KRUGERDAG
2004
MOSSELBAAI, SATERDAG 9
OKTOBER 2004
Die geboortedag
van President Paul Kruger, 10 Oktober, was nog altyd ‘n eervolle dag op ons volkskalender. Hierdie jaar is daar twee verdere redes om hierdie
dag in herinnering te roep. President Kruger is ‘n eeu gelede, op 14 Julie 1904, oorlede en sy stoflike oorskot is op 16 Desember 1904 in die helde-akker
in Pretoria begrawe. Die jaar 1904 was
ook die jaar waarin die verslane Boere weer die stryd om die herwinning van hulle verlore vryheid begin het. Dit het uiteindelik
uitgeloop op die Republiekwording van 31 Mei
1961. Die grondslag
daarvoor is egter gelê deur die onblusbare vryheidsvuur wat daar in die hart van Kruger
gebrand het. Hy, en diegene wat die stryd na sy
dood in 1904 opgeneem het, het ‘n volksgebou opgerig wat aan ons,
hulle nageslag, skuiling teen die aanslae van vreemde magte gebied het en waardeur ons in staat gestel was om vir die grootste
gedeelte van die
twintigste eeu
‘n rustige, kwaliteit
lewe te lei. Die sierlike Afrikanervolksgebou is egter nou afgebreek en vir ons kinders
sal daar net ‘n murasie oorbly, behalwe as ons, Afrikaners van
die 21ste eeu, weer begin
om die fondasie van
‘n nuwe huis te lê. Op Saterdag
9 Oktober wil ons nie alleen
hulde bring aan die nagedagtenis van Kruger nie; ons moet ook
weer begin bou aan ‘n toekoms vir ons kinders. Ons roep elke Afrikaner in die Suid-Kaap op om met ons daarin te
kom deel. Besonderhede is soos volg:
PLEK: Kenani Dienssentrum, Alfastraat Mosselbaai (langs Provinsiale
Hospitaal)
PROGRAM:
09:30 Opening en verwelkoming
10:00 Vlagseremonie
en samesang
10:30 Huldigingsrede: Dr
Ronnie van der Merwe (Geleentheid vir vrae en bespreking)
12:00 Ete
13:30 - Bekendstelling van BVI en nuwe boek: Frikkie Strauss
- Bespreking
oor strategieë ter herwinning van ons vryheid (Tot 16:00)
BESPREKINGS: Geen toegangsgeld word gevra nie, maar
‘n donasie ter delging van die kostes van die byeenkoms sal opgeneem word.
‘n Ligte middagete en ander verversings sal deur ‘n vroue-organisasie
te koop aangebied word. Ter wille van die voorbereidings daarvoor sal ons dit
waardeer indien u teen Donderdag 7 Oktober
vir ons sal laat weet
of u die byeenkoms wil bywoon. U kan
vir Smof
Beetge van Stilbaai skakel by tel. 028 754 3628 of faks by 028 754 3640. Gebruik die vormpie op die keersy hiervan as u wil.
Die Boere-Afrikaner Vryheidsinisiatief is gestig om die vryheidsideaal weer in die harte van
Afrikaners te laat herlewe. Die visie van die BVI is dat 'n vrye Afrikanervolk hulleself weer in hulle eie land sal regeer, soos
dit met alle ander volke die geval is. Die BVI wil sy doelstellings
nastreef langs vreedsame en politieke weg, gebaseer op die reg van volke om vry
te wees. Dit beoog nie enige
gewelddadige of ondergrondse
aksies nie en het geen geheime
agendas of verbintenisse met geheime
organisasies nie.
Persone
wat meer inligting omtrent die BVI verlang, kan
ons webblad by vryheidenreg
besoek of die bogenoemde
nommer skakel.
DIE
POSITIEWE ALTERNATIEF
‘N ANTWOORD OP DIE AFRIKANER SE
VOORTBESTAANSUITDAGING VAN DIE 21STE EEU
deur
FRIKKIE
STRAUSS
Soos
meermale in ons geskiedenis staan die Afrikaner
van die 21ste eeu ook voor ‘n voortbestaansuitdaging
en ons moet ‘n lotsbeskikkende keuse maak. Die grootste enkele bedreiging vir ons voortbestaan is die feit dat ons
ons vryheid verloor het en dat ons ‘n verknegte volk is. Ons sal slegs sinvol
kan voortbestaan en ‘n erfenis
aan ons kinders nalaat as ons weer ‘n vrye volk kan word. Dit is die positiewe antwoord op ons voortbestaansuitdaging en vorm die onderwerp van hierdie boek.
Die skrywer
behandel die redes waarom ons ons
vryheid verloor het en hy ontleed
die huidige stand van sake op ‘n sistematiese en kliniese wyse. Hy noem die redes
waarom dit noodsaaklik is dat ons weer ‘n vrye volk word en kom tot die gevolgtrekking dat die alternatief vir vryheid te
aaklig is om te bedink. Die redes waarom baie Afrikaners glo dat ons
nie weer ‘n vrye volk kan word nie, word ontleed en beoordeel. Hy lê aan die leser
‘n strategie vir
die herwinning van ons vryheid voor, noem die fases waardeur die proses behoort te gaan
en gee ‘n omvattende uiteensetting van
hoe fase een behoort te verloop. Die laaste hoofstuk handel oor die wyse waarop elke individuele
Afrikaner in sy persoonlike
hoedanigheid by die stryd
om die herwinning van ons vryheid betrokke
kan raak.
Die
skrywer bring vars, nuwe perspektiewe op die onderwerp en benader die saak op ‘n skeppende, toekomsgerigte wyse. Die boek is geskryf vir
Afrikaners. Dit
bestaan uit 84 bladsye, is in ‘n aantreklike
kartonomslag gebind en
word verkoop teen ‘n allesinsluitende
prys van R70.
Die boek word uitgegee
deur Suidland Media en versprei deur die BVI.
Vir meer inligting omtrent die inhoud van die boek, kan
u suidland
besoek of die skrywer self skakel by 022 913 2391.
Aan: BVI, Posbus 706, Stilbaai. 6674
Tel:
028 754 3628. Faks: 028 754 3640
e-pos: BVI@xsinet.co.za
Bankrekeningbesonderhede: BVI, Absa: 910 397 1109, Takkode: 334 211.
¨
……………
Persone wil graag die Krugerdagsaamtrek bywoon
¨
Ek kan ongelukkig nie die saamtrek bywoon nie, maar
stuur ‘n donasie
van R……………
¨
Stuur asseblief aan my …… eksemplare
van die Positiewe Alternatief @ R70 elk R……………
R_________
Naam: ………..
….……………………………………………………………………………….
Posadres:
……………………………………………………………………………………………..
Tel/Sel:
…………….……………………………………………………………………………….
Faks:
…………………………………
E-pos:
………..………………………..……………..