BITTEREINDERDAG

 

UPINGTON, SATERDAG 26 MEI 2007

 

 

v               OORWELDIG, MAAR NIE VERSLAAN NIE

 

Op 31 Mei 1902, nou ±105 jaar gelede, is die Tweede Vryheidsoorlog met die ondertekening van die Vrede van Vereeniging beëindig.  In hierdie oorlog het die węreld in verwondering toegekyk hoe die kleinste en jongste Europese volkie die grootste en magtigste militęre moondheid van sy tyd op die slagveld aandurf en verslaan.  Dit was egter die Bittereinders, die ±22 000 Transvalers en Vrystaters en die paar duisend Kaapse rebelle, wat die hoogste roem verwerf het.  Hulle het tot die einde toe geveg toe die Britse oormag op ongeveer 550 000 gestaan het. Oor hulle skryf Harold Spender in sy boek Generaal Botha  soos volg:

Never, indeed, did the Boer name stand higher for pure military achievement than during these last months of the war.  As the months of the South African summer wore away, their scattered forces became more and more daring.  The valour of their commandos was never higher, and the striking power of their forces never greater.”

Deur hierdie manne se optrede kan ons trots wees om Afrikaners te wees en dit is aan hulle wat ons graag by hierdie geleentheid hulde wil bring.

 

 

v               KOOS DE LA REY EN MANIE MARITZ : BITTEREINDERS BY UITNEMENDHEID

 

Tydens die Tweede Vryheidsoorlog het die Boeremagte en Kaapse rebelle in die Noord-Kaap onder die bevel van Genl Koos de la Rey gestaan.  Die plaaslike bevelvoerder was Genl Manie Maritz.  Ons sal in besonder op die lewe van hierdie twee Bittereinders fokus. Ons hoofspreker, Prof Andries Raath is ‘n gesaghebbende op die lewe van De la Rey en het so pas ‘n boek oor hom voltooi.

 

 

v               DIE NOORD-KAAP : TONEEL VAN VERBORGE AFRIKANER-GESKIEDENIS

 

Gedurende die 1914-rebellie het gebeure in die Upington-omgewing afgespeel wat uiteindelik sal blyk van deurslaggewende belang vir die toekoms van ons volk sal wees.  Tydens die rebellie het Genl Jan Kemp met ‘n kommando van ± 600 man ‘n traktaat aan die Duitsers in Suidwes oorhandig waarin die Boereleiers hulleself gedistansieër het van die Suid-Afrikaanse inval in Suiwes-Afrika.  Nicolaas Siener van Rensburg was een van die kommandolede.  Dit is hoogs-interessante historiese feite wat belig gaan word.

 

 

 

v               BOEREGROND : ONS ERFENIS

 

Met bloed, sweet en trane het ons voorouers, soos hulle die binneland ingetrek het, die land aan die wildernis, die barbarisme en die Britse imperialisme ontworstel, en so aan ons ‘n vaderland as erfenis nagelaat.  Deur ‘n intense vyandelike aanslag teen ons het ons die beheer oor ons land verloor en die slagordes is nou opgestel om ons van ons grond te verdryf, sodat ons en ons kinders tot nimmereindigende slawerny en bywonerskap gevonnis kan word.  Of dit wel gaan gebeur, is egter in ons eie hande en ons sal tydens die vergadering praat oor aksies wat in hierdie verband geneem kan word.

 

 

v               VRYHEID : ONS DURE PLIG

 

Die Bittereinderders was bereid om hulle lewens op te offer vir die vryheidsideaal.  Daardie vryheid het ons nou verloor.  As ons daarin berus, beteken dit dat ons die offers wat gebring is onder ons voete vertrap.  Dit mag ons nie doen nie.  Daarom moet ons weer die stryd om die herwinning van ons vryheid opneem en ons sal aan die byeenkoms ‘n strategie daarvoor voorlę.

 

***********************************

 

PROGRAM

 

Die byeenkoms word in die Karakoelsaal op die Upingtonse Skougronde gehou en die program sal min of meer soos volg verloop:

 

09:30        Opening en verwelkoming

 

09:45        Boeregrond:  Ons erfenis : Dr Ronnie van der Merwe

 

10:15        -   Die Bittereinders : Oorweldig maar nie verslaan nie

-         Koos de la Rey en Manie Maritz : Bittereinders by uitnemendheid

-         Die Noord-Kaap : Toneel van verborge Afrikanergeskiedenis

Prof Andries Raath : Professor in Regsfilosofie en Staatsreg aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat en hoog-aangeskrewe kenner van Afrikanergeskiedenis en die visioene van Siener van Rensburg.

 

11:30        Tee

 

12:00        Vryheid : Ons dure plig : Frikkie Strauss

 

12:15        Aksieplanne :  Besprekings onder leiding van Dr Ronnie van der Merwe

 

13:00        Verdaging en ligte middagete (teen lae koste)

 

Geen toegangsgeld word gevra nie, maar daar sal geleentheid wees vir donasies ter delging van die kostes van die vergadering en ‘n verskeidenheid goeie boeke sal te koop aangebied word.

 

Navrae:                                                 Japie Chambers       (Springbok)   083  317 2980

                  Yvonne de Jager      (Upington)     082  338 0934

 

Die byeenkoms word deur die Boere-Afrikaner Vryheidsinisiatief gereël.  Die BVI is op 12 Oktober 2002 te Matjiesfontein in die lewe geroep en het voortgevloei uit die suksesvolle Bittereinderdagherdenking wat op 31 Mei 2002 te Soetwater gehou is.  Die BVI strewe na die herwinning van ons volk se vryheid.   Die BVI glo dat die voortbestaan van ons volk onlosmaaklik aan die behoud van ons grond verbind is.

Meer inligting oor die BVI, en die aksies wat geneem word ter herwinning van ons vryheid en die behoud van ons grond, is beskikbaar op ons webtuiste by VRYHEIDENREG.COM of kan verkry word deur 022  913 2391 te skakel.  Ons administratiewe kantoor is in Piketberg.      

 

 

PIKETBERG
Adres: Langstraat 101, Posbus 339, Piketberg, 7320
Tel: (022)  913 2353/913 2391 | Faks: (022)  913 1482 | Sel: 082  493 3785
E-pos:
BVI@xsinet.co.za