” Die Rustenburg deklarasie van die NG Kerk
is ‘n duplikaat van die ANC se Freedom Charter, naamlik:
·
Blanke skole
moet oopgestel word aan mense van alle rasse, en programme van regstellende
aksie moet op alle vlakke van swart onderwys ingestel word.
·
Kerke wat
privaatskole besit moet hulle beleid ten opsigte van sulke skole sodanig
hersien sodat hulle toeganklik gemaak kan word aan die onder-bevoorregtes.
·
Daar is die
noodsaaklikheid om te werk vir ‘n nuwe ekonomiese orde waarin die
behoeftes van die armes behoorlik behandel word;
·
Die
noodsaklikheid om te werk vir die gelykheid van die lewenstandaarde van Swart
en Wit mense; die nodigheid om armoede
en honger uit te roei;
·
Regstellende
aksie om die oordrag van ‘n deel van die ekonomiese mag wat nou nog in
blanke hande is, moontlik te maak is nodig;
·
Regstellende
aksie in verband met vroueregte is nodig.
Tans
is die sogenaamde herverdeling van grond op die NG
Kerk se agenda. Die gesindheid wat
heers met betrekking tot ons erfenis is dat ons dit moet aanvaar soos die
dood van ‘n geliefde.
Integrasionisme is ‘n integrale deel van die nuwe
evangelie. ‘n
Witman in SA wat hom nie hiermee vereenselwig nie kan hom nie beroep op die Genade van Christus nie. Die gewettigde roof van blankes se
besittings word gesteun. Prediking
stroop blankes van selfrespek deur hulle gewetens aan te kla weens hul
ondersteuning van apartheid. Die kerke verkondig nuwe nasiebou - en neem dus lynreg stelling
in teen volksbou.
Die
finale fase in die revolusie lê in die grondrevolusie. Die NG Kerk en Geref. Kerk steun hierdie revolusie.
Georganiseerde landbou (AB beheer) steun hierdie revolusie.
Die voetwerk is om die tempo te beïnvloed en nie om teenstand
te bied nie. Die volgende is tans op die tafel met betrekking
tot die aanslag op ons erfenis:
-
Grondbelasting (AGRI-SA tree as fasiliteerder
op)
-
Oordrag van
landbou-grond (daar word onderhandel oor ons erfenis)
-
Oordrag van
aanverwante landbou en ekonomiese sektor.
Zimbabwe se grondroofaksie word as bangmaak model
gebruik. Dit moet in die RSA voorkom word
deur betyds weg te gee en sodoende te probeer paai.
Die
ekonomiese oordrag word geskoei op ons verworwe sug na rykdom en gerief. Die vyand benut die sogenaamde vrye
ekonomiese mark om die rooftog sy finale beslag te gee. Swart vennote word as ‘n statussimbool
voorgehou sowel as ‘n sogenaamde noodsaaklikheid vir voordelige
voortgesette deelname in die ekonomie.
‘n Gees van verbystering is besig om
die blankes en spesifiek die Afrikaners beet te pak. Hulle erfenis het vir hulle geen hoër
waarde meer as blote Rand/sent waarde nie.
Met
misleiding is die politieke revolusie volvoer voordat die blanke kieserskorps
werklik kon besef wat gebeur. Te midde
van gedurige beloftes van net groter voorspoed en vertroue op leiers wat
besig was om ons hele bestaan op die spel te plaas in ‘n onomkeerbare eksperiment, is dit moontlik gemaak. Daar is vinnig in beweeg na ‘n
tussentydse regering sodat die bestaande blanke kieser die reg ontneem kon
word om die “nuwe” grondwet goed te keur. Verder was daar die gerusstelling dat daar
nie oorgegee sou word nie maar dat daar mede-geregeer sou word in ‘n
sogenaamde Regering van Nasionale eenheid.
Voor die onderhandelingsfase het De Klerk die veiligheidsisteem
afgetakel sodat hy sy onderhandelingsmag totaal prysgegee het.
Die
verkiesing vind plaas op 27 April 1994. Uitslae
word geplooi (De Klerk het later in die Kongo erken dat een miljoen stemme
vooraf in busse geplaas is) om ‘n twee-derde meerderheid oorwinning vir
die ANC nie noual te laat plaasvind nie.
In Mei 1994 kom die Regering van Nasionale eenheid tot stand. Sewe ou NP ministers word opgeneem en drie
IVP ministers. Soos verwag is, steur die ANC hom nie aan hierdie mense se sogenaamde
bemiddelingsposisie nie en maak soos hy wil.
Die ANC stel op 8 Mei 1996 sy eie finale grondwet op sonder om enige
voorsiening vir enige magsdeling op uitvoerende vlak te maak. De Klerk en sy NP kollegas verlaat in
teleurstelling die Kabinet op 9 Mei 1996.
Adv JPJ Coetzee wat in 1984 uitgetree het as Direkteur Generaal van
Justisie skryf in sy boek Gister se
dade vandag se oordeel dat dit verbasend is dat die NP (nadat hy alle mag
prysgegee het) kon geglo het dat die ANC in die finale grondwet wel
voorsiening sou maak vir magsdeling - (Dingaan aksie). Paul Kruger se visie vir sy volk lê aan
skerwe. Die Boerevolk het alle
politieke mag oor homself verloor. Sal
ons vyande nou tevrede wees? NEE. Die eintlike finale fase van die revolusie
word nou betree. Die Afrikaner se hele
identiteit moet uitgeroei word en hy moet finaal beroof word van sy stoflike
besittings.
Die
sielkundige aanslag op ons volk word met alle felheid voortgesit. Die resultaat is tans dat ons ons eie
ondergang verder self gaan volvoer.
Die vryheidstryd van die Afrikaner op hierdie stadium is geleë in
homself. Die Afrikaner word belas met
‘n skuldgevoel dat alles wat hy verwerf het en sy totale identiteit tot
stand gekom het ten koste van ander sogenaamde agtergeblewenes. Verder moet hy glo dat hy nou eers werklik vry is – dat
daar nie sprake van verlies aan vryheid is nie. Die aanslag is ook sodanig dat enige
moontlike verset uit blanke geledere totaal onvanpas is. Die AB-strategie word voortgesit deur te
gee voor gevat word. Ons mense se
vryheidsbewussyn word by die dag vermoor deur die vernietigende liberale
aanslag op ons mense uit eie geledere.
Dis hier waar
ons vryheidstryd begin. Ons moet twee
verwante sake hervestig in die denke van ons mense nl.
1. Die swart regering kon op geen manier tot stand kom
sonder die vrywillige
implimentering daarvan deur ons eie mense nie.
2. Dit geld ook vir NOU. Daar is geen manier waarop die tweede fase
van die revolusie volvoer kan word as ons dit nie self vrywillig laat plaasvind
nie.
Revolusionêre
terrein lyk NOU so:
1
Kerklik:
Meeste
groot Afrikaanse kerke het die kommunistiese begrippe hulle eie
gemaak (aansluiting by SARK) en Vryheidsteologie as evangelie aanvaar. Hulle gaan in verhewigde trant materiële en
identiteitsaflegging vir die Afrikaner predik as synde ‘n voorvereiste
om Christus se Genade deelagtig te word.
(‘n Predikant het al gepreek dat ons
die verlies van ons eiendom moet aanvaar soos ons die dood van ‘n
geliefde moet verwerk !) Hulle verval
nou in die posisie waarteen Kruger gewaarsku het. “U prediking is nie meer die
prediking van die Evangelie nie, maar u is besete met die gees van die
Pous.”
2
Materiële rooftog wat deur onsself gefasilliteer word:
Die korporatiewe wêreld
kompeteer nou watter maatskappy die grootste swart aandeelhouding kan hê. Na
raming sal swartes binne afsienbare toekoms die meerderheidsaandeelhouding in die
kommersiële wêreld besit.
3 Landbou:
Mandela het gesê dat die
revolusie eindig eers wanneer die swart mense die grond besit.
Opsommend:
In
die AgriSEB dokument word meer as 70% van alle grond effektief geëis teen 2014. Alles word in werking gestel om dit te
bereik nl.
a. Grondeise
b. Vrywillige oordrag van sogenaamde vrye markgedrewe
aandeelhouding (soos in die korporatiewe wêreld) in boerdery en aanverwante
Landbou-ekonomiese sektor.
c. Grondbelasting as hefboom (na raming sal 1% belasing 30% boere onteien.) Agri-SA (AB beheer) – ondersteun
“GRONDHERVORMING” !! en
weier om te begryp dat hy te doen het met ‘n politieke revolusie. “Grondhervorming” word oor die
boeg van sogenaamde doeltreffende beoefening van landbou gegooi. By georganiseerde landbou bestaan daar geen
begrip vir Boeregrond as volkserfenis nie.
Georganiseerde landbou neem die
rol van fasiliteerder aan eerder as om sy blanke boere se belange
onwrikbaar te beskerm.
Georganiseerde landbou aanvaar die beginsel van verdeling van
landboubelange van die wit boere.
Verset moet te alle koste vermy word aangesien dit
straks Zimbabwe se woede sal ontketen wat landboubeoefening sal
belemmer. Ons primêre stryd lê by ons
eie mense.
Boere besit tans nog inherente
positiewe krag maar die leiers is verrot met liberale denke en is
kragteloos. ANC-lidmaatskap van
sommige leiers is ‘n dodelik gevaarlike onbekende faktor.
4 Assimilasie:
Die Afrikaner moet
afsien van sy geestesgoedere in totaliteit. In die algemene omgang word die
Afrikaner met sy waardes as verouderd en as ‘n bejammerings-waardige
ingesteldheid bejeën. Maar die primêre
aanslag kom op die punt wat Paul Kruger geïdentifiseer het as die basis van
die Afrikanervolk se voortbestaan -naamlik onderwys.
Opsommend:
Hoewel
daar nog (tot vertroosting) heelwat Afrikaanse Staatskole is wat ‘n
Christelike karakter probeer behou sal hulle die totale langtermyn onderwys
beleid nie ontsnap nie.
Die
OBE (Outcome based Education) sal in totaliteit die effek hê dat die
Afrikanerkind geen voorsetting vir die Afrikanervolk meer kan bied nie.
1. Hy gaan vervreem word van sy vaste Christelike
geloofsbasis tot
‘n sinkristiese lewensbeskouing.
2. Hy moet afstand doen van sy taal.
3. Sy geskiedenis en volksgebondenheid moet vir hom
afstootlik gemaak word.
4. Akademies (en moreel) met sy meerdere vermoëns moet
hy terug gedwing word as derde wêreldse wese.
Die
toestand voorhande roep om verset maar die Boere ouers en groot ouers is
rustig omdat ons mense nie begryp dat hulle hul vryheid verloor het nie en
nog goedgelowig en gerieflik voortgaan asof alles nog dieselfde is. (Terwyl die NG Kerk daarteen is dat
Afrikaners hulle kinders afsonderlik opvoed.)
Paul
Kruger se vereistes vir die Boerevolk se voortbestaan is nog net so geldig
nl. soewereine vryheid in ons eie land onder ons eie
Christelike regering. Die Bloedrivier
Gelofte met sy bevestiging van die verbond nl. “U alleen is ons God en
ons wil vir U ‘n volk wees. Ons
voortbestaan is volkome van U Genade afhanklik. Ons sal ‘n volkshuishouding vestig
wat vir U alleen sal eer en vir U getuienis sal lewer.” Dit was die nuwe verbond in praktyk –
“Ek sal My WETTE gee in hulle hart, in hulle verstand sal Ek dit
inskryf en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit weer dink nie.” Daarom moet ons as Christen verbondsmense
en Geloftevolk soewerein vry wees in ons eie land sodat die ordening (volgens
Kruger se lewensbekouing) op alle lewensterreine geskoei kan word op Gods Woord alleen. Mag Christus ons daartoe genadig wees om
weer die vryheidsgees in ons mense op te wek al is dit teen die wense van
Kerke. Ons weet die waarheid van
Kruger se beskouing is steeds geldig – “Hy verander ieder mens se
gees soos Hy wil.” Hy alleen kan weer die Afrikanervolk as volk vir Hom berei. Kom laat ons ons mond en hande as ‘n
dankoffer tot Sy beskikking stel.
Dankie.