BOEREGROND

 

IN  DIE

 

SPERVUUR

 

 

 

MNR GERT EHLERS

 

 

BLOU NARTJIE RESTAURANT CALVINIA

 

 

SATERDAG 4 JUNIE 2005 DV

 

 

Grondhervorming” en die afkondiging van die konsep swart bemagtigingshandves vir die landbou (AGRISEB) laat baie vrae ontstaan.  Die volgende is voorbeelde:  Is dit waar dat Afrikaners ander volke se grond gevat het soos wat daar beweer word?  Word “grondhervorming” en AGRISEB ter wille van die ekonomiese voordeel van swartes ingestel of is dit, soos plaasmoorde en grondbelastings, deel van ‘n politieke agenda om Afrikaners van hulle erfgrond te verdryf?  Presies wat behels AGRISEB en wat gaan die langtermyngevolge daarvan wees?  Hoe wil die ANC te werk gaan omgrondhervorming” en AGRISEB deur te voer en hoe gaan hulle die georganiseerde landbou, die kerke en die media gebruik om dit reg te kry?  Volgens watter beginsels moetgrondhervorming”/AGRISEB deur Afrikaners benader word?  Hoe moet individuele boere reageer wanneer fasiliteerders van AGRISEB hulle op hulle plase besoek.

 

Hierdie en ander vrae sal deur mnr Ehlers hanteer word.  Mnr Gert Ehlers is ‘n bekende landbouleier en boer van Noord-Transvaal.  Hy is die vorige president van TLUSA.  Die doel van die vergadering is om die waarheid oorgrondhervorming”/AGRISEB te openbaar sodat Afrikaners, en boere in besonder, korrek kan optree in verband daarmee.  Na die kommunistiese revolusie in 1917 het die leier Wladimir Lenin gesê:  “As slegs 1000 mense geweet het waarmee ons besig was sou ons nooit kon slaag nie.”  Met die oog op ‘n behoorlike in-diepte beredenering van die “grondhervorming”/AGRISEB kwessie sal daar ruim geleentheid vir vrae en bespreking wees.

 

 

PROGRAM

 

Die program begin DV om 10 vm.  Dit sal bestaan uit ‘n kort Bittereinderhuldiging, mnr Ehlers se toespraak en geleentheid vir vrae en besprekings.  Ons behoort teen ongeveer 13:00 klaar te wees.  Daarna sal ‘n ligte middagete teen betaling bedien word.

 

Vir dié wat na die middagete wil bly, sal ‘n video van ongeveer een uur oor Piet Retief en sy grondonderhandelinge met Dingaan vertoon word.

 

Geen toegangsgeld word gevra nie maar daar sal geleentheid wees vir donasies ter delging van die kostes van die vergadering en ‘n groot verskeidenheid goeie boeke sal te koop aangebied word.

 

Navrae:   Riaan le Roux: 027  341 2257

                  Frikkie Strauss: 022  913 2391

 

 

 

Die vergadering vorm deel van die Boere-Afrikaner Vryheidsinisiatief se Bittereinderdagherdenking.  Op 31 Mei 1902 is die Tweede Vryheidsoorlog met die Vrede van Vereeniging beëindig.  Die oorlog is gevoer omdat die Britte beslag wou op die grond wat die Boere van Transvaal en Vrystaat deur groot opofferings vir hulleself en hulle nageslag bekom het.  Hulle het die oorlog verloor maar uit die as en vernietiging daarvan opgestaan en voortgeveg tot ons ‘n republiek op 31 Mei 1961 verkry het.  Ons het daardie republiek weer verloor en vandag staan ons weereens op die punt om ons grond te verloor.  In die huidige stryd het ons baie te leer uit die wyse waarop ons voorgeslagte die aanslag op hulle grond afgeslaan het.

 

Die BVI is op 12 Oktober 2002 te Matjiesfontein in die lewe geroep en het voortgevloei uit die suksesvolle Bittereinderdagherdenking wat op 31 Mei 2002 te Soetwater gehou is.  Die BVI glo dat die voortbestaan van ons volk onlosmaaklik aan die behoud van ons grond verbind is.  As ons ons grond verloor, verloor ons ons toekoms.  Daaromvorm die grondkwessie die kern van ons Bittereinderdagherdenking.

 

 

PIKETBERG
Adres: Langstraat 101, Posbus 339, Piketberg, 7320
Tel: (022)  913 2353/913 2391 | Faks: (022)  913 1482 | Sel: 082  493 3785
E-pos: BVI@xsinet.co.za