|
|
|
|
DIE ERA VAN KRUGER ‘ Op Woensdag 14 Julie 2004 was dit presies 100 jaar
gelede dat President Paul Kruger oorlede is.
Vanweë sy enorme geestelike nalatenskap het sy invloed egter veel
verder as die tydperk van sy aardse lewe gestrek. Die beginsels wat hy in sy private en
openbare lewe uitgeleef het, het die basis van die Afrikanervolkslewe tot
diep in die 20ste eeu gevorm. Dit was
eers na die sluipmoord op Dr H F Verwoerd in 1966 en die daaropvolgende
toetrede tot die volkslewe van ‘n geslag leiers, wat niks omgegee het
vir die beginsels en ideale waardeur Kruger geïnspireer was nie dat sy
invloed in ons volkslewe afgeneem het.
Hy het ongeveer rondom 1845
aktief by die Afrikanervolkslewe betrokke begin raak en ‘n mens sal dus
kan sê dat die era van Kruger oor ongeveer een-en-‘n-kwart eeu gestrek
het. In hierdie kort oorsig sal daar gekyk word na die
lewe van Kruger self, na sy nalatenskap en na die uitdagings wat sy lewe aan
Afrikaners van die 21ste eeu stel. ¨ DIE LEWE VAN KRUGERStephanus Johannes Paulus Kruger is op 10 Oktober
1825 naby Cradock, vermoedelik op die plaas Bulhoek, as die derde kind
van Casper Kruger en sy vrou Elsie gebore.
Die familie trek gedurende 1836 die binneland in as deel van
die trekgeselskap van Andries Hendrik Potgieter.
Kruger is betrokke by die slag van Vegkop in 1836 waar ±5000 Matabeles deur ongeveer
50 Voortrekkers verslaan word en hy is ook ooggetuie van die bloeddorstige
Zoeloemoorde op die Voortrekkers in Die formidabele figuur van Kruger het die politieke
toneel in Suider-Afrika gedurende die laaste kwart van die negentiende
eeu oorheers. Dit het egter verder
gegaan. Hy was een van die mees
gerespekteerde staatsmanne van sy tyd.
Reeds in 1898 sê die Engelse skrywer Reginald Statham in sy boek
Paul Kruger, dat diegene wat die ondergang
van die ZAR beplan het, “……met with the steady and
unwearying resistance of the patriotic forces which Paul Kruger has
personified and expressed. And
it is, in a considerable measure, by reason of his personifying and
expressing this resistance that Paul Kruger is today included among
the small number of men whose names and whose careers are familiar to
the mind of every dweller in die civilised areas of the earth’s
surface. For it is certain that if at this moment there are
five persons in the world whose names everywhere awaken the sense of a strong
and distinct individuality, among those five will be, and must be, included
the name of the President of the South African Republic.” Die reeds eervolle naam van Kruger sou egter
ongekende hoogtes bereik toe hy op 9 Oktober 1899, as die leier van die
kleinste blanke volkie van sy tyd die magtigste militêre moondheid op die
slagveld die stryd aansê. Toe die
Britte Transvaal in 1900 inneem, het die ZAR-regering gevoel dat Kruger
Europa toe moes gaan om daar vir die Boeresaak steun te werf. Na die oorlog het hy in Europa gebly en op
14 Julie 1904 is hy in Clarens in “Want wie zich een toekomst scheppen wil,
mag het verledene niet uit het oog verliezen.
Daarom: Zoekt in het verleden
al het goede en schoone, dat daarin te ontdekken valt, vormt daarnaar uw
ideaal en beproeft voor de toekomst, dat ideaal te verwezenlijken.” Sy stoflike oorskot is later na Suid-Afrika
gebring en op 16 Desember 1904 in die helde-akker in Dat sy invloed inderdaad tot diep in die 20ste eeu
sou strek, nie alleen in die geledere van sy volksgenote nie, maar ook in dié van sy vyande word in
1960 soos volg bevestig deur Moris Broughton, voormalige redakteur van The
Cape Argus in sy boek, Press and Politics of South Africa: “Daar is” skryf hy,
“ook die behoefte om ontslae te raak van die onsigbare man wat aan die
anderkant van die redakteurstafel in byna elke Engelse koerantkantoor
sit. Daar is hy - treiterend, swygsaam,
statig – die gees van Paul Kruger.
Dit is teen hom en sy beeld dat, fundamenteel, die inkvaatjies van
hoon, spot, woede, welsprekendheid en verwerping uitgegiet word.” ¨ DIE
NALATENSKAP VAN KRUGER Dit is heeltemal onmoontlik om binne die bestek
van ‘n artikel soos hierdie enigsins reg te laat geskied aan die waarde
en betekenis van Paul Kruger se lewe.
Tog ü Kruger
se verbondenheid aan God Daar is by niemand enige
twyfel dat Kruger ‘n opregte, suiwer geloof in die Lewende God van Die
Bybel gehad het nie. Sy private en
openbare lewe het die getuienis daarvan uitgedra. Hy is gebore in ‘n gesin waarin die
ware gereformeerde geloof beoefen is.
Dalk is dit nie toevallig dat hy die name van drie van die mees
prominente eerste volgelinge van Christus gedra het nie. Die skrywer Reginald Statham, waarna reeds
verwys is, maak dan ook melding van ‘n geleentheid waartydens Kruger
homself alleen met God afgesonder het en spreek die mening uit dat dit
‘n rigtinggewende moment in sy lewe was. Hy was waarlik ‘n voorbeeld van die
wyse waarop God gedien moet word, ook vir ons Afrikaners van vandag. ü Kruger
se liefde vir sy volk Kruger het sy volk
liefgehad met ‘n hartstogtelike liefde en was bereid om die hoogste
persoonlike offers in die belang van sy volk te bring. ü Kruger
se vryheidsin Vir Kruger was daar geen
plaasvervanger vir die volkome vryheid van sy volk nie. Hy het vas geglo dat vryheid die Godgegewe
reg van sy volk is. Hy word allerweë
beskou as die grootste verpersoonliking van die Afrikanervolk se
vryheidsdrang. Hieroor skryf die
digter N P van Wyk Louw dat Kruger met ‘n krag van bo die redelike
insig die oorlog begin het, alhoewel hy geweet het met watter groot mag hy te
doen sou kry. Dit was ook Van Wyk Louw
wat gesê het dat, as Kruger nie die oorlog begin het nie, sou die
Afrikanervolk van skaamte gesterf het, omdat hy bereid sou gewees het om sy
nek te buig toe dit nuttig was om nederig wees. Deur die oorlog het hy die selfrespek van
sy volk gered en ons as sy nageslag in staat gestel om met trots ons posisie
in die ry van volkere in te neem. ü Kruger
se insig Kruger was ‘n man
wat deur mense en dinge kon kyk. Hy
was in staat om die waarheid en die leuen van mekaar te skei. Hy het net ‘n paar maande
skoolonderrig gehad maar was in staat om sy volk te regeer met Goddelike
wysheid, soos ‘n Salomo van ouds.
Ook sy onderhandelinge met die Britte het hy op meesterlike wyse
hanteer. Hy sal onthou word vir een
van sy grootste insigte, wat ook in ons tyd van betekenis is. Tydens die onderhandelinge met Milner in
Bloemfontein in Mei 1899 het dit vir hom spoedig duidelik geword dat die
Britte nie stemreg vir die uitlanders soek nie. Hy het uitgeroep: “Dis nie die stemreg wat julle wil hê
nie, dis my land wat julle wil hê!” En hoe reg was hy nie, want na die oorlog
het Milner gesê: “The war will
continue; it
will not be a war with bullets anymore, but it will be war still.” Hoe het ons nie die insig
van Kruger gemis toe ons in die vroeg negentiger jare van die vorige eeu die
beheer oor ons vaderland afgeteken het in die naam van sogenaamde
geregtigheid nie ?
Van die gewaande geregtigheid sien ons vandag bloedweinig en die
oorlog teen ons gaan voort ! Sedert 1990 het daar volgens beraming byna
net soveel Afrikaners in plaas- en ander aanvalle gesterf as wat in die jare
1899 – 1902 op die slagveld gesterf het, en die einde is nog glad nie
in sig nie. ¨ DIE
GEES VAN KRUGER Die era van Kruger is vir altyd verby. Sy aardse lewe het op 14 Julie 1904
geëindig en sy nalatenskap is grootliks afgetakel deur sy vyande en hulle
medewerkers in sy eie volk se geledere.
Die gees van ‘n groot man leef egter altyd voort solank sy
nasate sy dade in gedagtenis hou.
Wanneer ons vandag die geskiedenis lees van manne soos Moses, Josua,
Koning Dawid en Paulus, om maar net enkeles te noem, kom ons onder die indruk
van die besondere gees wat in hulle gewoon het en word ons daardeur
geïnspireer. Hoe word die mens wat
enigsins ‘n waardering het vir die mooi en die edele in ander byvoorbeeld nie aangespreek deur die gees
wat in Kaleb geheers het dat hy kans gesien het om op die ouderdom van 85 die
reuse uit die bergland te verdryf nie? Watter gees het dan in Kruger geheers? Dit was die gees van vryheid wat ten
diepste sy oorsprong gehad het in die Gees van God. Ons lees in II Kor. By die 100-jarige herdenking van die afsterwe van
Kruger pas dit ons om weer sy lewe deeglik in oënskou te neem sodat ons
inspirasie FRIKKIE STRAUSS
PIKETBERG |