VERMENGING VAN JHWH-  EN BAÄL-AANBIDDING

 

Na die onlangse reën in die droogte geteisterde Wes-Kaap het die Moslem Eerste Minister ‘n op die oog af baie lofwaardige verklaring gemaak, maar met ‘n dodelike angel.  Die swye wat daarop gevolg het, toon ‘n duidelike simptoom van gevestigde sinkretisme.

 

Sy woorde het die volgende strekking gehad:  Ons is dankbaar vir die reën.  Dit toon net watter geweldige krag in gesamentlike gebed geleë is.”  Behalwe vir die humanistiese geur van die “krag van die bidders” is die verontrustende aspek dat hier nie net na Christenbidders verwys word nie, maar na die gesamentlike gebede van afgodsdienaars sowel as Christene, asof almal tot dieselfde God gebid het !  Geen eer of dank kon aan Christus vir Sy genade gebring word nie en niemand het nog ‘n woord hieroor gerep nie.  Uit die aard van die geseënde situasie sal enige negatiewe Christus gesentreerde opmerkings natuurlikkleinsielig” en polities totaal onvanpas wees.  Dit sal waarskynlik die argwaan van “Christeneook gaande maak. 

 

Het ons nou reeds hier te doen met ‘n volkome vermenging van Baäldiens en die aanbidding van JHWH soos wat moontlik in die tyd van ou Israel voorgekom het ?  Hierdie soort vroomheid sal ‘n gruwel wees in die van die H E R E.  Nog te meer sal dit wees omdat niemand namens Hom die situasie uitwys nie.

 

Die BVI verklaar hiermee op grond van die Bybel dat dit slegs Jesus Christus is wat reën kan en sal gee – soos en waar Hy wil.  Dit is verontrustend dat Christene en Christen-teoloë hulle die huidige situasie van subtiele sinkretisme laat welgeval.

 

Dr Ronnie van der Merwe

 

VOORSITTER

 

FRASERBURG

 

17 Februarie 2005

 

PIKETBERG
Adres: Langstraat 101, Posbus 339, Piketberg, 7320
Tel: (022)  913 2353/913 2391 | Faks: (022)  913 1482 | Sel: 082  493 3785
E-pos: BVI@xsinet.co.za