PAUL KRUGER: VERPERSOONLIKING VAN DIE VRYHEIDSTREWE VAN DIE AFRIKANER

 

TOESPRAAK DEUR DR RONNIE VAN DER MERWE

 

KRUGERDAG 9 OKTOBER 2004

 

 

Paul Kruger is gebore op  10 Oktober 1825 op Bulhoek – Steynsburg.  Reeds voor die Groot Trek het sy pa se wa in die Caledonvallei in die huidige Vrystaat gestaan en in 1836 het sy pa by die Potgieter-trek aangesluit.

 

In 1836 op 11 jarige ouderdom het hy saam met die grootmense die voorlaaier hanteer in die laer by Vegkop toe die aanval van 1000de Matabeles afgeslaan is.

 

Hy het 3 maande formele skoolonderrig gehad. 

In 1838 is die Krugers na Mooirivierdorp – (Potchefstroom). 

Op 13 jarige ouderdom is hy deel van ekspedisie teen Silkaats. 

Op 16 jaar (1841) kry het sy  eie plaas aan die voet van Magaliesburg. 

In 1842 (17jr) trou hy met Maria du Plessis en in 1846 verloor hy sy vrou met die geboorte van hul eersteling. 

In 1847 is hy weer getroud met ‘n niggie van sy eerste vrou, Suzanne du Plessis. 

Hy word in 1853 kommandant van Rustenburg en in 1856 kommandant van die ZAR.

Vanaf 1860 – 1864 speel hy ‘n belangrike rol om die burgeroorlog tot ‘n einde te bring.

In 1863 word hy Kommandant-Generaal van die ZAR.

In 1872 word Burgers President.  Kruger is gekant teen sy godsdienstige liberalisme en in Mei 1873 bedank hy as Kommandant-Generaal van die ZAR.

Kort voor Shepstone se anneksasie op 12 April 1877 is Kruger aangewys as Vise-President.

Kruger lei 2 deputasies na Engeland in 1877 en in 1878.

In Junie 1880 besoek hy Bolandse dorpe om Kaaplandse Afrikaners tot verset aan te spoor teen die Britse konfederasieplanne.

By die Paardekraal-byeenkoms in 1880 word Kruger met Piet Joubert en Pretorius as 3-manskap gekies om die Republikeinse regering te herstel.

Die beslissende slag vind plaas  by Amajuba op 27 Februarie 1881.

Hy word in 1883 verkies tot President, 1888 herkies, 1893 herkies en in 1898 vir die 4de keer herkies.

 

Op 11 Oktober 1899 begin die Tweede Vryheidsoorlog.  Op 74 is hy te oud om te perd saam met die Kommando’s te beweeg.  Tog besoek hy self kommando’s in Natal en die Vrystaat. 

Op 7 Mei 1900 vind die  laaste Volksraadsitting te Pretoria plaas.

Op 29 Mei verlaat hy Pretoria.  Hy bly maande lank in ‘n spoorwegwa in Machadodorp en in ‘n huisie op Waterval-Onder.

Hy het die offisiere en burgers bemoedig met die woorde “Stel u ganse vertroue in die HERE, Hy is ons Opperste-Generaal wat elkeen se hart beweeg waartoe Hy wil.  Die eindoorwinning is ook in Sy Hand.”

 

September 1900 word besluit dat hy die stryd namens die Republiek in Europa sou gaan voortsit.  Eers is hy na Lourenco Marques. Daar het Koningin Wilhelmina in Oktober 1900 die oorlogskip die Gelderland gestuur om hom te kom haal.

 

Op 22 November 1900 bereik hy Marseilles in Suid-Frankryk.  Daarvandaan ontvang hy reuse ovasies in die Franse stede, maar kry geen staatsteun vir die Boeresaak nie.  Een koerant het geskryf:  “Hy vra om brood en hulle bring blomme en musiek.”   Daarvandaan gaan hy deur België.  Maar die Duitse keiser Wilhelm II wou hom nie in Duitsland ontvang nie.  Daarna gaan hy terug na Nederland en bly daar vir die duur van oorlog tot September 1902.

 

Hy gaan na Menton Frankryk in Oktober 1902 en in Mei 1903 na Hilversum Nederland tot Oktober 1903.  Dan na Menton tot Mei 1904 en ten laaste na Clarens Switserland tot Julie 1904.  Daar is hy oorlede op 14 Julie 1904.

Sy oorskot bereik Kaapstad op 29 November 1904.  Hy lê in staatsie Kaapstad van 1 – 6 Desember en in Pretoria tot 16 Desember 1904.  Hy word begrawe te Pretoria op 16 Desember 1904.  Die begrafnis word bygewoon deur 30 000 mense (met die laaste verkiesing was die totale uitgebragte stemme 18 600).

 

Dat sy invloed inderdaad tot diep in die 20ste eeu sou strek, nie alleen in die geledere van sy volksgenote nie, maar ook in dié van sy vyande word in 1960 soos volg bevestig deur Morris Broughton, voormalige redakteur van The Cape Argus in sy boek, Press and Politics of South Africa:  “Daar is” skryf hy, “ook die behoefte om ontslae te raak van die onsigbare man wat aan die anderkant van die redakteurstafel in byna elke Engelse koerantkantoor sit.  Daar is hy – treiterend, swygsaam, statig – die gees van Paul Kruger.  Dit is teen hom en sy beeld dat, fundamenteel, die inkvaatjies van hoon, spot, woede, welsprekendheid en verwerping uitgegiet word.”

 

C J Langenhoven het gesê dat as ‘n oningewyde vreemdeling hom sou vra wat die Afrikanervolk gedoen het om ons bestaan te regverdig sou hy antwoord:  “Ons roem is in ons geskiedenis – lees hom.  Ons roem is in ons lyding en opoffering.  Ons roem is dat ons skoon gebly het in omstandighede waaronder elke ander volk vervuil geraak het.  Ons roem is in ons letterkunde – vergelyk wat elke ander nasie in sy eerste vyfhonderd jaar gedoen het teen wat ons in 25 jaar verrig het.  Maar die hoogste wat ‘n volk kan voortbring is ‘n man.  En ek wys jou ‘n takhaar Dopper.

 

In die hele geskiedenis van die wêreld, in gelyke omstandighede met gelyke nadele, is daar geen staatsman of volksleier wat naby sy gelyke is nie – behalwe een.

 

Langenhoven sê:  Cromwell was ‘n dweper, Bismarck gewetenloos, Napoleon ‘n selfsoeker.  Alleen staan een, alles in ag genome naastenby op die hoogte van Paul Kruger nl., Abraham Lincoln.

Kruger was die grootste onder die grotes, die kolos van die Afrikanervolk.  Groot manne is ligbronne wat nie alleen hul tyd bestraal nie, maar ook die tye na hulle.  In hom is verpersoonlik die groot gedagte dat die Afrikanervolk tot algehele vryheid en onafhanklikheid geroepe en bestem is.

 

Juis daarom het die Britse imperialiste hom so gehaat.  Hulle het hom gehaat omdat hy onverbiddellik gestaan het op die Afrikanervolk se reg om vry en onafhanklik te wees.”

 

Enkele weke voor die begin van die Tweede Vryheidsoorlog beskryf Rudyard Kipling hom soos volg in The Times:  “Cruel in the shadow, crafty in the sun, and sloven, sullen, savage, secret, uncontrolled.”

 

Sedertdien tot vandag toe is hierdie haat-veldtog onafgebroke voortgesit.  So erg was dit dat ‘n Engelse skrywer Morris Broughton in die laat 60’s in sy boek “Press and Politics of South Africa” met verwysing na die redakteurs van Engelse koerante verklaar:  “There is also the need to get rid of the invisible man who sits on the other side of the editorial desk in nearly every English newspaper office.  There he is exasperating, silent and solemn – the ghost of Paul Kruger.  It is against him and his image that fundamentally, the vials of inky scorn, irony, wrath, eloquence and repudiation are still poured out.”

 

Kruger se stryd was teen “British paramountcy” – die stryd van sy nageslag sou wees teen Brits-Amerikaanse liberalisme.

 

As staatspresident fundeer Kruger sy beleid – hetsy in verband met immigrasie, onderwys, nywerheid, naturelle of wat ook al – op die Woord van God.  God is vir hom die hoogste gesag.  Hy was ‘n leier wat in al sy doen en late openlik en altyd die soewereine leiding van God erken en vir die oplossing van praktiese probleme in die eerste plek die Bybel geraadpleeg het.  Hy is die gelowige staatsman en die draer van Calvinistiese staatsopvattinge wat deur geslagte heen aan die Afrikanervolk oorhandig is.  Hy verklaar onomwonde “ook op staatkundige terrein bely ek die ewige beginsels van Gods Woord.”

 

Hy hou homself aan God verantwoordelik vir die bestuur van die land en vir die bewaring van die regte en vryhede van die volk en die onafhanklikheid van die land.  So onderneem hy byvoorbeeld op 8 Mei 1888 toe hy die tweede keer as President ingesweer is – “om oor die volk, Gods volk, te regeer en daarmee ook die verpligtinge om aan die Almagtige verantwoording te doen en rekenskap te gee van die bewaring van alle regte en voorregte wat deur God aan die volk van hierdie land geskenk is.”  Hy beklemtoon voortdurend dat God onafhanklikheid en vryheid aan die land geskenk het en dat die president moet sorg dat dit nie verlore gaan nie. 

 

Anders as die liberaliste beweer Kruger nie dat die volk die hoogste gesag in die staat is nie.  Die staat is onderworpe aan die absolute soewereine gesag van God.  Die volk kies die owerheid en die owerheid se taak is om die wil van God uit te voer.

 

As Calvinis handhaaf president Kruger die beginsels van soewereiniteit in eie kring.  Dit blyk veral uit sy standpunt oor die verhouding tussen staat en kerk.  Die staat is baas op sy gebied maar durf hom nie bemoei met die sake van die kerkgenootskappe nie. By geleentheid van sy vierde inswering as staatspresident sê hy met betrekking tot predikante:

 

“Ons sal u eerbiedig in u heerlike werk.  Ons kan u egter nie verder beskerm as wat ons mag ons toelaat nie.  Ons sal u help en ondersteun om die Kerk te help opbou maar ook nie verder as wat Gods Woord voorskryf nie.  Maar as u buite die liggaam tas wat gesê het “laat My lammers wei en behoed My skape” – dan tas u in die politieke liggaam en is u besete met die gees van die pous en dan is u prediking nie ‘n lieflike prediking van die evangelie nie.”

 

Kruger vorder die volk steeds op  om die duur gekogte vryheid op prys te stel.  Maar dis nie die vryheid van die liberalisme nie.  Vryheid is nie losbandigheid en wetteloosheid nie.  Dit is Christelike vryheid soos opgeteken in Deut 12 : 8, 32.  “Julle moet nie doen wat ons vandag hier doen nie – elkeen maar wat reg is in Sy eie oë nie.  Alles wat Ek julle beveel, dit moet julle sorgvuldig hou;  jy mag daar niks byvoeg nie en daar niks weglaat nie.”

 

President Kruger was ten gunste van immigrasie uit Holland maar op so ‘n wyse dat die Afrikaanse volk sy identiteit sou behou.  Opvoeding en onderwys van die volk se kinders was van lewensbelang.  Hy sê by geleentheid in 1882:  “Die onderwys van die jeug sal ek na die beste van my vermoë bevorder gedagtig aan die Woord:  My volk is uitgeroei omdat dit sonder kennis is.”

 

Ons toekoms hang van ons kinders af.  As hulle in die waarheid onkundig en ongeleerd bly, is die toekoms vir ons gevaarlik.  Maar, as hulle volgens God se bevel in die waarheid opgevoed word, is die HERE volgens Sy belofte in ons midde en as God vir ons is wie sal dan teen ons wees?  By geleentheid van sy vierde inswering het hy met betrekking tot die jeug gesê:  “….. ek sien die toekomstige kerk- en staat in u hande.  Staan vas op Gods Woord waarvolgens u ouers u opgevoed het.”

 

Met betrekking tot die taal sê hy aan hulle “hou daaraan vas aan die taal waarin u voorouers geworstel en God aanbid het, die taal waarin u Bybel tot u spreek en waarin u voorouers die Bybel gelees het.  Staan vas sodat nie vergeefs op u vertrou word nie en hou vas aan u taal, Bybel en godsdiens.  Dis wel goed om vreemde tale te leer, maar laat die vreemde taal ‘n bytaal wees.  Bid die Here dat u mag vasstaan sodat die Here in u midde bly dan sal die nageslag u vir u getrouheid dank.”  As ons na hierdie spieëlbeeld kyk kan ons vandag teenoor hierdie skietlood ons staan bepaal.

 

Deur God se genade is die Afrikanervolk na sy verlies aan vryheid met die Tweede Vryheidsoorlog weer volkome op 31 Mei 1961 as ‘n Soewereine Republiek en onafhanklike volk herstel deur die volharding van koersvaste leiers.

 

Die haatveldtog teen dit wat Kruger verteenwoordig is georkestreer vanaf Londen en New York.  Hier was die sogenaamde vrye Weste bereid om hande te vat met die Kremlin ten einde die Afrikaner van sy vryheid te beroof.  Geen steen word onaangeroer gelaat om die Afrikaner reg oor die wêreld gehaat te maak nie.  Paralelle word getrek met onderdrukkers en moordenaars in die res van die wêreld behalwe natuurlik die van Rusland, VSA en Brittanje.  Geen ag word gegee op die regverdige binnelandse volkere ordening wat in wording is nie.  Dit mag nie slaag nie.  Swart mense word opgestook om eise te stel wat ver buite hul geskiedkundige grense strek.  Die demokratiese bestel wat vir homogene volkshuishoudings ontwikkel het word ingespan want dit sou die Afrikaner in die massa oorwig van swartes laat verswelg.  Net soos stemreg die eksuus was vir Britse oorname van die soewereine Boere Republieke sodat hulle rykdomme die Britse geldkas kon vul, so moes die verwronge en misplaasde demokrasie die verskoning wees om die sterk Afrikaanse regering te laat val.

*

Maar die RSA word die ekonomiese reus in Afrika en een van die sterkstes in die wêreld.  Selfs latere wêreldwye sanksies slaag nie.  Daar is te veel wat maar al te graag met ons wil besigheid doen.  Ten tyde van streng wêreldwye wapen boikotte ontwikkel ‘n militêre moondheid wat wapens tuis vervaardig wat die boikotters laat watertand om dit te bekom.  Die RSA word ‘n wêreld kernmoondheid wat enige land sal laat afsien daarvan om hom aan te val.

 

Maar die swartes word opgestook tot onrus onder die pleeg-ouerskap van die Kremlin maar die ANC terroriste se hoofkantoor en die uitgewekenes word in Londen gehuisves vanwaar hulle die agressie binnelands en buitelands orkestreer.

 

In die tagtigs het die Kremlin se logistieke steun heftig verkrummel as gevolg van interne probleme in Rusland.  n Militêre oorname van die RSA het onmoontlik geblyk. In sy boek  Long walk to Freedom Mandela dat hy in die tagtigs tot die gevolgtrekking gekom het dat ‘n militêre oorwinning ‘n onmoontlike droom was.  Dr Chester Crocker, destydse Amerikaanse Assistant-Staatsekretaris vir Afrika-aangeleenthede sê in sy boek High noon in South Africa (1992) dat geen mag of kombinasie van konvensionele of guerilla magte in Afrika die weermag van Pretoria suksesvol kan aanpak nie.

Allister Sparks (‘n veteraan kritikus van Suid-Afrikaanse regering) het na de Klerk se halsoorkop oorgawes verdwaas aan ‘n verslaggewer van die Washington Post gesê:  “Ek moet erken ek was verdwaas.  Om alles waarvoor daar dekades geveg is sommer so weg te gooi was verbysterend.”

 

Daar moes ‘n ander plan gemaak word.  Maar intussen het die Afrikanernasate van die eens gewyde Boervolk hulle begin vergryp aan die voorspoed waarmee God hulle geseën het.   Hulle gejaag na gerief en praal sowel as sportverslawing het afgodiese afmetings aangeneem.  Dit het van hulle ‘n maklike teiken gemaak van valse verkiesingsbeloftes.  Ons het God nog grootliks met die mond gedien.  Die onderhouding van Sy Wet is gemoderniseer om by ons vereistes aan te pas.  Ons duurgekogte erfenis is gekommersialiseer dat dit geen dieper waarde meer gehad het  as blote Rand en sent waarde nie.

 

Daar is een organisasie, die (Afrikaner Broederbond) wat die naaf geword het waarom Afrikaneropstaan gedraai het sedert die vroeë 1900’s.  Hierdie stille organisasie was nou in beheer van die Afrikaner se ganse organiese samelewing.  Indien hierdie lewegewende orgaan van die Afrikaner geliberaliseer kon word sou dit ‘n kankergewas diep in die ingewande van die Afrikanervolk kon ontwikkel wat die ganse bestaan sou kon aantas – die politiek, die besigheidswêreld en industriële wêreld, die Afrikaanse kerke, die landbou, die opvoeding van die jeug ens.

 

Vanaf Harvard Universiteit gee ‘n sekere Professor Huntington raad oor hoe om ‘n multi-rassige samelewing polities te hervorm en sogenaamd te stabiliseer deur die skepping van ‘n sogenaamde nie-rassige samelewing met gelykheid op alle terreine (met die natuurlike gevolg dat die ras met die getalle oorwig dan die politieke mag sal bekom).

 

Huntington se voorskrifte is daarop gemik om die Blanke kieserskorps om die bos te lei met bedrog en oëverblindery wat beoefen moet word deur geteikende verliberaliseerde politici.  Misleiding is volgens hom ‘n internasionaal aanvaarbare stuk sosiale gereedskap.  ‘n Paar wenke is as volg:  (17 September 1981 – RAU)

        i.            Begin verander ter wille van verandering – moenie die einddoel bekend maak nie.

      ii.            Moenie laat agterkom waarmee jy besig is nie.

    iii.          Maak klein veranderings sodat behoudendes dit nie agterkom nie - ontken enige aantygings - maak of dit ‘n eenmalige gebeurtenis is.

   iv.            Maak nuwe verskuiwings onder ou begrippe.

     v.        Ontken die breuk met die verlede. (verkiesingsplakkaat vir 1992 Referendum – voorkom swart meerderheidsregering, stem JA).

   vi.            Skei politiek en godsdiens (Dink aan Paul Kruger)

 vii.            Behou beheer te alle tye - moenie ‘n verkiesing ingaan wat jy kan verloor nie.

 

Opsommend sê Huntington berus die hele oorgangsproses op effektiewe misleiding van die huidige (destydse wit parlement) kieserskorps.  Reeds vroeg in die tagtigs beland ‘n vertroulike  omsendskrywe van die AB op Jaap Marais se tafel.  Daarin word versigtig voorbrand gemaak vir ‘n moontlikheid van ‘n swart regering wat onafwendbaar mag wees.  Die dokument word egter deur die AB as vals afgemaak maar sedertdien word die AB die spil waarom die liberaliserings-proses in die Afrikaners se samelewing beslag kry.

 

Die Afrikaner se vyande ken ‘n kwesbare plek in sy mondering.  In Junie 1985 stig die ANC ‘n departement van Godsdiens met die doel om kerkstemme te werf en die kerk te infiltreer.  In Julie 1987 haal Sunday Tribune Prof Johan Heyns aan : “Ons sal teen apartheid preek soos ons daarvoor gepreek het.”  In 1990 verklaar die NG Kerk apartheid as sonde.  Daarop volg die Rustenburg deklarasie van die NG Kerk en die Gereformeerde Kerk: “Ons verbind ons self tot die stryd vir ‘n regverdige demokratiese, nie-rassige, nie-seksistiese SA.”  Hierdie kerke word deel van die politieke aanslag teen die Afrikanervolk se waardes, geskiedenis, sentimente en sy verwagtings.  Paul Kruger het vir die kerk gesê:  “As u buite die liggaam tas wat gesê het ‘laat my lammers wei en behoed my skape’ – dan tas u in die politieke liggaam en is u besete met die gees van die pous en dan is u prediking nie ‘n lieflike prediking van die evangelie nie.”  Die Rustenburg deklarasie van die NG Kerk is ‘n duplikaat van die ANC se Freedom Charter, naamlik:

·        Blanke skole moet oopgestel word aan mense van alle rasse, en programme van regstellende aksie moet op alle vlakke van swart onderwys ingestel word.

·        Kerke wat privaatskole besit moet hulle beleid ten opsigte van sulke skole sodanig hersien sodat hulle toeganklik gemaak kan word aan die onder-bevoorregtes.

·        Daar is die noodsaaklikheid om te werk vir ‘n nuwe ekonomiese orde waarin die behoeftes van die armes behoorlik behandel word;

·        Die noodsaklikheid om te werk vir die gelykheid van die lewenstandaarde van Swart en Wit mense;  die nodigheid om armoede en honger uit te roei;

·        Regstellende aksie om die oordrag van ‘n deel van die ekonomiese mag wat nou nog in blanke hande is, moontlik te maak is nodig;

·        Regstellende aksie in verband met vroueregte is nodig.

 

Tans is die sogenaamde herverdeling van grond op die NG Kerk se agenda.  Die gesindheid wat heers met betrekking tot ons erfenis is dat ons dit moet aanvaar soos die dood van ‘n geliefde.  Integrasionisme is ‘n integrale deel van die nuwe evangelie.  n Witman in SA wat hom nie hiermee vereenselwig nie kan hom nie beroep op die Genade van Christus nie.  Die gewettigde roof van blankes se besittings word gesteun.  Prediking stroop blankes van selfrespek deur hulle gewetens aan te kla weens hul ondersteuning van apartheid. Die kerke verkondig nuwe nasiebou  - en neem dus lynreg stelling in  teen volksbou.

 

Die finale fase in die revolusie lê in die grondrevolusie.  Die NG Kerk en Geref. Kerk steun hierdie revolusie.  Georganiseerde landbou (AB beheer) steun hierdie revolusie.  Die voetwerk is om die tempo te beïnvloed en nie om teenstand te bied nie.  Die volgende is tans op die tafel met betrekking tot die aanslag op ons erfenis:

-                      Grondbelasting (AGRI-SA tree as fasiliteerder op)

-                       Oordrag van landbou-grond (daar word onderhandel oor ons erfenis)

-                       Oordrag van aanverwante landbou en ekonomiese sektor.

 

Zimbabwe se grondroofaksie word as bangmaak model gebruik.  Dit moet in die RSA voorkom word deur betyds weg te gee en sodoende te probeer paai.

 

Die ekonomiese oordrag word geskoei op ons verworwe sug na rykdom en gerief.  Die vyand benut die sogenaamde vrye ekonomiese mark om die rooftog sy finale beslag te gee.  Swart vennote word as ‘n statussimbool voorgehou sowel as ‘n sogenaamde noodsaaklikheid vir voordelige voortgesette deelname in die ekonomie.  n Gees van verbystering is besig om die blankes en spesifiek die Afrikaners beet te pak.  Hulle erfenis het vir hulle geen hoër waarde meer as blote Rand/sent waarde nie.

 

Met misleiding is die politieke revolusie volvoer voordat die blanke kieserskorps werklik kon besef wat gebeur.  Te midde van gedurige beloftes van net groter voorspoed en vertroue op leiers wat besig was om ons hele bestaan op die spel te plaas in ‘n onomkeerbare eksperiment, is dit moontlik gemaak.  Daar is vinnig in beweeg na ‘n tussentydse regering sodat die bestaande blanke kieser die reg ontneem kon word om die “nuwe” grondwet goed te keur.  Verder was daar die gerusstelling dat daar nie oorgegee sou word nie maar dat daar mede-geregeer sou word in ‘n sogenaamde Regering van Nasionale eenheid.  Voor die onderhandelingsfase het De Klerk die veiligheidsisteem afgetakel sodat hy sy onderhandelingsmag totaal prysgegee het.

 

Die verkiesing vind plaas op 27 April 1994.  Uitslae word geplooi (De Klerk het later in die Kongo erken dat een miljoen stemme vooraf in busse geplaas is) om ‘n twee-derde meerderheid oorwinning vir die ANC nie noual te laat plaasvind nie.  In Mei 1994 kom die Regering van Nasionale eenheid tot stand.  Sewe ou NP ministers word opgeneem en drie IVP ministers.  Soos verwag is, steur die ANC hom nie aan hierdie mense se sogenaamde bemiddelingsposisie nie en maak soos hy wil.  Die ANC stel op 8 Mei 1996 sy eie finale grondwet op sonder om enige voorsiening vir enige magsdeling op uitvoerende vlak te maak.  De Klerk en sy NP kollegas verlaat in teleurstelling die Kabinet op 9 Mei 1996.  Adv JPJ Coetzee wat in 1984 uitgetree het as Direkteur Generaal van Justisie skryf in sy boek Gister se dade vandag se oordeel dat dit verbasend is dat die NP (nadat hy alle mag prysgegee het) kon geglo het dat die ANC in die finale grondwet wel voorsiening sou maak vir magsdeling - (Dingaan aksie).   Paul Kruger se visie vir sy volk lê aan skerwe.  Die Boerevolk het alle politieke mag oor homself verloor.  Sal ons vyande nou tevrede wees?  NEE.  Die eintlike finale fase van die revolusie word nou betree.  Die Afrikaner se hele identiteit moet uitgeroei word en hy moet finaal beroof word van sy stoflike besittings.

 

Die sielkundige aanslag op ons volk word met alle felheid voortgesit.  Die resultaat is tans dat ons ons eie ondergang verder self gaan volvoer.  Die vryheidstryd van die Afrikaner op hierdie stadium is geleë in homself.  Die Afrikaner word belas met ‘n skuldgevoel dat alles wat hy verwerf het en sy totale identiteit tot stand gekom het ten koste van ander sogenaamde agtergeblewenes.  Verder moet hy glo dat hy nou eers werklik vry is – dat daar nie sprake van verlies aan vryheid is nie.  Die aanslag is ook sodanig dat enige moontlike verset uit blanke geledere totaal onvanpas is.  Die AB-strategie word voortgesit deur te gee voor gevat word.  Ons mense se vryheidsbewussyn word by die dag vermoor deur die vernietigende liberale aanslag op ons mense uit eie geledere.  Dis hier  waar ons vryheidstryd begin.  Ons moet twee verwante sake hervestig in die denke van ons mense nl.

1.     Die swart regering kon op geen manier tot stand kom sonder die vrywillige  implimentering daarvan deur ons eie mense nie.

2.     Dit geld ook vir NOU.  Daar is geen manier waarop die tweede fase van die revolusie volvoer kan word as ons dit nie self vrywillig laat plaasvind nie.

 

Revolusionêre terrein lyk NOU so:

 

1  Kerklik:

 

 Meeste groot Afrikaanse kerke het die  kommunistiese begrippe hulle eie gemaak (aansluiting by SARK) en Vryheidsteologie as evangelie aanvaar.  Hulle gaan in verhewigde trant materiële en identiteitsaflegging vir die Afrikaner predik as synde ‘n voorvereiste om Christus se Genade deelagtig te word.  (‘n Predikant het al gepreek dat ons die verlies van ons eiendom moet aanvaar soos ons die dood van ‘n geliefde moet verwerk !)   Hulle verval nou in die posisie waarteen Kruger gewaarsku het.  “U prediking is nie meer die prediking van die Evangelie nie, maar u is besete met die gees van die Pous.”

 

2  Materiële rooftog wat deur onsself gefasilliteer word:

 

Die korporatiewe wêreld kompeteer nou watter maatskappy die grootste swart aandeelhouding kan hê.  Na raming sal swartes binne afsienbare toekoms die  meerderheidsaandeelhouding in die kommersiële wêreld besit.

 

3 Landbou:

 

Mandela het gesê dat die revolusie eindig eers wanneer die swart mense die grond besit.

 

Opsommend:

 

In die AgriSEB dokument word meer as 70% van alle grond effektief geëis  teen 2014.  Alles word in werking gestel om dit te bereik nl.

a.      Grondeise

b.     Vrywillige oordrag van sogenaamde vrye markgedrewe aandeelhouding (soos in die korporatiewe wêreld) in boerdery en aanverwante Landbou-ekonomiese sektor.

c.     Grondbelasting  as hefboom (na raming sal 1% belasing 30% boere onteien.)  Agri-SA (AB beheer) – ondersteun “GRONDHERVORMING” !! en weier om te begryp dat hy te doen het met ‘n politieke revolusie.  “Grondhervorming” word oor die boeg van sogenaamde doeltreffende beoefening van landbou gegooi.  By georganiseerde landbou bestaan daar geen begrip vir Boeregrond as volkserfenis nie.

Georganiseerde landbou neem die rol van fasiliteerder aan eerder as om sy blanke boere se belange onwrikbaar te beskerm.

   Georganiseerde landbou aanvaar die beginsel van verdeling van landboubelange van die wit boere.

Verset moet te alle koste vermy word aangesien dit straks Zimbabwe se woede sal ontketen wat landboubeoefening sal belemmer.  Ons primêre stryd lê by ons eie mense.

Boere besit tans nog inherente positiewe krag maar die leiers is verrot met liberale denke en is kragteloos.  ANC-lidmaatskap van sommige leiers is ‘n dodelik gevaarlike onbekende faktor.

 

4 Assimilasie:

 

Die Afrikaner moet afsien van sy geestesgoedere in totaliteit. In die algemene omgang word die Afrikaner met sy waardes as verouderd en as ‘n bejammerings-waardige ingesteldheid bejeën.  Maar die primêre aanslag kom op die punt wat Paul Kruger geïdentifiseer het as die basis van die Afrikanervolk se voortbestaan -naamlik onderwys.

Opsommend: 

 

Hoewel daar nog (tot vertroosting) heelwat Afrikaanse Staatskole is wat ‘n Christelike karakter probeer behou sal hulle die totale langtermyn onderwys beleid nie ontsnap nie.

 

Die OBE (Outcome based Education) sal in totaliteit die effek hê dat die Afrikanerkind geen voorsetting vir die Afrikanervolk meer kan bied nie.

1.     Hy gaan vervreem word van sy vaste Christelike geloofsbasis tot  ‘n sinkristiese lewensbeskouing.

2.     Hy moet afstand doen van sy taal.

3.     Sy geskiedenis en volksgebondenheid moet vir hom afstootlik gemaak word.

4.     Akademies (en moreel) met sy meerdere vermoëns moet hy terug gedwing word as derde wêreldse wese.

 

Die toestand voorhande roep om verset maar die Boere ouers en groot ouers is rustig omdat ons mense nie begryp dat hulle hul vryheid verloor het nie en nog goedgelowig en gerieflik voortgaan asof alles nog dieselfde is.  (Terwyl die NG Kerk daarteen is dat Afrikaners hulle kinders afsonderlik opvoed.)

 

Paul Kruger se vereistes vir die Boerevolk se voortbestaan is nog net so geldig nl. soewereine vryheid in ons eie land onder ons eie Christelike regering.  Die Bloedrivier Gelofte met sy bevestiging van die verbond nl. “U alleen is ons God en ons wil vir U ‘n volk wees.  Ons voortbestaan is volkome van U Genade afhanklik.  Ons sal ‘n volkshuishouding vestig wat vir U alleen sal eer en vir U getuienis sal lewer.”  Dit was die nuwe verbond in praktyk – “Ek sal My WETTE gee in hulle hart, in hulle verstand sal Ek dit inskryf en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit weer dink nie.”  Daarom moet ons as Christen verbondsmense en Geloftevolk soewerein vry wees in ons eie land sodat die ordening (volgens Kruger se lewensbekouing) op alle lewensterreine geskoei kan word op Gods Woord alleen.  Mag Christus ons daartoe genadig wees om weer die vryheidsgees in ons mense op te wek al is dit teen die wense van Kerke.  Ons weet die waarheid van Kruger se beskouing is steeds geldig – “Hy verander ieder mens se gees soos Hy wil.”  Hy alleen kan weer die Afrikanervolk as volk vir Hom berei.  Kom laat ons ons mond en hande as ‘n dankoffer tot Sy beskikking stel. 

 

Dankie.

 

PIKETBERG
Adres: Langstraat 101, Posbus 339, Piketberg, 7320
Tel: (022)  913 2353/913 2391 | Faks: (022)  913 1482 | Sel: 082  493 3785
E-pos: BVI@xsinet.co.za