|
|
|
|
DIE BOERE-AFRIKANER GRONDAKSIE BEKENDSTELLING Die Boere-Afrikaner Grondaksie is ‘n gesamentlike strategie van
‘n aantal Afrikanerbewegings wat gerig is op die behoud van grond. Dit is ‘n aanvaarding van die
uitdaging wat aan ons gerig word deur diegene wat ons van ons land wil
beroof. Die aksie het voortgevloei uit
gesprekke tussen verteenwoordigers van verskeie Afrikaner-bewegings wat in
die loop van Augustus 2005 gevoer is. Die
BGA is nie ‘n nuwe organisasie nie en het geen formele organisatoriese
of administratiewe strukture nie. Daar
is slegs ooreenstemming oor ‘n gesamentlike strategie wat op ‘n
gekoördineerde wyse uitgevoer word.
Die BGA beoog geen ondergrondse, staatsondermynende of gewelddadige
optredes nie. Die stryd sal op die
politieke en geestelik-sielkundige terreine gevoer word. Elke deelnemende beweging, kortweg
deelnemer genoem, aanvaar self verantwoordelikheid vir die menslike en
finansiële hulpbronne wat sy betrokkenheid van hom verg en hy pas die
strategie in sy gekose bedieningsgebied toe.
Tien Afrikaner-bewegings neem op die oomblik aan die BGA deel en
‘n aksie om nog bewegings daarby te betrek, is aan die gang. Die koördinering van die aksie geskied tans
vanuit die Boere-Afrikaner Vryheidsinisiatief se kantoor uit Piketberg in die
Wes-Kaap. Verderaan in hierdie
brosjure word die beginselraamwerk en die plan van aksie van die BGA bespreek
en ook die rol van sleutelpersone. BEGINSELRAAMWERK
Die deelnemers aan die BGA het op die volgende
basiese beginsels en uitgangspunte eenstemmigheid verkry: ·
Ons erken ons afhanklikheid van
die God van die Bybel in ons stryd en die noodsaaklikheid dat die Bybelse
beginsels as die grondslag vir al ons handelinge moet dien. ·
Die stryd om die behoud van
ons grond moet gesien word binne die raamwerk van die stryd om die herwinning van ons vryheid as ‘n volk. ·
Boeregrond is volksbesit. Dit is aan ons oorgedra deur die
kollektiewe inspanning van ons voorouers en ‘n hoë prys is daarvoor
betaal. Dit moet ongeskonde aan ons nageslag
oorgedra word.
·
“Grondhervorming/Grondrestitusie/Agriseb”
is nie daarop gerig om aan
die swartes grond vir bewerking en bewoning te verskaf
nie; dit is ons lánd wat
hulle wil hê. Daarom verwys ons na “Grondhervorming/Grondrestitusie/ Agriseb” eenvoudig as grondroof en is in beginsel daarteen gekant. ·
Geen beleid of besluite van die huidige regering in verband met Boeregrond sal meer as ‘n gegewe aanvaar word nie. Elke volk op aarde het die soewereine reg om self oor sy grond te
besluit en ons sal nou daardie reg opeis. Daarom kan ons ook met niemand praat
oor die metodes waarvolgens hulle besluite uitgevoer word nie. As ons dit doen, sal ons daardeur erken dat
hulle in beginsel ‘n aanspraak op ons grond het en onsself op dié wyse
ontmagtig. ·
Die Afrikanerboere as ‘n groep moet grondroof op
‘n sigbare wyse in die openbaar
verwerp. Dit kan gedoen word deur
gebruikmaking van verskillende metodes, soos besluite deur die bestaande
bedryfsorganisasies, deur massavergaderings of deur referendum(s). ·
Grondroof moet
ook op individuele basis teëgestaan en
gestuit word.
Daarom word daar
‘n beroep gedoen op
elke Afrikanerboer wat as gevolg van politieke of ideologiese druk besig is om met die regering of volksvreemde individue oor die verkoop van hulle grond te
onderhandel om sodanige onderhandelinge te staak. ·
Die grondkwessie is tans van
akute aard en Afrikanerorganisasies behoort nou baie in besonder daarop te
fokus. As ons die ANC se opmars
teen ons grond kan stuit, kan ons totale verwarring in hulle geledere
veroorsaak. Die huidige onderlinge
gevegte in ANC-geledere skep ‘n geleentheid daartoe en ons mag dit nie
laat verbygaan nie. PLAN VAN AKSIE
Daar is op die volgende plan van aksie
ooreengekom: ·
‘n Omvattende inligtingsaksie
moet geloods word. Dit moet daarop
gerig wees om Afrikanerboere (en ander Afrikaners) in te lig omtrent die
basiese beginsels, waarhede en feite wat op die grondkwessie betrekking
het. Die leuen dat ons en ons
voorouers swartes se grond gevat en hulle verontreg het, moet uit ons mense
se denkwêreld verdryf word en ons moet geestelik versterk word met die ware
feite van die geskiedenis. ‘n
Wyse man is sterk en ‘n man van kennis ontwikkel krag (Spreuke 5). Die ANC se sogenaamde grondhervorming moet
ontbloot word en aan die kaak gestel word. Net na die kommunistiese revolusie
in Rusland het die leier Wladimir Lenin gesê:
“As slegs 1000 mense geweet het waarmee ons besig was, sou ons
nooit kon slaag nie.” As die
boere ingelig is oor die ANC se ware oogmerke, kon ons die ANC totaal lamlê. ·
Die rol van sleutelpersone in
die BGA word verderaan meer volledig beskryf. ·
Die inligtingsaksie sal afgeskop word met ‘n pamfletveldtog. Die Dagbestuur van die BVI het ‘n lys
van voorgestelde onderwerpe saamgestel en sal die eerste paar pamflette
opstel. Die meester word elke keer per
e-pos na die deelnemende bewegings gestuur.
Hulle kan dit dan nét so of in aangepaste vorm op hulle eie
briefhoofde plaas en verder versprei. Verspreiding
kan deur middel van die landpos, e-pos of fakse geskied. ·
Daar is geen
vorm van kontrole of toesig wees oor die wyse waarop die deelnemers hulle
ondernemings in terme van die gesamentlike aksie nakom nie. Daar word aanvaar dat al die deelnemende
bewegings die dringendheid van die saak besef en dit met die nodige erns sal
benader. Tog hou ons op ‘n
informele wyse met mekaar kontak. Inligting
oor aksies wat aangepak word en enige reaksie wat ontvang word, word
onderling gedeel. As ‘n
praktiese reëling en om die aksie aan die gang te kry, aanvaar die BVI verantwoordelikheid vir die opstel van
inligtingsmateriaal en dien ook as sentrale kommunikasie-sentrum. DIE ROL VAN
SLEUTELPERSONE IN DIE BOERE-AFRIKANER GRONDAKSIE Die
BGA het net een doel voor oë: Die behoud van boeregrond. Die
bemagtiging van Afrikanerboere met die nodige kennis om die aanslag op hulle
grond af te weer, is op die oomblik die sentrale fokus van die BGA. Die uiteindelike welslae van die BGA sal
afhang van ons vermoë om aan die aksie konkrete gestalte op voetsoolvlak te gee en hierin sal
sleutelpersone ‘n sleutelrol speel; vandaar die naam sleutelpersone. Die
funksionering van sleutelpersone binne die BGA kan soos volg saamgevat word: ¨ Elke deelnemende beweging nader mense as sleutelpersone in sy bedieningsgebied en oorhoofse koördinering
tussen die deelnemers word gedoen. ¨ Sleutelpersone se hooftaak is die verspreiding van
inligting wat op een of meer van die volgende metodes kan
geskied: ·
Pamfletverspreiding Die BGA sal op ‘n
gereelde basis ‘n pamflet beskikbaar stel. Op hierdie stadium word beoog om dit op
‘n maandelikse basis te doen en dit sal aan die begin deur die
Dagbestuur van die BVI, in oorleg met verteenwoordigers van die ander
deelnemers gedoen word. -
Die
meester van die pamflet word elektronies aan verteenwoordigers gestuur en
hulle stuur dit weer aan die sleutelpersone.
Sleutelpersone laat druk of fotostateer daarvan soveel as wat hulle in
hulle bedieningsgebied wil versprei.
Hulle neem self die finansiële verantwoordelikheid daarvoor, maar
hulle kan ander goedgesinde Afrikaners nader vir ondersteuning. -
Pamflette
kan op ‘n baie goedkoop manier (8c/pamflet) deur die Poskantoor
versprei word. Kontroleer deur middel van steekproewe of die pamflette wel in
die posbusse gesit word. -
Die
inligting op die pamflet kan ook elektronies of per faks versprei word. ·
SMS’e Die pamflet sal elke maand
op die webtuiste van die BVI by vryheidenreg.com verskyn en van
die ander deelnemers sal dit moontlik
op hulle webtuistes ook plaas. Deur middel van sms’e
·
Vergaderings Sleutelpersone wat daarvoor
kans sien, kan huisvergaderings of openbare vergaderings reël om inligting te
versprei en mense, veral boere, te motiveer om by die grondstryd betrokke te
raak.
·
Persoonlike kontak Persoonlike kontak bly nog
steeds ‘n effektiewe manier om mens in te lig en hulle by ‘n saak
betrokke te kry.
·
Mediadekking Dekking in goedgesinde media
kan ook ons saak bevorder. ¨
Sleutelpersone kan self besluit welke vlak van openbare blootstelling hulle wil handhaaf. Vir diegene wat nie openbare blootstelling
soek nie, maar bereid is om in die stilte te werk, skep die konsep ‘n
ideale geleentheid. Deelnemende
bewegings sal nie die name van hulle sleutelpersone aan enigiemand bekendmaak
nie en sover moontlik sal geen besonderhede van hulle sleutelpersone op
rekord gehou word nie. Dit is om
sleutelpersone te beskerm teen enige vorm van intimidasie of viktimisasie. ¨
Persone wat wil optree as sleutelpersone kan
met die BVI by die onderstaande
kontaknommers in verbinding tree en hulle sal verwys word
na die deelnemer in wie se bedieningsgebied hulle val. Pamflet (Nr
1 van Oktober - Desember 2005) Pamflet (NR 2 van Januarie – Maart 2006)
Pamflet (NR 4 van Julie – September 2006)
Pamflet (NR 5 van Oktober – Desember 2006)
Pamflet (NR 6 van Januarie – Maart 2007)
Pamflet (NR 7 van April - Junie 2007)
PIKETBERG |