DIE GROOTSTE UITDAGING VIR  21STE EEUSE AFRIKANERS

 

DIE BEHOUD VAN BOEREGROND

_______________________________________________________________

 

Gedurende die 18de en die 19de eeu het Afrikanerboere die uitdaging aanvaar om die binneland van Suidelike Afrika te beset, dit aan die wildernis, die barbarisme en die Britse imperialisme te ontruk en dit aan hulle nageslag as ‘n kosbare erfenis nagelaat.  Twintigste-eeuse Afrikaners het dit ontwikkel en uitgebou tot ‘n moderne land.  Die uitdaging nou voor ons, as die huidige geslag Afrikaners, om dié land vir ons kinders te behou.

 

Dat dit op die oomblik beslis die grootste uitdaging vir Afrikaners van die 21ste eeu is, ly geen twyfel nie want dit is tans die fokuspunt van die vyandelike aanslag teen ons.  En alhoewel alle Afrikaners daarby belang het, sal die inisiatief van die Afrikanerboer moet uitgaan.  n Omvattende langtermynstrategie wat op ‘n verbeeldingryke, toekomsgerigte en positiewe wyse, in afhanklikheid van en geloof in die God van die Bybel deurgevoer moet word, is nou nodig.   

 

Die Boere-Afrikaner Vryheidsinisiatief het in samewerking met ander organisasies en leiersfigure in landbougeledere oor ‘n periode van ongeveer drie jaar ‘n Strategie vir die Behoud van Boeregrond ontwikkel en ons wil dit graag met ander Afrikaners deel en hulle daarby betrek.  n Reeks van nege vergaderings word vir dié doel beplan.  Die strategie is uiteengesit in ons pamflet Behoud van Boeregrond  vra Aksie en tydens die vergaderings sal dit in meer besonderhede verduidelik word. Besprekings daaroor sal gevoer word. Hierdie pamflet sowel as alle vorige pamflette kan gelees word op ons webtuiste by vryheidenreg.com of van ons kantoor bestel word. 

 

Die eerste vergadering is reeds op 26 Mei op Upington gehou en die volgende drie word DV vanaf 10 – 12 Oktober 2007 gehou.  Dit is die week waarin die Tweede Vryheidsoorlog 108 jaar gelede uitgebreek het en vanweë die ineengestrengeldheid van die behoud van Boeregrond en die herwinning van Afrikanervryheid sal daar tydens die vergaderings ook aandag gegee word aan die rol wat mense tydens die Tweede Vryheidsoorlog gespeel het om vir ons ‘n land te verwerf waarvan ons kan :  Dié land is ons land.

 

 

Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het baie Kaapse Afrikaners hulleself met die vryheidstryd van die Boere-republieke vereenselwig.  Hulle het by die Boeremagte aangesluit en mettertyd as Kaapse Rebelle bekend geraak.  So het daar ‘n vereniging  van hart en gees tussen Republikeinse Boere en Kaapse Afrikaners ontstaan.  Dit is in hierdie gees waarin die vergaderings gehou word.  Boere en alle ander Afrikaners word uitgenooi om die vergaderings by te woon.

 

 

BESONDERHEDE VAN VERGADERINGS

 

DATUM

PLEK

TYD

NAVRAE

Woensdag 10 Oktober

(Krugerdag)

Ferdie Beyers-saal 

Louis Trichardt

18:30

Gideon Meiring

082  920 6684

Donderdag 11 Oktober

 

CVO-Skoolsaal

Lynnwood, Pretoria

 

18:30

Koos Venter 

083  465 8300

Vrydag  12 Oktober

Kommandosaal  Lichtenburg

18:30

Paul van der Walt (Jnr) 

082  335 6667

 

SPREKERS EN ONDERWERPE

 

DR RONNIE VAN DER MERWE: 

 

By al drie vergaderings : Behoud van Boeregrond vir die Behoud van Boerevolk.

(Dr Ronnie van der Merwe is ‘n bekende Karooboer en ‘n kenner op die gebied van die grondaanslag)

 

FRIKKIE STRAUSS:

 

Louis Trichardt:  Kruger:   Verpersoonliking van Afrikanervryheid

Pretoria:  Die Bittereinders:  Trots van ons volk.

Lichtenburg:  De la Rey:  Militêre genie en vryheidsvegter

(Frikkie Strauss is ‘n rekenmeester en skrywer van verskeie boeke oor SWA en oor die Afrikanerpolitiek, - onderwys en –geskiedenis, asook oor beleggings en belasting)

 

(Ons vereenselwig onsself met die 150-jarige herdenking van die Vierkleur en by al die vergaderings sal daaraan aandag gegee word.  Tydens die Pretoria-vergadering sal die 82-jarige mnr MANIE MARITZ, na ons beste wete die enigste lewende direkte nasaat van ‘n Boere-generaal, met ons enkele persoonlike herinneringe aan sy vader deel.  Moenie die geleentheid misloop om met hom hand te skud nie.  Bring u kinders ook saam).

 

Geen toegangsgeld word gevra nie, maar donasies ter delging van die koste van die vergaderings sal welkom wees.  n Groot verskeidenheid goeie boeke sal ook te koop aangebied word.

 

 

 

Die vergaderings word gereël deur die Boere-Afrikaner Vryheids-inisiatief in samewerking met die Boere-Afrikaner Grondaksie.  Die BVI is vyf jaar gelede as ‘n uitvloeisel van die herdenking van die Tweede Vryheidsoorlog in Kaapland gestig.  Die doel van die BVI is die herwinning van Afrikanervryheid en daar word tans gefokus op die herlewing van die vryheidsideaal in die harte van Afrikaners.  Die BGA is ‘n gesamentlike strategie van ‘n aantal Afrikanerbewegings vir die behoud van Boeregrond.     

 

PIKETBERG
Adres: Langstraat 101, Posbus 339, Piketberg, 7320
Tel: (022)  913 2353/913 2391 | Faks: (022)  913 1482 | Sel: 082  493 3785
E-pos:
BVI@xsinet.co.za