|
|
|
|
Boeregrond
– Ons erfenis deur Dr Ronnie van der Merwe
Die
onderstaande lesing is gelewer tydens die reeks vergaderings wat die
Boere-Afrikaner Vryheidsinisiatief gedurende die week van 8 Oktober 2007 in
Transvaal gehou het. Dr Ronnie van der
Merwe is ‘n boer van Fraserburg in die Karoo. Hy het in 1976 aan die Universiteit van
Stellenbosch in die Genetika gepromoveer en was daarna vir baie jare betrokke
by die inisiëring van die toepassing van wetenskaplike teelmetodes in die
Merinobedryf. In dié tyd het hy
‘n selfstandige skaapras, die Boesmanlander ontwikkel. In 1984 het hy die
landbou-skrywersvereniging se toekenning as Nasionale Landbou-kundige van die
jaar ontvang. Hy is reeds vir baie
jare betrokke by verskeie aksies ter behoud van Boeregrond as nasionale
erfenis van die Afrikanervolk en is tans die voorsitter van die BVI. Dr van
der Merwe is gewillig om kommentaar te ontvang en vrae te beantwoord en sy
kontakbesonderhede is soos volg: Tel :
02072 2221 of 023 741 1253
Sel : 073 553 7773
E-pos : cvofraser02@telkomsa.net ************************************************************************* INLEIDING Oor al die eeue
was grondgebied die primêre bron van konflik tussen volkere. Grondgebied was die behoueringsisteem
waarbinne volkere hulle onderskei het met betrekking tot ontwikkelingsvermoë
– die skepping van voorspoed en armoed.
Dit was dan dié behoueringsisteem waarbinne kultuurontwikkeling van
volkere plaasgevind het met ‘n gevolglike natuurlike diversiteit tussen
volke. Diversiteit tussen volkere is
‘n inherente deel van God se skeppingsorde. Dit bring egter die inherente versugting na
ander se goed as ‘n ewige versoeking. Boeregrond was
die noodsaaklike ruimte waarbinne die Afrikaner as volk met ‘n eie
kultuur ontwikkel het, ‘n Westerse vaardigheidskultuur gewortel in die
Gereformeerde lewensbeskouing: nie om
onbeskaafd te raak in Afrika-afgesonderdheid nie, maar om die lig van die
beskawing in te dra en instand te hou.
‘n Unieke eurosentriese Afrika volk met inherente genadegawes
wat hulle vandag in die ontwikkelde wêreld as gesogte intelligentia en
werkers onderskei volgens die empiriese getuienis oor ons volksgenote in
diaspora regoor die wêreld. Slegs die
ongekontamineerde bewaring van die Boere–Afrikanervolk op eie grond kan
verder as enjin dien wat die hele Suider–Afrikaanse trein aan die loop
kan hou. So stroom daar vandag
miljoene migrante uit vrye Afrika na die gruwelike oorblyfsels van apartheid
vir ‘n stukkie brood. Die
voorspoed wat ons volk kan skep het begeerlikheid gewek wat ‘n
komplekse veroweringsobsessie tot gevolg gehad het met
Afrika-agtergeblewenheid wat grypsug aanvuur. Die grondslag
van hierdie veroweringsaanslag was gebaseer op Harvardse modelle vir die
bestuur van massa-psigose van veelvolkige samelewings. Hiervolgens kan van minderheids–
magsgroepe feitlik geweldloos ontslae geraak word. ‘n Kernaspek
van hierdie strategieë is om medewerkers vanuit die magsgroep self te verkry
wat as katalisators of tussengangers kan optree, mense na wie in naïwiteit
opgesien word en wat beklee is met openbare gesag. Hulle moet die ondergang van hulle eie
magsgroep help bewerkstellig. Ons is
tans in ‘n gevorderde fase van volksvernietiging met bykans 25% reeds
in diaspora regoor die wêreld. Die politieke verowering
volgens Harvard se resep sonder geweld was ‘n reusesukses, soos een van
die katalisators en vorige minister en vertroueling van die grootste deel van
die Afrikaners dit opsom. Dr. Stoffel
van der Merwe sê in Beeld van 21
Oktober 2006: ”Ons het planne gemaak en ons
kiesers ander stories vertel om die vrede te bewaar ………. op
die keper beskou was dit seker oneerlik.
Ja, dit vat aan ‘n mens.” Die tweede fase
van verowering is ver gevorder en volg ‘n briljante roete van
verowering van die wit ekonomie sonder verset of geweld, naamlik die
SEB-skema. Moeletsi Mbeki sê die ANC
het nooit aan so iets gedink nie. Dis
‘n stelsel waarmee groot korporatiewe maatskappye vorendag gekom het,
‘n stelsel waardeur die wit korporatiewe wêreld sy eie swart verowering
bewerk-stellig en self tot selfvernietiging genereer. (Die Burger, 22/11/05) Die kulturele
aanslag op die totale wese van die Afrikaner is ver gevorderd. ‘n Aanslag wat oënskynlik suksesvol
strek vanaf ‘n totale vernietiging van ons soewereiniteits-begrip,
‘n verskuiwing van ons Godsbegrip en ons begrip van God se Woord tot by
die dodelike subtiele aanslag op die kultuurvervreemding van die
Afrikanerkind, alles met die oënskynlike akklamasie van die grootste deel van
ons volk. Die finale moeilike aanslag het oënskynlik
suksesvol begin, naamlik ‘n
versetlose grond-rewolusie tesame met ‘n selfgenerende oorgawe van die
landbou–ekonomie, soortgelyk aan die SEB-program van die korporatiewe
wêreld. Die generiese swart aanslag
word so ge-orkestreer dat generiese boereverset voorkom word deurdat die boer
as enkeling hom hierteen moet verdedig teen die staatsmag en ekonomiese
uitsluiting, aangesien eienaarskap gesetel is in privaat eiendomsreg. Hoewel dus van generiese belang vir die
swart aanspraak op witgrond word enige klank van witvolksbewustheid en van
grondeiendomlikheid vanuit staatsweë en vanuit eie landbougeledere begroet
met ‘n lawaai oor politiekery in die landbou. Hoewel eienaarskap gesetel
is in privaat eiendomsreg, is dit vir die hele Boerevolk se voortbestaan as
kultuurgemeenskap van essensiële belang wat met die grond gebeur mbt
eienaarskap, erfopvolging en rentmeesterskap.
Dit is dan ook tot ‘n groot mate die beskouing oor grond as
volkseiendomlike wat die skeiding bring binne Afrikanervolks-geledere. Dis ‘n skeiding wat besig is om
permanente verdelingslyne aan te neem. Aan die een kant
het ons Afrikaners wat fraksies van die historiese kultuurerfenis wil
bevorder oor kultuurgrense heen.
Kultuurgebondenheid is vir hom ‘n verleentheid. Aan volkserfenis het hy geen erg nie. Dis hierdie Afrikaner wat deur koverte
strategiese magsvestiging vandag die Afrikaanse media en Afrikaanse
korporatiewe wêreld beheer. Dis
hoofsaaklik deur hulle bemiddeling waardeur die witman deur briljante
toepassing van Harvardse massa-psigose ontmagtig word en tot
post–moderne slawerny gerangeer word ten einde sogenaamde sosio–
politieke stabiliteit in SA te bewerkstellig. Hierteenoor het
ons die Afrikaner vir wie dit ‘n naelstring noodsaaklikheid is om saam
met volksgenote binne ‘n geërfde lewensbeskouing lering en uitlewing
ongeskonde oor te dra aan die geslagte wat kom. Vir hulle is Boeregrond ‘n
onontbeerlike volkserfenis. Ons kan
hulle identifiseer as die Boere-Afrikaners of die Boerevolk in wie se
volksgebondenheid hulle globalistiese broers ‘n hekel het en hulle as
rassiste sien. Dit dan ter agtergrond
sodat u die aanslag en proses van Afrikaner (wit) ontmagtiging en ontsetting
in perspektief kan evalueer. ‘n Versetstrategie sal hiermee rekening moet hou. ‘N ETNIESE AANSLAG
Vir die
regverdiging en noodsaak van gewettigde grondroof word as grondslag voorgehou
dat die witman (verpersoonlik deur die Afrikaner) swartmense se grond gesteel
het. Vrywillige ontruiming word
gemotiveer deur die vestiging van ‘n skuldkompleks en ‘n
oorgawegees weens blatante of impliserende skulderkenning deur
Afrikanerorganisasies wat hulle voordoen om die meerderheid te
verteenwoordig. Dit word gerugsteun
deur die swart dreigement van “invation by force” wat dan die
sosio–ekonomiese stabiliteit sou ontwrig en ‘n Zimbabwe-situasie
sou presipiteer. Die individuele boer
wat teenstand bied, word nou ‘n bedreiging gemaak vir die hele
samelewing en word die vark in die verhaal.
Hy word ook geteiken vir swart plaasaanvalle en grusame moorde. (Ek weet van geen plaasmoord sedert 1994
wat gepleeg is deur ‘n Witman, Indiër of Kleurling nie.) Die aanklag teen
die witman is dat die 1913- en 1936-grondbesitwette die swartman verhoed het
om grond buite die tradisionele swartgebiede te koop (lees beset). Die swart aanslag op witgrond word openlik
en blatant polities gedrywe. Die finale verslag van die SEB-stuurkomitee
van Mei 2005 stel dit so:
”Die aanspraak wat die regering loods op die eienaarskap
van landbougrond en die landbou-ekonomie namens die oorheersende swart
kultuurgroep is polities gedrewe”.
Dit is dus ‘n etniese aanslag vir die verowering van die goed
van ‘n ander, duidelik gedefinieërde etniese groep, naamlik die witman. Wat is die
geskiedkundige feite oor grondverdeling?
In die jare voor 1913 was die politieke risiko van stemgetalle van
anderskleuriges vir ‘n geordende westerse regering geensins oorweeg
nie. Wat wel duidelik was, was dat
swart stamowerhede nie bestand was teen die sakevernuf van die witman nie en
die gevaar bestaan het dat tradisionele swartgebiede aan blankes uitverkoop
kon word en dat swartmense bloot as arbeiders op hulle stamgronde sou
voortbestaan. Hierdie gronde
is deur wetgewing vir swartmense in bewaring gehou. Met die 1936-wetgewing is nog gronde
toegevoeg en navorsing het bevind dat sekere stamme toe reeds heelwat meer
gekry het as wat hulle hulleself kon toe-eien. Witgrond wat in
die Kaap mak gemaak is, was gekoop – eers van
die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie en later dieper na die binneland toe
van die Britse Kroon. Die voormalige
Boere–Republieke was internasionaal erkende Boereland. Met apartheids-wetgewing is Kleurlinge met
kompensasie verskuif maar sonder dat hulle politieke inspraak gehad het. Die Griekwas as gekleurde gemeenskap het
byvoorbeeld nie die grond gekry wat hulle bewoon het nie. ROOKSKERMS Dit word deur
die aandrywers van die grondroofproses aan ons voorgehou dat daar ‘n
onversadigbare grondhonger deur swartes is.
Opnames deur die Instituut vir Inisiatief en Ontwikkeling het egter
getoon dat slegs 2% van respondente belangstel in landelike boerdery. Stedelike behuising en werk is by verre
(68%) die grootste behoefte. Verder word die oorname van witgrond gesien as ‘n kortpad om
armoede te verlig. Die natuurlike gang
van die landbou-ekonomie is egter sodanig dat al meer mense (wit en gekleurd)
die landbou moet verlaat. Die afgelope
10 jaar het Blanke boere verminder vanaf 57 980 tot 45 818 (Die Burger,
14/4/05). Sommige statistiek wil dit
dat die getal nou slegs 35 000 is.
Sedert 1994 het sowat 2,7 miljoen
plaaswerkers na dorpe getrek of verstedelik. Die Amerikaanse
Voedselbeleidsinstituut se navorsing in Afrika toon dat die wortel van
hongersnood in Afrika geleë is in te veel bestaansboerderye en dat die
oplossing geleë is in moderne kommersiële boerdery. Daarom word Zimbabwe se witboere nou
opgeslurp in buurstate wat vroeër sy witboere verjaag en doodgemaak het. Die vestiging van kleinboere op kommersiële
produksie-eenhede is ‘n seker resep vir permanente armoede en
staatsafhanklikheid, tesame met die verhoging van risiko van binnelandse
voedselvoorsiening en verhoogde afhanklikheid van voedselinvoere. Daar word groot
gewag gemaak daarvan dat 80% van die land se grond in blanke hande is. Volgens die Departement van Landbou se
jaarverslag gedateer 29/8/03 is die totale oppervlakte van Suid-Afrika 122
000 000 ha. Die totale staatsgrond
beloop 24 919 290 ha, wat heel waarskynlik 15 000 000 swart stamgronde insluit. Kommer-siële landbougrond beloop 11 788 618 ha. Die staat is onseker aan wie die orige 83 717 759 ha
(68,67%) van die land se grond behoort. Hierbenewens het
die swartgrond besondere hoë potensiaal wat totaal onontwikkel bly lê het
terwyl witgrond tot eerste-wêreld-status ontwikkel is. Ons ariede gebiede is allerweë in die
wêreld bekend as die bes-ontwikkelde woestynland ter wêreld. Van ‘n tekort aan landboupotensiaal wat
tot satisfaksie van swart voornemende landbouers ontwikkel kan word, is daar geen sprake nie. Die aanslag op
wit landbougrond gaan egter nie oor landbou-behoefte by swart mense nie. Volgehoue teenargumente met voorbehoud van
volhoubare landbouproduksie as basis, is nie relevant tot die motief van die
aanslag nie. Die brute verowering van
witgrond is die simboliek van volslae magsoorname. En die besitname
van ‘n vorige magshebber se oënskynlike rykdom wat sogenaamd verwerf is
ten koste van die onderdruktes is die dryfveer. Dit was die motief van alle grondrewolusies
regoor die wêreld. Instandhouding
van produksie en voedselsekerheid is nie ter sake nie. Dr. Johan van Rooyen (Hoof SA
Wynbedryfsraad) sê doeltreffende landboubeoefening sal nog ten minste 30 jaar
neem om te vestig. (Tot dusver was 90%
van alle grondoordrag na swart gemeenskappe ‘n volslae mislukking met
miljarde Rande se landbouskade.) Hy sê
slegs 30% van die boere produseer in elk geval 70% van die produkte. Produksie by swart boere is nie belangrik
nie, sê hy. Wat wel van uiterste
belang is, is dat die maatskaplik–politiese behoeftes van swart mense
voorsien word; slegs
getalle en hektare sal die politieke gemeenskap kan bevredig. Die proses van grondroof het begin by die
veronderstelling dat sekere grond onregmatig deur wit mense besit word en eintlik tradisioneel behoort aan swart
families. Algemeen aanvaar. Soos wat die 1936-wet die 1913-wet aangevul
het, kon daar nog foute gekom het met rondtrekkende en voortvlugtende swart
stamme se grondidentifikasie. Maar dié
gronde is ingevolge internasionaal erkende regsreëls gekoop en betaal en sal
dan ook deur ‘n ordelike regsproses en op ‘n basis van vrywillige
koper en verkoper teruggekoop word vir die suksesvolle eisers. Alles baie sindelik en ordelik. Maar nou betaal
die staat nie beide landsburgers se regskostes by die betwisting of ‘n
eis regmatig is of nie. By implikasie
sê die staat die eienaar is skuldig totdat hy sy eie onskuld bewys. Hierbenewens word regsgeldig bewese eiendomsreg
nou gelyk gestel met ongetoetsde Afrika-oorleweringe. Soms is daar veel meer eise as wat daar
grond is. Korrupsie in die Kommissaris
se kantore moet verder teen hoë koste teengewerk word. Die argiewe is in chaos en maak verdediging
moeilik. Geteikende plaasmoorde en
ongekende diefstal verleen stukrag aan eise teen boere wat eise
teenstaan. Die wat hul eiendom via die
reg wil verdedig, word as moedswillig en rassisties uitgeskel en
gedemoraliseer. (Boeremoord verhouding
sedert 1994 beloop 313/100 000 teenoor ‘n wêreld gemiddeld van 5/100
000, terwyl totale diefstal vir 2006/7 vir vee, produkte, gereedskap en
inbrake R1 077 176 000 beloop.) Die
afsnydatum vir grondeise was 1998.
Tans kom daar nog steeds nuwes te voorskyn, ‘n Totaal van 74 539 eise het
ingekom. DIE DOELPALE SKUIWE
Toe word die doelpale geskuiwe. Nog witgrond
moet ontruim word, omdat die bevolking-samestelling dit nou eis. Alles egter binne die vrye
markstelsel. Die mikpunt is egter dat
teen 2014 daar 30% van die witgrond ontruim moet wees. In 2001 teken Agri SA namens die hele land
se witboere, lede en nie-lede, die landbousektorplan waarin onderneem word om
die regering te help om sy mikpunt te bereik.
Die voorwaarde is die behoud van landbouproduksie en voedselsekerheid
en die vrye markstelsel. Die staat
moet verder sekerheid gee van van goeie regering, behoud van globale
mededingingsvermoë, kennis en innovasie, veiligheid en sekuriteit. Agri SA sal die wit landbou voorberei vir
die proses. Dr. Jan du
Plessis, bekende politieke ontleder, sê egter dat die regering se
regeervermoë by die dag verswak en dat hy sy deel van die ooreenkoms nie
nakom nie. Landbou se internasionale
mededingingsvermoë verswak, navorsing en voorligting het in duie gestort en
van veiligheid en sekuriteit is daar weinig sprake (LBW 5/1/07). Johan Willemse, bekende landbou-ontleder,
sê die regering sit met baie geld, maar het nie meer besteevermoë nie (LBW
1/6/07). (In die Staatsdiens is 44 000
poste vakant en funksioneer nog feitlik net die Departement van Binnelandse
Inkomste doeltreffend.)
Nieteenstaande neem die regering se ongeduld
toe. Witboere word in die
beskuldigde-bank ingetrek, synde prosesse te
vertraag met onderhandeling en hoë grondpryse. Die doelpale skuif verder en daar word nou gekyk na die gewillige
koper/verkoper-meganisme in die vrye mark.
Onteiening verskyn as verdere opsie.
Dis tog tewens in publieke belang dat swartmense witgrond moet kry,
word gesê. Tot die wit dromstokkie,
Dirk du Toit, slaan op die Afrikatamboer met ‘n voortydige dreigement
van plaasonteienings in reaksie op onbillike afsetting van werkers. Agri SA kan nou uitklim uit die ooreenkoms
in die 2001 sektorplan, maar hy doen dit nie.
Daar is darem ‘n sonsondergang klousule van 2014 – 30%. Dan skuif die doelpale nog verder. In die Parlement sê die Minister van
Landbou: ”Grondsake
bly ‘n grondwetlike mandaat.
Sodra die restitusie-eise afgehandel is en die teiken van 30% bereik
is, sal daar voortgegaan word totdat die demografie van ras weerspieël word
in grond besit.” DB 30/6/07) Maar dit skrik
Georganiseerde Landbou nie af nie!
Die regering val vas. Sy
administrasie en bemagtigingsresultate lyk beroerd. WITMAN MOET EIE
ONDERGANG BEWERKSTELLIG
Nou skop die volgende fase in. Die wit
tussengangers moet inisiatief neem dat die witman homself kan oorgee, ter
wille van ‘n “stabiele” samelewing. Dit te midde van die vooropgestelde
verwringing van die vrye mark, asook dat daar ‘n moratorium op
herverhandeling van swart-grond ingestel word. Laasgenoemde verhoed dat die witman met sy
ekonomiese en landbou- vaardigheid witgrond kan herstel. Annelize Crossby
van Agri SA sê Georganiseerde Landbou is verheug dat sy grondhervor-mingsplan
wat al in 2006 opgestel is, nou byval vind.
In plaas daarvan dat grondhervorming gebiedsgekonsentreerd is, word die aanslag nou landwyd versprei en die mikpunt
van 30% teen 2014 en moet nou landwyd op distriksbasis nagestreef word. Dit word nou die verantwoordelikheid van
elke distrik se witmense.
Munisipaliteite sal grond identifiseer en ook geskikte grondhongeres
uitsoek. Die suksesse van wit
ontsetting sal nou die plaaslike witmense se eer of skande wees. Dit bring ‘n nuwe dimensie in die
finansiering na vore. Grondbelasting sal in oorweging kom om die
plaaslike grondroof te help finansier.
Dit te midde daarvan dat plaaslike besture die rekord hou van 98%
gekwalifiseerde ouditeursverslae, die mekka van korrupsie en wan- besteding
van publieke geld (DB 12/9/07). Volgens dié opwindende
plan sal die staat nou voortgaan om grond op te koop al is daar nie
grondhongeres nie. Dit het dan kwansuis
ook niks met grondnasionalisering te doen nie, want die plaaslike wit
gemeenskappe sal dan solank geskikte grondhongeres kweek. Grondbelas-ting kan dan ook sodanig
aangewend word dat dit grondpryse kan afdwing deur die vernouing van die
winsgrens. Skielik is grondhonger as vereiste vir
grondhervorming van die baan af. Dirk Mudge beweer dat in SWA (Namibië) se
grondhervormingsproses die plaaswerkers wat die grond moet verlaat se getal
dieselfde is as dié wat die grond betrek.
Daar is dus geen netto verhoogde swart toevoegings op witgrond
nie. In SA is hierdie som nie eens
gemaak nie, maar dit is ook nie in die groot plan
ter sake nie. Nou sal die ekwiwalente sisteem inskop as wat met
die politieke ontmagtiging van die witman operasioneel was. Die nuwe
grondplan sal gedryf word deur die “Public Private
Partnership”. Hulle gaan
‘n “Special Purpose Vehicle” skep, ‘n
een-stop-liggaam van die privaatsektor plus die Departement van Landbou wat
finansiering, aankope en mentorskappe sal fasiliteer. Hulle sal op nasionale, provinsiale en
plaaslike vlak opereer. Die finale
uitvoering sal op plaaslike vlak geskied waar agente aangestel sal word wat
seker ietsie sal kan verdien, soos byvoorbeeld plaaslike koöperasies. Biljoene rande sal vanaf die privaatsektor
ingepomp word vir die versnelde en suksesvolle wit ontsetting. Op die toneel
verskyn die Ton Vosloo’s, Mof Terreblanche’s en die Willie
Esterhuysens (F.M. Feb. 2007). Nou
begin die slagspreuke en uitsprake wat sterk herinner aan 1994 in die pers,
soos: “Kommersiële (lees wit) boere wil graag hê swart bemagtiging moet
plaasvind.” “Nog nooit was
soveel blanke boere gewillig om grondhervorming te laat slaag nie.” Agri Wes-Kaap moet 10 nuwe (lees swart)
kommersiële boere per jaar vestig sonder om in die Staat se oë te kyk vir
geld. “Word betrokke (lees by
wit onteiening) of word uitgerangeer.”
“Raak betrokke en maak die koek groter.” “Ons het al 500 projekte by Vrystaat
Agri aan die gang.” “Die
Minister moet net reg bestuur word.”
(Met die suggestie – wees gerus.) Die volgende fase van wit ontsetting gaan nou van
stapel gestuur word. Die wit planmakers vir die korporatiewe
wêreld se SEB-program se persoonlike en huishoudelike leefruimtes is
onaangeraak gelaat met hulle oorgawe van hulle aandeelhouers se
besighede. Maar die korporatiewe
wêreld is nou op dreef om wel die persoonlike en huishoudelike lewensruimte
van die witboer aan selfvernietiging te help onderwerp deur die landbousektor
in die selfgenererende SEB-program te forseer. Terwyl dit ‘n tydjie gaan neem om die
meeste witgrond te bekom, kan boere en landboubesighede solank mekaar jaag om
binne hulle lewensruimte swart vennote in te skakel. Behalwe die dodelike aanslag op die witboer
se bestaansruimte en die landbou-ekonomie, word die boer se intellektuele
kapitaal, wat deel is van sy menswees, ook nou verkneg. Wat Transvaal
Landbou-Unie betref, vertolk hulle optrede dat grond nie net kommersiële
waarde het nie, maar ook van kulturele belang is, wat ‘n
verantwoordelikheid teenoor sodanige kultuurgemeenskappe behels; iets wat ons nie
elders opmerk nie. Grondbesit is
‘n voorreg wat deur inspanning en vaardigheid verdien word in ‘n
vrye-mark ekonomiese stelsel. Die TLU
beveg egter die wit onteieningsproses deur nadruk te plaas op die grondwetlike
regte van burgers sowel as die handhawing van vrye ekonomiese beginsels en
behoud van voedselsekerheid en volhoubare landbou-beoefening. VOLKOME VRYHEID DIE ENIGSTE BLYWENDE ANTWOORD Wanneer die
grondsage in oënskou geneem word, tesame met die totale staatsaanslag op die
Boere–Afrikaner as etniese groep, is daar vir hom en sy kinders as sy
erfopvolgers geen toekomstige vrye bestaansruimte binne die huidige swart
gedomineerde wetgewende omgewing nie.
Daar is net een uitweg, net een opsie wat oop bly. Die opsie van vryheid onder volkome
soewereine eie gesag van ons eie broers deur onsself aangestel. Daarom is die grondsage net so belangrik
vir ons stedelike volksgenote. Hierdie
opsie kan landbou-organisasies nie genereer as beleid nie. Dit moet begin posvat in die harte van ons
mense op alle terreine en ons sal op grondvlak moet koördineer en ons
volksgenote met nuwe hoop na die toekoms laat kyk en werk. Die
Boere–Afrikaner sal self sy maatskaplike en kulturele uiteinde moet
uitmaak met sy verloopte broers en voor sy God, ons God van Bloedrivier en
Majuba. Ons Christus-gesentreerde
kultuur is onverenigbaar met ‘n Afrika-boskultuur uit die
ystertydperk. Hierdie huidige bedeling
sal ons moet erken as God se strafgerig oor ons omdat ons sy weë verlaat
het. Met ons moderne
lewensingesteldheid het ons die getuienis vir sy Naam op alle lewensterreine
versaak. In die landbou het ons ons
getuienis as rentmeesters van sy eiendom gruwelik verwaarloos. Ons sal as Boerevolk in voortdurende
verootmoediging moet gaan, omdat ons self geestelike agtergeblewenes geword
het. Ons sal die hand
aan die ploeg moet slaan en by volksgenote die vryheidsvlam aansteek en vir
mekaar intree in gebed tot ons Verlosser.
Ons sal vir ons globalistiese broers duidelike seine moet deurgee dat
ons nie deel van hulle statistiek is wat hierdie Godlose regering wil bystaan
in ons eie uitwissing nie. Neem jou
rentmeesterskap op in die nering waarvoor God jou laat berei het om sy
koninkryk te dien. Gee aan jou broer
(jou volksgenoot) die eerste lossingsreg wanneer jy die landbou wil
verlaat. Rek die swart
bemagtigingswette se grense tot by breekpunt toe – ons het tyd nodig. Neem ons broers
en susters in diens. Dis ons
plig. Daar is tans 900 000 van hulle
werkloos. Veiligheid sal hiermee na
ons plase terugkeer. Wees geduldig met
hulle op plase solank hulle landbouvaardighede aanleer. Vir ons broers in die korporatiewe wêreld
sê ons daar is ‘n magdom van kennis en vaardigheid wat onbenut lê
– werkloos. Voed ons kinders
self op onder Christus se gesag alleen.
Maak gereed vir die Josafat-opsie.
“Trek die volle wapenrusting aan en
gaan na die strydperk en kom kyk hoe Ek jou vyand voor jou
verslaan.” Kom ons doen dit op
alle lewensterreine. Kom ons stel
opnuut in vooruitsig die nastrewing van die Gelofte dat ons ‘n
Boerevolkshuishouding tot sy eer onder sy wetgewende en territoriale gesag
wil en sal vestig as Hy ons hierdie keer nog genadig sal wees. Tot tyd en wyl
die vryheidspad oopmaak voor ons, moet ons werk om die sin van volkome
vryheid as enigste langtermyn opsie in die harte van ons mense te vestig en
hulle kinders so op te voed, want ons is slegs knegte van die ALLERHOOGSTE
alleen. Afkortings: DB: Die Burger LBW: Landbouweekblad FM: Financial
Mail
PIKETBERG |