|
VIR VRYHEID EN REG |
![]() DIE
AFRIKANER VRYHEIDSBELOFTE In die teenwoordigheid van die heilige
God van hemel en aarde, in erkenning aan sy oppergesag en voorsiening
en in biddende afhanklikheid van sy hulp en leiding betuig ek, ……………………………………………………..
hiermee soos volg:
v
Ek is oortuig dat vryheid die Godgegewe reg
is van elke volk op aarde wat bereid is om die offers daartoe te bring.
v
Ek glo dat die Afrikanervolk, wat met Die
Gelofte aan God verbonde is, nie alleen ‘n onvervreembare reg
tot vryheid in sy eie land het nie, maar ook ‘n dure plig om daardie
vryheid te verwerf.
v
Ek weier om langer te berus in die verlies
van die vryheid van my volk.
v
Ek gee
hiermee my wil te kenne om
my vir die herlewing van my volk se vryheidsideaal te beywer en om soveel
moontlik van my mede-Afrikaners tot dieselfde ingesteldheid oor te haal.
v
Ek belowe om al my beskikbare kragte en hulpbronne
aan te wend vir die verwesenliking van die vryheidsideaal van my volk.
v
Dit is
my opregte voorneme om aktief
by die werksaamhede van die Boere-Afrikaner Vryheidsinisiatief betrokke
te raak en wel in 'n positiewe, opbouende en samewerkende gesindheid.
v
Ek aanvaar Die Bybel, wat die Hervorming ten grondslag gelê het, as die geopenbaarde
wil van die Drie-enige God en onderwerp myself in my openbare en private
lewe en in my betrokkenheid by die Boere-Afrikaner Vryheidsinisiatief
aan die lewensreëls van die Woord van God. ………………………………………………………………………… HANDTEKENING PLEK…………………………………………………….. DATUM………………………………………………. Geagte Mede-Afrikaner Baie dankie dat u hierdie belofte geteken het. U het daardeur betuig dat u getrou wil wees
aan die waardes, beginsels en ideale van u volk. U het ook ‘n tree gegee wat, saam met
dié van andere, uiteindelik ‘n opmars na ‘n nuwe, vrye Afrikanerrepubliek
SENTRALE VRYHEIDSKOMITEE
Stoor Die Afrikaner Vryheidsbelofte PIKETBERG |