|
|
|
|
AGRI SA SE
ROL IN GRONDHERVORMING
AGTERGROND
Uit ‘n baie deeglike ondersoek in verband met die
grondhervormingskwessie wat die voorsitter van die BVI, Dr Ronnie van der
Merwe gedoen het, het ‘n kernwaarheid na vore gekom. Die ANC se vermoë om grondhervorming op
hulle eie deur te voer, het bykans geheel en al verkrummel. Hulle het geen direkte lyne van
kommunikasie met Afrikanerboere nie en sal slegs Afrikanerboere se deelname
aan die proses deur die bemiddeling van Agri SA kan verkry. Indien Agri SA uit die proses verwyder kan
word, kan dit nie anders as om in duie te stort nie. Op 27 Desember 2007 het die dagbestuur van die BVI
‘n brief aan die destydse voorsitter van Agri SA mnr Lourie Bosman
geskryf. Daarin is hierdie werklikhede
onder sy aandag gebring en Agri SA versoek om aan die grondhervormingsproses
te onttrek. Toe hulle nie daarop
antwoord nie, is dit opgevolg met twee verdere briewe. Die briewe het uiteindelik uitgeloop op ‘n
ontmoeting tussen Agri SA en die BVI op 9 Februarie 2009 te Moorreesburg. Agri SA was
verteenwoordig deur sy nuwe voorsitter mnr Johannes Möller, sy hoofbestuurder
mnr Hans van der Merwe en sy regsadvisieur mev Annelize Crosby. Die BVI was verteenwoordig deur Dr Ronnie
van der Merwe en mnr Frikkie Strauss onderskeidlik voorsitter en sekretaris
van die BVI. Aan die BVI-kant was
menere Koos en Callie Liebenberg ook teenwoordig. Die gesprek het
uitsluitlik oor Agri SA se betrokkenheid by grondhervorming gehandel. Dit het in ‘n gemaklike, openhartige gees
geskied en ons kon ons standpunte oor die saak vryelik aan mekaar stel. Ons het dit aan hulle gestel dat die
grondhervormingsproses in wese niks anders as ‘n etniese aanslag teen die
Afrikanervolk is nie. Dit het niks met
staatkundige, morele, ekonomiese of humanitêre oorwegings te make nie. Dit is slegs daarop gerig om ons te beroof
van ons grond wat ons voorouers vir ons deur die bring van geweldige
persoonlike offers verwerf het. Ons
het ook ons siening aan hulle oorgedra dat die ANC-regime nie oor die vermoë
beskik om grondhervorming op Afrikanerboere af te dwing nie en dat hulle dus
organisasies en individue in Afrikanergeledere moet gebruik om Afrikanerboere
ideologies en sielkundig sag te maak om hulle grond uit vrye wil af te
staan. As die grootste landbou-organisasie
in Suid-Afrika is Agri SA vir die ANC die belangrikste instrument om hierdie
doel te bereik en indien Agri SA hulleself van die proses distansieër en alle
betrokkenheid by die fasilitering daarvan beëindig, sal die proses vanself in
duie stort. Ons het hul dus weereens
versoek om aan die proses te onttrek. Tydens die
gesprek het ons antwoorde probeer vind op die vrae wat in ons brief gestel
was. Ons het nie spesifieke antwoorde
daarop gekry nie, maar kon uit die gesprekke sewe redes identifiseer waarom
Agri SA nie aan grondhervorming wil onttrek nie. Na afloop van die gesprek het ons in ‘n
opvolgbrief aan die voorsitter die sewe redes gelys en ons standpunte
daarteenoor gestel. Agri SA het op
hierdie brief gereageer deur die debat te beëindig. Ons het hulle meegedeel dat ons dit betreur
en aan hulle bevestig dat ons sal voortgaan om alle middele tot ons
beskikking te gebruik om hulle te beweeg om aan die grondhervormingsproses te
onttrek en ons sal probeer om besoekers aan hierdie webtuiste voortdurend op
hoogte van verwikkelinge te hou deur berigte daaroor in die Vryheidsbulletin
te plaas. Die onlangse uitgawes van
die Vryheidsbulletin verskyn elders op hierdie webtuiste. Al die korrespondensie tussen die BVI en
Agri SA verskyn hieronder.
Dagbestuur van die BVI
*********************************
27 Desember 2007
Mnr Lourie Bosman President Agri SA Posbus 1508 PRETORIA
Geagte mnr Bosman,
AGRI
SA EN GRONDHERVORMING
Die Boere-Afrikaner Vryheidsinisiatief beywer hom sedert sy stigting in 2002 vir die herstel van die vryheid en volkome soewereiniteit van die Afrikanervolk. Ons het vroeg reeds egter besef dat die ontruiming van Afrikaners vanaf tradisionele Boeregrond, en die gevolglike swart verowering daarvan deur die grondhervormingsproses, hierdie strewe van ons kan kelder en ons het besluit om aksie te neem om die proses te stuit. (Die woord “grondhervorming” soos ons dit gebruik, dui op al die verskillende gedaantes waarin die veroweringsproses tot uitdrukking kom naamlik grondrestitusie, grondherverdeling en swart ekonomiese bemagtiging. Ons wil dit ook stel dat die woord grondhervorming ‘n misplaaste benaming vir die proses is. Ons gebruik egter maar die woord omdat dit die algemeen-bekende benaming is).
Ten einde ons te vergewis van al die tersaaklike feite en om tot ‘n nugtere en gebalanseerde beoordeling van die saak te kom, het ons die relevante historiese en komtemporêre literatuur bestudeer. Dit het ingesluit geskrifte van historici en volkekundiges, asook berigte in die media wat onder andere die uitsprake van verskillende rolspelers in die landbou gedek het.
Verder het ons ‘n inligtingsveldtog onderneem wat bestaan het uit die hou van talle vergaderings en die verspreiding van ± ‘n halfmiljoen pamflette. Die terugvoering wat ons daaruit ontvang en die regstreekse kontak wat ons met boere gehad het, het ons in direkte voeling met boere op grondvlak gebring. In die proses het ‘n aantal kernwaarhede uitgekristalliseer en ons noem dit net hieronder. Volledige motivering sal u vind in die aangehegte afskrif van ‘n toespraak wat ons voorsitter, Dr Ronnie van der Merwe op ons onlangse reeks vergaderings in Transvaal gehou, het asook in geskrifte op ons webtuiste by www.vryheidenreg.com en boeke wat by ons kantoor beskikbaar is.
I. Die grond wat ons as Afrikaners van ons voorouers geërf het, het hulle op ‘n eerlike, volkeregtelik-erkende wyse en deur die bring van die grootste denkbare offers verkry. Afrikaners het niemand anders se grond gesteel nie. Daarvoor is daar onomstootlike, onweerlegbare historiese getuienis.
II. Hedendaagse Afrikaners is onder geen verpligting van enige aard om hulle grond aan swartes af te gee nie. Ons skuld dit aan niemand behalwe ons eie kinders nie. Geen swarte het derhalwe ook enige aanspraak op die grond wat ons voorouers aan ons nagelaat het nie
III. Behalwe vir die enkele uitsonderinge stel swartes in Suid-Afrika nie belang in landbougrond as ‘n bron van bestaan nie. Hulle het nie die wil of die vermoë om te boer nie. Daarom het bykans alle hervestigingsprojekte op voorheen blanke kommersiële plase op 'n mislukking uitgeloop en het daar tot dusver feitlik geen tasbare ekonomiese of finansiële voordele vir swartes uit die grondhervor-mingsproses voortgevloei nie.
IV. Teen die agtergrond van bogenoemde en uit ‘n ontleding van die uitsprake van ministers en ander amptelike woordvoerders van die ANC-regering is dit glashelder dat die grondhervormingsproses geen ekonomiese of humanitêre doelwitte het nie. In sy diepste wese is dit ‘n polities-gedrewe etniese aanslag op die Afrikanervolk wat daarop gerig is om ons van ons erfgrond te verdryf, ten einde van ons ‘n magtelose prooi vir uiteindelike vernietiging te maak. Dit is dus slegs ‘n fase in die proses van etniese suiwering waarmee hulle besig is, ‘n voortsetting van die Oorlog teen die Boere. Dit is presies dieselfde oorlog wat na 1902 teen ons voortgesit is toe Alfred Milner gesê het: “The war will continue; it will not be a war with bullets anymore, but it will be war still”. Die speerpunt van hierdie oorlog is tans gerig op die Afrikanerboere en vind ook uitdrukking in die slagspreuk, “Kill a farmer, kill a boer” en in die haatspraak teen Afrikanerboere van die Minister van Landbou en haar Adjunk. Dit is moontlik dat Afrikaners op die oomblik, terwyl u hierdie brief lees, besig is om aan die hand van hierdie wrede moordenaars te sterf. Hierdie aanslag is tans die grootste enkele bedreiging vir stabiliteit in die landbou.
V. Met enkele uitsonderinge is daar by Afrikanerboere geen begeerte om hulle grond aan swartes af te staan nie. Dié wat dit wel doen, doen dit onder politieke, morele of finansiële druk of uit een of ander amusante filantropiese oorweging, wat meestal slegs ‘n rasionalisering is van hulle onwilligheid om die offers te bring wat die behoud van hulle grond verg. Afrikanerboere as ‘n groep wil graag hulle grond vir hulle nageslag behou, soos wat mens dit natuurlikerwys by alle volke op aarde sal vind.
VI. Die ANC-regering is nie in staat om Afrikanerboere met geweld van hulle grond te verdryf nie omdat hulle toegelaat het dat bykans alle hefbome van mag wat hulle van die vorige regering oorgeneem het uit hulle hande geglip het. Die Polisie is reeds in ‘n staat van verlamming en die Weermag marsjeer volgens Financial Mail op sy knieë! Daarby is die Departement van Grondsake reeds terminaal siek. Dit is sterk te betwyfel of die ANC-regering in staat sal wees om te slaag met ‘n onteieningsbevel teen ‘n enkele Afrikanerboer wat gewillig is om sy erfgrond met sy lewe te verdedig.
VII. Die ANC besef dat hy slegs met grondhervorming kan slaag as Afrikanerboere beweeg kan word om vrywillig daaraan deel te neem. Die strategie is duidelik om Afrikanerboere deur ‘n proses van breinspoeling en kondisionering sielkundig sag te maak om hulle grond sonder weerstand af te gee. Die ANC het egter geen metode om die denke van Afrikaners regstreeks te beïnvloed nie. Daarom moet hy van gewillige medewerkers binne Afrikanergeledere gebruik maak. Die kerke, die media, akademici en die georganiseerde landbou is tipiese voorbeelde. Van hulle is Agri SA tans die heel belangrikste instrument wat die ANC gebruik vir sy aanslag op Afrikanergrond, omdat Agri SA die enkele landbou-organisasie is wat die grootste getal Afrikanerboere in Suid-Afrika verteenwoordig. Sonder die aktiewe samewerking van Agri SA sal die hele grondroofproses, soos wat dit tans gedryf word, in duie stort Dit is die hoofrede vir hierdie skrywe aan u.
Ons het ‘n studie onderneem van Agri SA se uitsprake en optredes soos dit in die media gerapporteer is en ons stel dit aan u dat die onderstaande15 punte óf waargeneemde feite of geïdentifiseer is as uitgangspunte onderliggend aan Agri SA se uitsprake en optredes. By die eerste lees daarvan sal u die stellinge waarskynlik onaanvaarbaar vind en u is ook welkom om daarvan te verskil Ons wil u egter versoek om dit eerlik en objektief te oorweeg. Ons gebruik die terme Boeregrond en witgrond afwisselend, afhangende van die konteks. Alhoewel die grondhervormingsproses se definisie alle witgrond insluit, is dit primêr daarop gerig om die Afrikanervolk van sy erfgrond te beroof; vandaar die gebruik van die twee terme. In wese kom dit maar op dieselfde neer.
1. Agri SA aanvaar dat die beoogde swart oorname van Boeregrond polities gedrewe is om sosio-politieke druk te bevredig eerder as om landboubehoefte en armoede by swartes noemenswaardig te ondervang.
2. Agri SA dring daarop aan dat die proses van swart oorname van Boeregrond gepaard sal gaan met volhoubare landbouproduksie. Te midde daarvan dat daar geensins met grondoordragte aan hierdie kriterium voldoen word nie (90% mislukking tot op hede) sal Agri SA dit nie oorweeg as ‘n valbylkriterium om samewerking met die regering op te skort nie.
3. Hoewel die regering die doelpale vir mikpunte vir swart oorname van Boeregrond voortdurend skuif, ag Agri SA dit nogtans noodsaaklik om aktiewe samewerking as bemiddelaar te gee ten einde die proses vreedsaam te laat verloop.
4. Agri SA aanvaar nie dat daar ‘n kulturele verbondenheid van die Boere-Afrikanervolk met sy grond bestaan nie. Agri SA ag dit ook nie noodsaaklik ter oorweging in sy rol as tussenganger in die swart oorname van Boeregrond nie.
5. Om vreedsame swart oorname van Boeregrond te bevorder, is die primêre taak van Agri SA om ‘n bewussynsverandering by boere te bewerkstellig ten einde vrywillige ontruiming te inspireer.
6. Hoewel die vryehandel ‘n onmisbare nevilleerder van nasionale landbouproduksie is, sal die moratorium op die herverhandeling van gewese witgrond vanaf swart na wit boere noodsaaklik wees om sosio-politieke stabiliteit te behou, aangesien voorkom moet word dat verowerde witgrond weer in bedrewe wit boere se hande val. So ‘n moratorium sal Agri SA se samewerking met die regering nie skaad nie.
7. Te midde van beskikbare kennis oor die verkryging van eiendomsreg op Boeregrond is Agri SA die mening toegedaan dat die regering gesteun moet word totdat swart verowering daarvan ‘n versadigingspunt bereik.
8. Agri SA sal georganiseerde kulturele verset van Boere-Afrikaners teen die sogenaamde grondhervorming en SEB in die landbou uitwys as onbehoorlike en misplaaste politiekery in die landbou.
9. Agri SA sien die “Zimbabwe-bedreiging” as ‘n onafwendbare geweldsalternatief vir vrywillige ontruiming van wit landbou.
10. Agri SA is van mening dat 40 000 wit boere nie in staat is om georganiseerd landwyd beveiligingsvoorbereidings te tref ten einde ‘n “Zimbabwe-bedreiging” te voorkom of af te slaan nie.
11. Agri SA sal nie by so ‘n landwye beveiligingsaksie betrokke wil wees nie, aangesien dit swartes se vertroue sal skaad.
12. Agri SA is van mening dat die Afrikageskiedenis ons geleer het dat ‘n vrywillige vermindering van wit boere vanaf 40 000 tot 20 000 of 10 000 of 5 000 hulle ‘n beter kans op oorlewing bied en dat landbou onder sulke omstandighede sal kan gedy.
13. Agri SA is oortuig dat hy ‘n baie groter kans het om goeie gesindhede te handhaaf tesame met medeseggenskap en bestuur sowel as volhoubare landbouproduksie, as wat mnr F W de Klerk kon bereik met medebestuur en goeie gesindhede jeens die blanke bevolking deur middel van versekerde doeltreffende gesamentlike regering in ‘n regering van nasionale eenheid.
14. Agri SA het aanbeveel dat die sogenaamde grondhervormingsproses uitgebrei word na alle distrikte regoor die land sodat meer witgrond teen versnelde tempo na swartes oorgedra kan word tot die regering se bevrediging al sou daar in sekere gebiede geen aandrang op voetsoolvlak wees nie.
15. Agri SA neem die vrymoedigheid om die “Broad Based Black Economic Empower-ment Transformation Charter for Agriculture – 22 Augustus 2007” namens alle wit boere en kultureelverbonde Boere-Afrikaners te kondoneer.
Teen hierdie agtergrond is Agri SA se betrokkenheid by die grondhervormingsproses vir ons geheel en al onverstaanbaanbaar en wel om die volgende redes:
· Die totale leierskap van Agri SA is self Afrikanerboere. Hoe is dit moontlik dat u betrokke kan wees by ‘n proses wat baie duidelik daarop gerig om die Afrikanervolk van sy erfgrond te beroof?
· U is deur mede-boere in ‘n posisie gestel waarin hulle u vertrou om hulle belange te behartig. Hoe regverdig u u betrokkenheid by die fasilitering van ‘n proses wat daarop gerig is om hulle basiese bestaansbron van hulle weg te neem en vreemdes te help om deur die SEB-proses hulle private lewensruimte binne te dring?
· U sê dat dit u doel is om die volhoubare winsgewendheid en stabiliteit van kommersiële landbouproduksie te bevorder, wat suiwer landbou-ekonomies van aard is en u beroem uself op nie-betrokkenheid by die politiek. Tog is u betrokke by die ANC se grond-hervormingsagenda, wat ‘n suiwer politieke aksie is. U handel ver buite u eie mandaat. Hoe regverdig u dit?
· U onderhandel met die ANC oor die oorgawe van Boeregrond terwyl u nie eers die meerderheid Afrikanerboere verteenwoordig nie. U het nie daardie reg nie. Op grond waarvan eien u dit vir uself toe?
· U het geen verpligting teenoor die ANC-regering om enigsins met hulle grondhervormingsplanne te help nie. Waarom wil u vir uself dan langer diensbaar stel aan die ANC se anti-Boere grondagenda? En as u in terme van ooreenkomste met die regering so ‘n verpligting op u geneem het, is u dan nie reeds lankal, op grond van hulle verbreking van hulle deel van die ooreenkomste, nie meer daaraan gebonde nie?
Ons wil dit aan u stel dat dit vir ons onmoonltlik is om in te sien dat u kan voortgaan om by so ‘n bedenklike saak soos die ANC se grondhervormingsoffensief betrokke te bly. Daarom wil ons twee versoeke tot u rig, naamlik:
Ø Erken teenoor uself dat u gefouteer het deur by die grondhervormingsproses betrokke te raak, maak uself in die openbaar daarvan los en moedig al u filiale aan om dieselfde te doen. Beëindig alle gesprekke met ANC-funksionarisse wat op die bevordering van grondhervorming gerig is en onttrek uself aan alle strukture wat daarvoor opgerig is. Ø Begin om strukture en aksies op die been te bring om u lede te beskerm teen die aanslag op hulle grond. Soos reeds vroeër in hierdie brief gestel, is die ANC se grondhervormingsaksie op die oomblik die grootste enkele bedreiging vir die stabiliteit en volhoubare winsgewendheid van Afrikanerboere. Die volgende aksies is voorbeelde van wat ons in gedagte het:
- Plaasaanvalle, plaasmoorde en onwettige grondbesettings is tans die mees akute bedreiging vir Afrikanerboere. Begin om ‘n landswye veiligheidsaksie te inisieër en by boere die nodige paraatheid te skep ten einde plaasaanvalle en onwettige grondbesettings effektief teen te staan.
- Bemagtig boere met die nodige kennis om die ANC-propaganda wat daarop gerig is om hulle tot oorgawe te intimideer en te indoktrineer, effektief te neutraliseer.
Ons glo dat u in beide van hierdie aksies ‘n baie gewillige bondgenoot in TLUSA sal vind.
Ons besef dat dit wat ons van u vra fundamentele veranderinge in u denkpatrone sal verg. Dit sal inderdaad ‘n radikale paradigmaskuif moet wees. U staan egter by ‘n beslissende moment in die geskiedenis, ‘n flitspunt op die pad van ons volk. Deur die regte keuse te maak, kan u die gang van die geskiedenis verander soos wat ons voorouers dit by verskeie geleenthede gedoen het. Ons vertrou dat u die geloof, die visie, die moed, die kwaliteit van denke en die krag van dade sal openbaar wat dit verg. Mag die God van die Bybel, van Vegkop, Bloedrivier, Paardekraal en Majuba u daartoe help.
Met agting
F J STRAUSS
SEKRETARIS
************************************
19 Februarie 2008
Mnr Lourie Bosman President Agri SA Posbus 1508 PRETORIA
0001
Geagte mnr Bosman,
Graag verneem ons of u ons ingeslote brief van 27 Desember 2007 ontvang het en wanneer ons kan verwag om ‘n antwoord daarop te ontvang.
Met agting
F J STRAUSS
SEKRETARIS
************************************
18 Maart 2008
Mnr Lourie Bosman President Agri SA Posbus 1508 PRETORIA
0001
Geagte mnr Bosman, AGRI
SA EN GRONDHERVORMING
Ons verwys na ons briewe van 27 Desember 2007 en 19 Februarie 2008, waarop ons tot dusver nie ‘n antwoord of ‘n ontvangserkenning ontvang het nie. In die eersgenoemde brief het ons sekere feite wat op die grondhervormingsproses betrekking het aan u voorgelê en bepaalde standpunte aan u oorgedra. Verder het ons dit aan u gestel dat Agri SA se betrokkenheid by die proses vir ons geheel en al onverstaanbaar is en vyf pertinente vrae in verband daarmee aan u gestel. Aan die einde van die brief het ons u versoek om u in die openbaar van die proses los te maak.
Aangesien ons brief nie beantwoord is nie moet ons, ten einde vorentoe te kan beweeg, ongelukkig sekere aannames maak. Ons neem aan dat u nie die feite wat aan u voorgelê is, kan weerlê nie en ook nie die geldigheid van die standpunte wat aan u oorgedra is nie. Ons moet verder ook aanvaar dat Agri SA nie van voorneme is om homself van die grondhervormingsproses los te maak nie. Ons bly egter nog steeds daarvan oortuig dat grondhervorming ‘n immorele, bedenklike agenda van die ANC is wat daarop gerig is om ons van ons erfgrond te beroof en dat Agri SA op die oomblik ‘n sleutelrol speel om hierdie agenda uit te voer. Aangesien ons glo dat die proses tot stilstand sal kom sonder Agri SA se betrokkenheid is dit ons voorneme om alle middele tot ons beskikking te gebruik om Agri SA te beweeg om aan die proses te onttrek.
Met agting
F J STRAUSS
SEKRETARIS
************************************
8 April 2009
Mnr Johannes Möller Voorsitter Agri SA Posbus 1508 PRETORIA 0001
Geagte Johannes,
AGRI SA EN GRONDHERVORMING
Ons verwys na die gesprek wat ons op Maandag 9 Februarie 2009 met uself, mnr Hans van der Merwe en mev Annelize Crosby van Agri SA in die raadsaal van MKB op Moorreesburg gehad het en wil graag vir u dankie sê vir die geleentheid tot die gesprek wat u vir ons geskep het en ook vir die goeie gees waarin dit kon geskied. Ons voel ook bemoedig deur die versekering wat ons by monde van Hans ontvang het dat Afrikanerskap by u ‘n saak van erns is. Dit bied ‘n gemeenskaplike basis vir die beredenering van sake.
Die gesprek het voortgevloei uit ons brief van 27 Desember 2007, wat ons aan Agri SA geskryf het toe mnr Lourie Bosman nog voorsitter was en waarin ons vyf pertinente vrae gestel en twee versoeke in sake grondhervorming aan u gerig het. Ons stel dit op rekord dat ons tydens die vergadering nie spesifieke antwoorde op hierdie vrae en versoeke ontvang het nie en dat geeneen van die feite en standpunte wat ons in ons brief aan u voorgelê het, deur u betwis of weerspreek is nie.
Die hoofsaak waaroor dit vir ons gaan, is Agri SA se betrokkenheid by die ANC se grondhervormings-proses. Aan die begin van ons gesprek, soos ook in ons brief van 27 Desember, het ons dit aan u gestel dat die grondhervormingsproses in wese niks anders as ‘n etniese aanslag teen die Arikanervolk is nie. Dit het niks met staatkundige, morele, ekonomiese of humanitêre oorwegings te make nie. Dit is slegs daarop gerig om ons te beroof van ons grond wat ons voorouers vir ons deur die bring van geweldige persoonlike offers verwerf het. Ons het dit ook aan u gestel dat die ANC-regering nie oor die vermoë beskik om grondhervorming op Afrikanerboere af te dwing nie en dat hulle dus organisasies en individue in Afrikanergeledere moet gebruik om Afrikanerboere ideologies en sielkundig sag te maak om hulle grond uit vrye wil af te staan. As die grootste landbou-organisasies in Suid-Afrika is Agri SA vir die ANC die belangrikste instrument om hierdie doel te bereik en indien Agri SA hulleself van die proses distansieër en alle betrokkenheid by die fasilitering daarvan beëindig, sal die proses vanself in duie stort. Ons het u dus weer versoek om aan die proses te onttrek.
Die res van die gesprek het grootliks oor hierdie versoek van ons gehandel en uit wat u aan ons gesê het, het ons sewe redes geïdentifiseer waarom Agri SA nie aan die proses wil onttrek nie. Ons stel dit hieronder met ons reaksie daarop. Aangesien ons nie aantekeninge tydens die gesprek gehou het nie, het ons die reaksie soos ons dit onthou in ons eie woorde weergegee. Ingeval dit moontlik nie korrek is nie, is u welkom om ons daarop te wys. Indien ons niks te dien effekte van u verneem nie, sal ons aanvaar dat ons weergawe korrek is.
In ons reaksie hieronder gaan ons nie al die standpunte wat ons inneem, volledig motiveer nie. Dit sal die brief te lank en omslagtig maak. Indien u egter van die feite of onderliggende uitgangspunte verskil, is u welkom om dit aan ons oor te dra, met voorlegging van die feite en uitgangspunte wat u as korrek en geldig beskou. Dan sal ons volledige feitelike getuienis en prinsipiële fundering vir daardie spesifieke standpunte aan u voorlê.
v Ons is aan die grondwet gebonde en daarom ook aan grondhervorming
By monde van mev Annelize Crosby het u dit aan ons gestel dat ons almal gekies het om deel te wees van die huidige staatkundige bedeling, met die grondwet as basis. Ons veronderstel dat “almal” onder andere die Afrikaners as ‘n volk insluit. As dit wel die geval is, moet ons ongelukkig vir u sê: Dit is nie waar nie. Die meerderheid Afrikaners het op geen stadium ingestem tot die huidige grondwet van Suid-Afrika nie. U mag moontlik die JA-stem in die 1992-referendum as sodanige instemming beskou. Op die stembrief is egter net gevra of die kieser ten gunste is van onderhandelinge met die oog op ‘n nuwe grondwetlike bedeling. Daar is dus slegs JA gesê vir onderhandelinge oor ‘n nuwe grondwetlike bedeling en nie vir die huidige grondwet nie. Die stemreg is eenvoudig in Januarie 1994 deur ‘n nuwe kieswet van die destydse Parlement uitgebrei na swartes. Dit was strydig met die bestaande grondwet, waarvolgens slegs Blankes, Kleurlinge en Indiërs stemreg gehad het. Die uitbreiding van die stemreg na swartes was dus in stryd met die bestaande grondwet van Suid-Afrika en gevolglik onwettig. Dit het egter die weg gebaan vir die 1994-verkiesing en die latere opstel van die grondwet waarin ons Afrikaners as ‘n volk geen aandeel gehad het nie. Daar rus dus ook geen verpligting op ons om die grondwet te ondersteun nie. Dis egter nie waar dit bly nie.
Nie alleen is die grondwet sonder ons instemming ingestel nie, dit is die kulminering van ‘n baie lang politieke proses. Die proses het reeds net na die einde van die Tweede Vryheidsoorlog in 1902 begin het toe Alfred Milner gesê het: “The war will continue. It will not be a war with bullets anymore, but it will be war still”. Dwarsdeur die 20ste eeu was hierdie Britse aanslag teen ons daarop gerig om ons te beroof van die politieke mag wat ons as ‘n volk in die vorm van ons eie regering oor onsself gehad het, en wel met die doel om ons te plaas onder die politieke knegskap van magte wat hulle van agter die skerms kan manipuleer. Die swartes in die ANC het dit ook so verstaan. Daarom kon Thabo Mbeki sê: “They (die Afrikaners natuurlik) have won the battles, but will ultimately lose the war”. Dit is dan ook binne hierdie konteks wat uitsprake soos “Kill a farmer, kill a Boer” en “One settler, one bullet” gesien moet word. Met die 1994-magsoorname het hulle hul doel bereik en die nuwe grondwet moet dus beskou word as die konsentraat van swart en Britse aggressie teen die Afrikanervolk.
Die speerpunt van hierdie aanslag is juis geleë in die spesifieke artikel in die grondwet wat u aan ons voorhou as Agri SA se motivering vir ondersteuning aan grondhervorming. Artikel 25 bepaal onder andere dat grondonteiening in openbare belang gedoen kan word en dat openbare belang die “nasie” se “verbintenis tot grondhervorming” insluit (ons aanhalings). Uit die monde van ANC-woordvoerders weet ons nou wat die nasie se verbintenis tot grondhervorming beteken, naamlik ‘n verdeling van grond in ooreenstemming met die demografiese verdeling van die bevolking volgens rassegroepe. Dit beteken in praktyk dat Afrikaners uiteindelik tevrede sal moet wees met ongeveer 5% van die grond in die land, wat in praktyk daarop neerkom dat ons in totaliteit van ons grond beroof gaan word en dit deur ‘n proses wat gewettig word deur ‘n onwettige grondwet.
In geheel beskou is dit vir ons totaal onverklaarbaar dat Agri SA homself op grond van die bestaan van ‘n grondwet met ‘n bedenklike en bedrieglike oorsprong aan so ‘n ewe bedenklike proses soos grondhervorming gebonde kan ag en ons moet dus ongelukkig hierdie motivering verwerp. (Maar so terloops, al sou daar ook ‘n saak uitgemaak kon word dat Afrikaners in 1992 vir die nuwe grondwet gestem het, na 15 jaar is dit nie meer bindend op ons nie, want ‘n hele geslag Afrikaners, wat nie daaraan deel gehad het nie, het intussen opgestaan. Ons dink dit het tyd geword dat hierdie argument van die rakke van debatvoering verwyder word, want dit kan geen waarde meer toevoeg tot die sinvolle beredenering van die grondkwessie of enige openbare aangeleentheid in Suid-Afrika nie.)
In die algemeen wil ons u aanraai om uself in u denke te ontworstel aan die eise van die sogenaamde Nuwe Suid-Afrika en aan die grille en giere van swart politici. Rig u visie en u denke op die toekoms, want hierdie huidige politieke bedeling is besig om sigbaar in duie te stort.
v Agri SA beskou die huidige proses as ‘n ordelike proses van grondherverdeling en neem daaraan deel om te probeer voorkom dat dit ontaard in wanorde soos in Zimbabwe.
Ons stem nie saam met die siening dat die huidige grondhervormingsproses in Suid-Afrika ‘n ordelike proses is nie. Die ANC probeer maar net daaraan die skyn van ordelikheid gee. In werklikheid is dit reeds geheel en al onordelik en ons sal dit met talle voorbeelde kan motiveer. Die algehele staat van administratiewe chaos in die Departement van Grondsake is algemeen bekend en persone in u eie geledere getuig van eerstehandse ervaring daarvan. In die program Praat Saam wat op 19 Februarie op RSG uitgesaai is, sê u onder-voorsitter Dr Theo de Jager dat die gesprek van Agri Limpopo met die plaaslike Grondeisekommissaris al vier jaar gelede doodgeloop het. Hy sê ook dat daar tans nog net vier van die 26 000 mangobome oor is wat op sy eie plaas was voordat dit aan swart eienaars oorgedra is! Verder is dit ook bekend dat talle boere reeds hulle grond verlaat het as gevolg van plaasmoorde, plaasaanvalle, brandstigting en die aggressiwiteit van swart grondeienaars op aangrensende plase en dat die ANC-regering nie ‘n vinger verroer om hierdie wandade te verhoed of reg te stel nie. Ons sien niks ordeliks in die proses nie. Wat ons wel sien, is dat as Agri SA langer op ‘n “ordelike” wyse aan die ANC se onordelike proses deelneem, dit uiteindelik sal uitloop op Robert Mugabe se wanordelike proses.
v Grondhervorming is ingestel deur wetgewing van die regering van die dag en daarom moet Agri SA daaraan deelneem.
In terme van geen staatkundige beginsel wat aan ons bekend is, rus daar enige verantwoordelikheid op ‘n organisasie soos Agri SA, wat die belange van boere verteenwoordig, om die regering te help om sy grondhervormingswette uit te voer nie. Hulle het ‘n Staatsdiens van meer as ‘n miljoen amptenare en ‘n begroting van ongeveer R700 miljard en baie ander hulpbronne tot hulle beskikking om self hulle wette uit te voer. Waarom wil Agri SA die ANC help om hulle kastaiings vir hulle uit die vuur te krap?
v Agri SA is ‘n landbou-organisasie en nie ‘n kulturele organisasie nie en kyk dus bloot na die grondhervormingsproses uit ‘n landbou-perspektief. Die feit dat die meerderheid van sy lede Afrikaners is, is bloot toevallig en Agri SA kan nie die kulturele gebondenheid van Afrikaners aan hulle grond in sy betrokkenheid by grondhervorming in ag neem nie. Indien hy dit sou doen, bestaan die gevaar dat hy van sy filiale kan verloor.
Dit is sekerlik Agri SA se prerogatief om te besluit op watter gebiede hy wil opereer en welke kriteria gebruik sal word om te onderskei tussen wat relevant en wat irrelevant is. U beskou tans kulturele oorwegings as prinsipieël irrelevant. U betrokkenheid by die grondhervormingsproses bring u egter noodwendig in die praktyk op die kulturele terrein. In hierdie verband wil ons net weer beklemtoon wat ons tydens die vergadering aan u oorgedra het. Die grond wat tans in Afrikanerbesit is, is vir ons verkry deur offers wat deur ons voorouers gebring is, offers wat aan die menslik-onmoontlike grens. Die feit dat dit tans by die akteskantoor in die name van individuele Afrikaners geregistreer is, is bloot ‘n beskaafde ordereëling. Die grond behoort aan die volk as geheel en kan nie sommer na willekeur aan vreemdes verkwansel word nie. Dit is dus ons kulturele volksbesit en daaroor moet gewaak word. Nou onderhandel Agri SA oor die oorgawe daarvan aan ons volk se vyande ! U is dus direk in stryd met u eie beleid en hierdie situasie is net nog ‘n bevestiging van die onhoudbaarheid van u betrokkenheid by grondhervorming.
U sê ook dat u gekant is teen die verpolitisering van die landbou, maar Agri SA is besig om die onverbloemde politieke grondroofagenda van die ANC teen Afrikanerboere te bevorder. Hier is u ook in stryd met uself. Dit is dus in u eie belang om aan grondhervorming te onttrek en uself te bepaal by die selfverklaarde doelwitte van Agri SA, naamlik die bevordering van stabiliteit en winsgewendheid in die landbou. In terme daarvan het u nie nodig om by grondhervorming betrokke te wees nie. Dan sal u uself nie langer blootstel aan geregverdigde beskuldigings dat u vir uself besig hou met dinge wat in stryd met u doelstellings is nie. Gewone Afrikaners kan nie verstaan hoe dit moontlik is dat ‘n organisasie, waarvan die totale leierskap Afrikanerboere is, betrokke kan wees by ‘n proses wat baie duidelik daarop gerig is om die Afrikanervolk van sy erfgrond te beroof nie. Dis vir ons ondenkbaar om te aanvaar dat u graag by so ‘n agenda betrokke wil wees en ons wonder of dit nie ‘n ongewenste erfenis van ‘n vorige geslag leiers kan wees nie. In die laat tagtiger- en negentigerjare is daar geglo dat dit moontlik is om deur onderhandelinge met die ANC ‘n gunstige bedeling vir Afrikaners te beding. Baie landbouleiers het ook so geglo. Dit wat sedertdien in Suid-Afrika gebeur het, is ‘n aanskouingsles van die algehele naïewiteit van hierdie siening.
Ons dink die tyd het aangebreek vir die huidige leierskap van Agri SA om, in die lig van die heersende omstandighede en met die oog op die toekoms, u voortgesette betrokkenheid by grondhervorming indringend, krities en met die oog op die skepping van waarde vir Afrikanerboere te oorweeg. Ons is seker dat u dan tot die gevolgtrekking sal kom dat u deur politici in ‘n hinderlaag gelei is en dat u as landbou-organisasie nooit by hierdie proses betrokke moes geraak het nie.
v Agri SA moet die beginsel van gelyke toegang tot grond vir al die land se inwoners respekteer.
Wat ons betref, bestaan daar nie so-iets soos gelyke toegang tot grond in Suid-Afrika nie – nie in beginsel nie en ook nie in praktyk nie. Die swartes het geen aanspraak op en gevolglik ook nie toegang tot Afrikanergrond nie, net soos wat ons ook nie aanspraak op en toegang tot hulle grond het nie. Die grond wat Afrikanergrond geword het toe die volkere-vestigingspatroon in Suidelike Afrika gedurende die laaste helfte van die 19de eeu beslag gekry het, het ons op ‘n regmatige, volkeregtelik- aanvaarde wyse verkry. Ons het niemand se grond gesteel nie. Toe die koloniste die ou Kaapland binnegetrek het, het daar slegs rondtrekkende Hottentot- en Boesmanstamme gewoon. Hulle is deur die koloniste met vrede gelaat, maar omdat hulle die koloniste se vee gesteel het en selfs van die koloniste vermoor het, is daar teen hulle opgetree en hulle het die gebied self geleidelik ontruim. Volgens sommige historici was daar in die hele Vrystaat en die grootste gedeelte van die huidige Transvaal nie meer as 30 000 mense toe die Voortrekkers die gebiede binnegetrek het nie. En hulle het in grotte en rotsklowe geskuil uit vrees vir die moordbendes van Tsjaka en Silkaats. Waar die Voortrekkers wel grond van gevestigde swart stamme bekom het, is daar traktate gesluit, die meeste waarvan vandag nog bestaan. Niemand anders behalwe ons as Afrikaners en ons nageslag het toegang tot hierdie grond nie. Dit wat die beginsel betref.
Wat die praktyk betref: Toe Afrikaners die grond beset het wat hulle verwerf het, het hulle ook die ander volkere se reg op hulle grond erken en daar is wette gemaak wat blankes verhoed het om privaatbesit van grond te verkry in stamgebiede of kommunale gebiede, soos dit vandag bekend staan. En daardie reëling bestaan vandag nog steeds. Geen blanke kan grond besit in die gebiede wat ingevolge die 1913- en 1936-grondwette as swart gebiede geproklameer is nie. Daarom sê ons dat gelyke toegang tot grond ook nie in die praktyk in Suid-Afrika bestaan nie. In praktyk het swartes meer gelyke toegang tot Suid-Afrika se grond as Afrikaners. Dit is in werklikheid die beginsel waaraan Agri SA nou erkenning gee. U gee dus toe dat voornemende swart boere toegang tot u lede se grond het terwyl u lede geen toegang tot húlle grond het nie.
Uit die voorgaande behoort dit vir u duidelik te wees dat daar verwarring in u denke oor hierdie saak is. Dit is waarskynlik simptomaties van die verwarring wat rassevermenging oral in die wêreld skep. Die 19de eeuse Engelse denker Matthew Arnold het dit só gestel: ‘…die vermenging van persone van verskillende rasse in een samelewing lei tot verwarring van verhoudings in die menslike lewe en van alle begrippe van reg en verkeerd’. Dit is die ervaring van bykans alle rasgemengde gemeenskappe dwarsoor die wêreld. Ons sal u egter nie te hard daaroor oordeel nie, want die huidige toedrag van sake is maar net ‘n uitvloeisel van die algemene verwarring wat daar by Afrikaners ingetree het toe die gesonde beginsels vir die ordelike naasbestaan van volkere in Suid-Afrika aan die einde van die sestigerjare oorboord gegooi is en almal wat binne die geografiese grense van Suid-Afrika woon toe eensklaps een nasie geword het, met gelyke toegang tot grond. Dit is ‘n gedagte wat direk uit die Freedom Charter van die ANC kom. Die aanhef daartoe lui soos volg: “We, the people of South Africa, declare for all our country and the world to know: that South Africa belongs to all who live in it, black and white, and that no Government can justly claim authority unless it is based on the will of all the people; that our people have been robbed of their birthright to land, liberty and peace by a form of Government founded on injustice and inequality; that our country will never be prosperous or free until all our people live in brotherhood, enjoing equal rights and opportunities; that only a democratic state, based on the will of all the people, can secure to all their birthright without distinction of colour, race, sex or belief; And therefore, we the people of South Africa, black and white together – equal, countrymen and brothers – adopt this Freedom Charter. And we pledge ourselfs to strive together, sparing nothing of our strength and courage, until the democratic changes here set out have been won.”
Die Freedom Charter is die ekstrak van swart haat teen Afrikaners en ons glo nie dat u daarmee geassosieër wil wees nie. Solank u egter voortgaan om in die openbaar erkenning te gee aan die beginsels wat in hierdie dokument opgesluit lê, plaas u uself in die posisie dat u die Freedom Charter help uitvoer.
v Agri SA is een van die vennote tot die strategiese plan vir Suid-Afrikaanse Landbou (SPL) waarvan grondhervorming ‘n inherente deel is en is dus verbind tot die deurvoering daarvan.
Binne die raamwerk van die nuwe politieke bedeling wat na 1994 in Suid-Afrika ontstaan het, kan ons nie besware opper teen die plan as sodanig nie. Op die oog af lyk dit na ‘n poging om alle rolspelers in die landbou te betrek by die bevordering van die landbou as geheel. ‘n Mens sou verwag dat ‘n organisasie soos Agri SA by so ‘n aksie betrokke sou wees. Ongelukkig word die volgende as een van die prioriteitsprogramme geïdentifiseer: Die versnelling van die program van grondherverdeling vir landbou-ontwikkeling en prosesse vir die bemagtiging van teikengroepe. Aan die einde word gesê: Die vennote verbind hulle daartoe om die nodige tyd en finansiële en materiële hulpbronne te verskaf om die suksesvolle implementering van die strategiese plan te verseker.
Dit beteken dat Agri SA homself tot versnelde en suksesvolle grondhervorming verbind het. Dit is algemene kennis, maar wat nie so bekend is nie en wat Dr Ronnie van der Merwe uitgewys het, is dat die ANC-regering homself ook tot die nakoming van sekere ondernemings in die plan verbind het. Sommige daarvan het juis met grondhervorming te make. Die werklikheid is nou, soos wat Dr Ronnie van der Merwe tydens die gesprek uitgewys het, dat die ANC in die agt jaar na die ondertekening van die dokument nie een van hulle verantwoordelikhede nagekom het nie. Nie alleen het hulle nie die finansiële en materiële hulpbronne daartoe verskaf nie; uit hulle optrede is dit duidelik dat hulle hoegenaamd nie van plan is om hulle deel te doen nie. Daarenteen het Agri SA in al hierdie jare nog steeds voortgegaan om grondhervorming te bevorder en selfs aangebied om die ANC in die nakoming van hulle verpligtinge te ondersteun !
Agri SA se optrede in hierdie verband is vir ons geheel en al onverstaanbaar. Waarom het u nie uit die ooreenkoms uitgetree toe dit vroeg reeds geblyk het dat die ANC nie hulle ondernemings nakom nie? Dis ongelukkig nie waar dit eindig nie. U volgehoue uitvoering van die ooreenkoms het sekere onontkombare konsekwensies, soos Callie Liebenberg tereg tydens die gesprek uitgewys het. Alhoewel u dit nie so wil sien nie, is die SPL ‘n ooreenkoms of kontrak tussen Agri SA en die ANC, en albei partye het verpligtinge (13 prioriteite). Agri SA het sy pligte nagekom, maar nie die ANC nie. Tegnies is die ANC nou in kontrakbreuk. Sou Agri SA egter niks hieraan doen nie, beteken dit dat u die ANC se kontrakbreuk ratifiseer en dus goedkeur. Met ander woorde, Agri SA help om die ANC se onwettige proses (volgens sy eie wette) te legitimeer. Dit skep ‘n probleem, want sou dit in die toekoms nodig wees om ons tot die regsproses te wend vir beskerming, sal ons nie kan aanvoer dat die regering nie sy eie prosesse reg gevolg het nie of ons belange misken het nie. Die ANC sal bloot aanvoer dat daar ingekoop is in die proses deur die grootste rolspelers in die bedryf en dit gevolglik ‘n inklusiewe proses was, wat hoe gebrekkig ookal, algemeen aanvaar is.
Agri SA se voortgesette verbintenis tot ‘n ooreenkoms wat glad nie deur die ANC eerbiedig is nie, wek die indruk dat die organisasie Afrikanerboere se grond vinniger wil weggee as wat die ANC dit wil hê! Ons is baie seker dat dit nie u werklike bedoeling kan wees nie; trouens, uself as persoon het die proses, soos wat hy in sy huidige vorm verloop, as ‘n idiotiese proses bestempel en ons dink dat dit reeds duidelik is dat daar geen kans is dat die proses anders kan verloop nie. Ons wil u dus aanraai om Agri SA by die vroegs-moontlike geleentheid van die SPL los te maak. In hierdie verband moet u miskien ag slaan op wat Napoleon eenkeer gesê het: “Never interrupt your enemy when he is making a mistake.”
v Agri SA kan nie sy lede adviseer om in stryd met landswette op te tree nie.
Ons reken hierdie opmerking is gebaseer op ‘n foutiewe begrip van dit wat ons in ons brief van u gevra het. Ons verwag nie van u om u lede te adviseer om landswette te oortree nie. Al wat ons van u verwag, is om op te hou om hulle te adviseer om wette uit te voer wat tot hulle eie ondergang en tot die berowing van ons kinders se erfenis kan lei. U kan daarmee begin deur uself eenvoudig net daarvan te weerhou om enige openbare uitsprake ter bevordering van grondhervorming te maak en al u filiale te adviseer om dieselfde te doen.
Wat ons ook van u vra, is om u lede te bemagtig om hulle lewens en eiendom te beskerm wanneer die ANC sy eie wette oortree of in gebreke bly om dit toe te pas wanneer Afrikanerboere daardeur geraak word. In hierdie verband dink ons aan plaasmoorde, brandstigting, intimidasie, onwettige grondbesettings ens. Ons het met waardering kennis geneem van dit wat u in u eie persoonlike hoedanigheid alreeds gedoen het. Dit sal egter op ‘n nasionale skaal gedoen moet word. Dit is ook in ooreenstemming met een van u belangrikste doelstellings, naamlik om stabiliteit in die landbou te verseker.
Uit die voorgaande is dit duidelik dat ons nie saamstem met die redes vir u volgehoue betrokkenheid by grondhervorming soos dit op die vergadering na vore gekom het nie. Daarom herhaal ons die versoek wat ons in ons brief van 27 Desember 2007 gerig het, naamlik: Erken teenoor uself dat u gefouteer het deur by die grondhervormingsproses betrokke te raak, maak uself in die openbaar daarvan los en moedig al u filiale aan om dieselfde te doen. Beëindig alle gesprekke met ANC-funksionarisse wat op die bevordering van grondhervorming gerig is en onttrek uself aan alle strukture wat daarvoor opgerig is.
Ons kan ook nie aan ‘n beter slotparagraaf dink as juis die een wat in daardie brief gebruik is nie: Ons besef dat dit wat ons van u vra fundamentele veranderinge in u denkpatrone sal verg. Dit sal inderdaad ‘n radikale paradigmaskuif moet wees. U staan egter by ‘n beslissende moment in die geskiedenis, ‘n flitspunt op die pad van ons volk. Deur die regte keuse te maak, kan u die gang van die geskiedenis verander soos wat ons voorouers dit by verskieie geleenthede gedoen het. Ons vertrou dat u die geloof, die visie, die moed, die kwaliteit van denke en die krag van dade sal openbaar wat dit verg. Mag die God van die Bybel, van Vegkop, Bloedrivier, Paardekraal en Majuba u daartoe help.
Ons verneem graag van u.
Met agting
Die uwe
FRIKKIE STRAUSS
SEKRETARIS ************************************
************************************ 27 Mei 2009 Mnr
Johannes Möller Agri SA Posbus 1508 PRETORIA 0001 Geagte mnr
Möller, AGRI
SA EN GRONDHERVORMING Dankie
vir u skrywe van 13 Mei 2009. Vergun
ons asseblief enkele laaste opmerkings.
Ons dink dat ons en u bedoelinge met die gesprek nie dieselfde was
nie. Ons wou graag antwoorde hê op die
vyf vrae en twee versoeke in ons brief van 27 Desember 2007. Daar was ook nie werklik gedebatteer tussen
ons nie. Ons het bloot ons standpunte
oor sekere sake aan mekaar oorgedra.
Voordat ons behoorlik kon reageer op u standpunte is ons meegedeel dat
ons dalk in MKB se raadsaal sal moet oornag as ons nie hardloop vir die
voordeur nie! Die feit dat ons nie ‘n
behoorlike, gestruktureerde debat kon voer nie, was dan ook die rede vir ons
brief. Daarin het ons vir u probeer
aantoon dat daar, wat ons betref, geen feitelike of prinsipiële substansie is
in die motiverings wat u tydens die vergadering voorgelê het vir Agri SA se
betrokkenheid by grondhervorming is nie. Ons
verwag ook nie dat u met ons debatteer oor die aanvaarding van die grondwet
al dan nie. U self het self die
grondwet as basis vir u betrokkenheid by grondhervorming in die gesprek ingebring.
Ons het dit bloot afgewys as ‘n motivering vir grondhervorming. Die
feit dat u in beginsel die ruimte skep vir ons standpunte binne die
besluitnemings-prosesse van Agri SA is vir ons positief. Ons twyfel egter sterk of daar veel
BVI-ondersteuners ook lede van die affiliasies van Agri SA is. Ons sal dus ‘n ander roete moet volg. Ons is oortuig dat die tersaaklike feite en
beginsels wat ons in ons briewe en tydens ons gesprek aan u voorgelê het ‘n
kragtige intellektuele basis aan individuele lede van Agri SA bied om die
saak op kongresse te stel. Daarom sal
ons alle moontlike stappe neem om hulle hieromtrent in te lig en ons vertrou
dat elementêre logika op dié wyse uiteindelik binne Agri SA sal seëvier. Terselfdertyd wil ons ook vir u sê dat u as
die leierskorps nie vir individule lede hoef te wag nie. As u oortuig is dat Agri SA se betrokkenheid
by grondhervorming geen sin maak nie, kan u die leiding neem om ‘n debat
daaroor aan die gang te sit. Uself het
trouens reeds die proses soos wat dit tans verloop in die openbaar as ‘n
idiotiese proses bestempel. Die
BVI sal nie probeer om vir Agri SA beleid voor te skryf nie en ons neem
kennis van u meededeling in dié verband.
Terselfdertyd weier ons egter om te aanvaar dat Agri SA, waarvan die
totale leierskap Afrikanerboere is, uit vrye wil betrokke kan wees by ‘n
proses wat duidelik daarop gerig is om die Afrikanervolk van sy erfgrond te
beroof. Dit kan net die gevolg van
dwang of druk wees en ons wil u aanmoedig deur ‘n proses van eerlike
introspeksie te probeer vasstel hoe Agri SA by ‘n agenda betrokke geraak het
wat ooglopend buite sy kerndoelstellings val. Ons
besef dat ons nie in ‘n posisie is om verduidelikings van Agri SA te eis nie. Uit
die strekking van u brief is dit vir ons duidelik dat Agri SA geen oorweging
sal skenk aan die BVI se versoek dat u aan die grondhervormingsproses onttrek
nie en ook nie aan enige van die argumente wat ons ter motivering van ons
versoek aangevoer het nie. Ons
neem met waardering kennis van Agri SA se aksies ter beskerming van u lede se
belange. Primêr is die aanslag egter
nie op individuele boere gerig nie.
Dit is ‘n politieke aanslag wat daarop gerig is om die Afrikanervolk
as geheel van sy Godgegewe en duurverworwe erfgrond te verdryf. Die soort aksies wat Agri SA onderneem, sal
hoogstens ‘n tydelike vertragingseffek hê, soos die ervaring van die afgelope
15 jaar inderdaad bewys het. Die
enigste manier om die aanslag op u lede en ons volk se grond effektief te
stuit, is om grondhervorming in die openbaar in beginsel te verwerp en
daarvandaan weg te stap. Daar
is nie juis ‘n debat om afgehandel te word nie. Dis egter jammer dat u hierdie houding
inneem, want ‘n openhartige en eerlike debat is ‘n manier om tot die waarheid
oor hierdie belangrike saak te kom.
Ons respekteer nogtans u posisie in hierdie verband, maar moet
ongelukkig die volgende onontwykbare konsekwensies van u houding vir u
uitwys: Die ANC soek die ondergang van die
Afrikanervolk en hy wil dit bereik deur ons van ons erfgrond te verdryf. Dit is die enigste rede waarom die
grondhervormingsproses ingestel is.
Deur u betrokkenheid by hierdie proses is u besig om die ANC se
etniese aanslag op die Afrikanervolk te ondersteun. As dit nie gekeer word nie, sal dit daarop
neerkom dat ons kinders van hulle erfgrond beroof en in die moeras van Afrika-ellende
ingestort word. Dit kan ons nie
toelaat nie en daarom moet u asseblief kennis neem dat die BVI, met die hulp
van die God van Bloedrivier, Vegkop en Majuba alle middele tot ons beskikking
sal aanwend om Agri SA in hierdie rampspoedige onderneming van u te stuit. Met
agting Die
uwe _______________________________ FRIKKIE
STRAUSS SEKRETARIS
PIKETBERG |