|
|
|
|
‘ INLEIDING Die
aanslag op Afrikanergrond is besig om momentum te kry. Dit
word gevoer onder die vaandel van “grondhervorming." Die bekendstelling deur die ANC van
die sogenaamde swartbemagtigingshandves vir die landbou (AGRISEB) het die
intensiteit daarvan met grade laat toeneem.
Dit is ‘n voortsetting van ‘n proses wat reeds rondom 1994
begin het. Die aanslag word op
verskillende fronte geloods en bestaan op die oomblik uit
grondrestitusie-eise en onwettige plaasbesettings. Die proses word aangehelp deur die
verblyfregwette, swaar belastings, plaasmoorde en openlike vyandigheid
teenoor die Afrikanervolk soos verwoord in die slagspreuke “Kill a farmer, kill a
boer” en “One settler one bullet”. Dit vind alles plaas teen die agtergrond
van die verdrywing van Zimbabwiese boere van hulle plase af en soortgelyke
dreigemente deur die SWAPO-regering in SWA.
Dit alles skep ‘n vreespsigose by Afrikanerboere en laat emosies
hoog loop. Die
saak sal aan die hand van die volgende vrae hanteer word: ·
Wat is die
ware aard van grondhervorming in Suid-Afrika? In hierdie afdeling sal die redes wat vir grondhervorming voorgehou
word, ontleed en beoordeel word en deurgedring word tot die werklike redes
daarvoor. ·
Watter
beginsels moet op die grondvraagstuk toegepas word? Indien Afrikaners die grondstryd sonder vaste beginsels ingaan sal
hulle gedwing word om die ANC se beginselbasis te aanvaar. Lees in hierdie
afdeling wat die BVI beskou as die beginsels wat in hierdie situasie moet
geld. ·
Watter
realiteite moet in ag geneem word by die bepaling
van ‘n strategie om die vraagstuk aan te spreek? Die
strategie wat die ANC gaan volg om boere van hulle grond te verdryf en
instansies wat hy waarskynlik as bondgenote gaan inspan, word hier bespreek. ·
Watter
strategie behoort Afrikanerboere te volg om die
aanslag op hulle grond af te weer? Afrikanerboere moet ‘n duidelike grondbehoudstrategie vir
hulleself ontwikkel en die lang- en
korttermynkomponente daarvan word hier behandel. WAT IS DIE
WARE AARD VAN GRONDHERVORMING IN SUID-AFRIKA? ¨ WAT
IS GRONDHERVORMING NIE? Alvorens die ware aard van grondhervorming blootgelê word, Onder swartes bestaan die opvatting dat die blankes hulle van hulle
grond verdryf het, dat Afrika aan die swartman behoort en dat die grond wat
deur blankes in besit geneem is aan hulle regmatige eienaars, die swartes,
teruggegee moet word. Daar word ook
aangevoer dat die grondverdeling in SA onregverdig is en onder andere
aangetoon dat dit heeltemal onregverdigbaar is dat die blankes, wat minder as
10% van SA se bevolking uitmaak, ongeveer 87% van die grond in die land
besit. Daar word ook gesê dat die
huidige staat van grootskaalse armoede onder swartes onder andere toegeskryf
moet word aan die feit dat hulle nie oor voldoende grond beskik waarop hulle
‘n redelike bestaan kan maak nie.
Diegene wat hierdie standpunt inneem, sê byvoorbeeld dat dit
onhoudbaar is dat individuele blanke boere honderde of selfs
duisende hektare grond besit terwyl daar miljoene swart grondloses is. Alhoewel die argumente soos hierbo uiteengesit, hoofsaaklik in swart
geledere gevoer word, is daar baie blankes wat dit reeds hulle eie gemaak het
en dit sal uiteindelik hulle denke oor grondhervorming beïnvloed. In sommige blanke kringe word die siening
reeds gepropageer dat daar so vinnig as moontlik met grondhervorming gevorder
moet word ten einde ‘n Zimbabwe-tipe situasie in Suid-Afrika te
verhoed. Daarom is dit noodsaakllk dat
die argumente soos hierbo genoem aan die tersaaklike feite getoets word. Eerstens moet die
feit gestel word dat Afrikaners nie die inheemse volke van Suid-Afrika se
grond gevat het nie. Die gebiede wat Afrikaners histories beset
het, bestaan uit die grootste deel van die ou Kaapprovinsie (uitgesluit die Tweedens, die
groottes van die grondgebiede van volke is nog nooit in die geskiedenis van
die mensdom vasgestel volgens hulle relatiewe getalle nie. Die
grondgebiede wat deur volke beset is, is die resultaat van hulle inspanning
op politieke, militêre en ekonomiese gebiede en daar rus geen morele of
volkeregtelike verpligting op enige volk om van sy grondgebied af te staan
aan een volke wat meer talryk as hy is nie.
Derdens, ‘n volk se vermoë om ‘n bestaan uit
grond te maak, word nie primêr deur die grootte van sy grondgebied bepaal
nie. Dit word primêr bepaal deur so’n volk
se inherente genetiese vermoëns. In
Holland byvoorbeeld, maak ‘n bevolking van ± een derde van Suid-Afrika
s’n ‘n eerstewêreldse bestaan op ‘n stukkie land wat
‘n fraksie van Suid-Afrika se grondgebied vorm. En die Hollanders was eens op ‘n tyd
die mees welvarende handeldrywende volk ter wêreld. Na afloop van die Tweede Vryheidsoorlog in
1902 was die Boere se plase in Vierdens, om te
dink dat ons ‘n Zimbabwe-tipe grondroof VOLGENS WATTER BEGINSELS
MOET GRONDHERVORMING DEUR DIE AFRIKANER BENADER WORD? Enige denkproses bestaan fundamenteel uit drie komponente, naamlik, die toepaslike beginsels, die tersaaklike feite en die toepassing van die beginsels op die feite deur gebruikmaking van logiese reëls. Die vraagstuk van grondhervorming sal hoofsaaklik op die ideologiese en intellektuele terrein uitgemaak word. Dit is ‘n stryd tussen idees en lewensbeskouinge, aan die eenkant dié van die ANC-regering en aan die anderkant dié van Afrikaners. Die uitslag van hierdie ideologiese konflik sal grootliks bepaal word deur die wyse waarop die strydende partye in die drie genoemde komponente sal presteer. In hierdie afdeling sal die beginselbasis behandel word, in die volgende afdeling die tersaaklike realiteite en in die afdeling oor strategie sal die beginsels op die realiteite toegepas word. In die
grondstryd staan die ANC hoofsaaklik op drie beginsels, naamlik, eerstens,
die grond behoort aan die mense van Suid-Afrika, tweedens, hulle voorvader
-grond is op onregverdige wyse deur Afrikaners van hulle weggeneem en
derdens, daardie onreg moet deur Afrikaners reggestel word deur die teruggawe
van die grond. Die ANC hou hierdie
stel van beginsels voor as die basis waarop die grondkwessie besleg moet word
en verwag inderdaad dat dit deur Afrikaners aanvaar moet word. Indien dít die basis is waarop ons in die
grondstryd ingaan, is ons lot verseël want al waaroor ons dan nog kan stry,
is oor die metode waarvolgens grondhervorming moet geskied, die pas waarteen
dit moet plaasvind en die aard en omvang van die moontlike vergoeding. Dan is ons min of meer in die posisie van
‘n oprukkende leër wat opereer volgens ‘n gevegsplan wat deur sy
vyand vir hom uitgewerk is ! Hy gaan presies die bewegings uitvoer wat
die vyand nodig het om hom effektief te vernietig. Genadiglik is dit egter nie die enigste
beginselbasis waarvolgens ons Die basis waarop ons die grondstryd tegemoet moet gaan, bestaan uit die volgende stel beginsels: ¨ GRONDGEBIED BEHOORT AAN ‘N VOLK EN NIE AAN ‘N LOSSE MASSA VAN INDIVIDUE WAT TOEVALLIG DIESELFDE GEOGRAFIESE GEBIED BEWOON NIE. Hierdie beginsel word aan die Bybel ontleen. God het in sy volkome wysheid die mensdom in volkere georden en aan elke volk ‘n land gegee. Deur die taalverwarring wat Hyself met die bou van die toring van Babel veroorsaak het, het Hy die mense gedwing om volgens die tale wat aan hulle gegee is, te groepeer. In Genesis 10: 1 – 5 word die name van die seuns van Jafet gegee en dan word gesê: Uit hulle het verdeeld geraak die kuslande van die nasies, in hulle lande, elkeen na sy taal, volgens hulle geslagte, in hulle nasies. Dieselfde word gesê van die seuns van Sem en Gam. In Deut. 22: 8 sluit Moses hierby aan wanneer hy sê: “Toe die Allerhoogste aan die nasies ‘n erfdeel gegee het, toe Hy die mensekinders van mekaar geskei het, het Hy die grense van die volke vasgestel volgens die getal van die kinders van Israel.” Dit word deur Paulus bevestig in Hand 17: 24 wanneer hy sê: “En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het.” Uit hierdie en ander Bybelgedeeltes, wat vanweë gebrek aan ruimte nie hier aangehaal word nie, kan daar geen twyfel wees nie dat dit die bedoeling van God was, en nog steeds is, dat elke volk op aarde sy eie land moet hê. Uit die verloop van die geskiedenis van volkere is dit duidelik dat dit in praktyk ook so gebeur het. In daardie uitsonderlike gevalle waar ‘n geografiese gebied deur verskillende volke of groepe mense gedeel word, is daar meestal onophoudelike onderlinge wrywing en konflik en in baie gevalle loop dit uit op totale verbrokkeling. Die besit van ‘n grondgebied deur ‘n spesifieke volk is feitlik deurgaans die gevolg van die kollektiewe inspanning en opofferinge deur die voorsate van daardie volk as ‘n geheel en ‘n mens sal seker moeilik kan dink aan ‘n land wat deur groter offers aan sy huidige besitters oorgedra is as die land wat tans aan die Afrikanervolk behoort. In terme van hierdie beginsel rus daar geen verantwoordelikheid op Afrikaners om hulle grond aan lede van ander volke of te staan nie. Daarteenoor staan die ANC op beginsel, soos uitgedruk in die “Freedom Charter”, dat Suid-Afrika aan “our people” behoort, bedoelende (in beginsel) aan alle mense wat die huidige grondgebied van Suid-Afrika bewoon, maar in werklikheid verwys dit eintlik maar net na die swartes. Indien ons hierdie beginsel as die uitgangspunt vir die grondstryd aanvaar, het ons verloor nog voor ons begin het. ¨ DIE REG VAN ‘N VOLK OP SY VADERLAND IS ONVERVREEMBAAR. Onder die vorige hofie het ons gesien dat volke hulle grondgebiede van God ontvang. Daar kan aan geen sterker reg op grond gedink word nie, maar in die volkereg, soos dit oor ‘n aantal eeue in die Westerse wêreld vorm aangeneem het, is daar ook erkende metodes waarvolgens volkere hulle grondgebied op ‘n wettige wyse kan verkry. Besetting van onbewoonde gebiede is een daarvan en dit is die metode waarvolgens die Afrikanervolk ‘n land bekom het. Dr H F Verwoerd het die tersaaklike geskiedenis en beginsels soos volg saamgevat in ‘n toespraak wat hy gehou het toe hy in 1961 Suid-Afrika se uittrede uit die Britse Statebond aangekondig het: “Meer as 300 jaar gelede het twee bevolkingsgroepe, wat ewe vreemd aan Suid-Afrika was, in ietwat klein getalle uit verskillende rigtings ‘n land binnegekom wat toe feitlik onbewoon was. Geeneen van hulle het ‘n ander man se land gekoloniseer of hom deur inval en onderdrukking beroof nie. Elkeen het hom gevestig en langsamerhand sy nedersettings uitgebrei en in hoofsaak het elkeen ‘n ander deel sy eie probeer maak. Daar was botsings en grensoorloë, en grensgebiede is verower, maar sedertdien het die Witman meer grond aan die Bantoegebiede toegevoeg, en voeg hy steeds daaraan toe, uit wat hyself beset en bedoel het om sy eie te wees. Daar was dus geen kolonialisme nie, net afsonderlike besetting deur elkeen byna gelyktydig. En elkeen het meer as 300 jaar die geleentheid gehad om sy land te ontwikkel….. Die Witman het dit gedoen, die Swartman nie…. Die Swartman het na hom toe gekom vir werk, voedsel en die goeie dinge van die lewe en nie vir politieke verowering nie. Die Witman het dus nie net ‘n ontwyfelbare belang in en reg op die land wat hy uit ontblote veld en leë valleie en afgesonderde berge in ‘n moderne nywerheidstaat ontwikkel het nie, maar volgens alle sedelike beginsels was dit syne, is dit syne moet dit syne bly”. ¨
DAAR
RUS GEEN VERPLIGTING, VAN WATTER AARD OOKAL, OP DIE AFRIKANERVOLK OM VAN SY
GROND AAN GRONDLOSE MENSE UIT ANDER VOLKERE TE GEE NIE. Hierdie is ook ‘n sterk Bybelse beginsel. Nêrens in Die Bybel plaas God die verantwoordelikheid op een volk om op enige wyse in die behoeftes van enige ander volk of lede van ander volke te voorsien nie. Hy verwag wel naasteliefde van sekere individue onder mekaar. Ook die volkereg aanvaar die beginsel dat elke volk die reg het om in sy eie belang op te tree. Dit is juis
op hierdie punt wat baie Afrikaners reeds in hulle denke ontspoor het. Hulle aanvaar dat ons ‘n Bybelse
verantwoordelikheid teenoor die ander volke in Suid-Afrika het en dit
beïnvloed alreeds in ‘n groot mate hulle denke oor die
grondkwessie. In hierdie opsig het
hulle ook alreeds ‘n groot deel van die ANC se grondbeginsels hulle eie
gemaak. Ons het begin glo dat ons dit
aan die swartes verskuldig is om van ons grond aan hulle te gee, omdat ons
hulle in die verlede sou benadeel het.
Laat ons dit egter baie duidelik vir onsself sê: Niks
van dit wat aan die swart stamme van Suid-Afrika behoort het voordat die
Afrikaners die land besit het, het ons van hulle weggeneem nie, ook nie hulle
grond nie. Ons skuld hulle niks nie,
ook nie ‘n enkele vierkantemeter grond nie. Dié land is ons land en ons skuld dit aan
niemand nie, behalwe aan ons kinders. ¨
DIE
LEDE VAN ‘ In 2 Samuel
Ons vaderland is ‘n Godgegewe erfenis en daarom is dit ons verantwoordelikheid om dit ongeskonde aan ons kinders oor te dra. Ons mag nie ‘n deel daarvan aan vreemdes gee wat geen aanspraak daarop het nie, maar slegs ‘n geskiedenis het van vertrapping en vernietiging van byna alles waarmee hulle in aanraking gekom het. Om dit te doen, sal nie alleen ‘n daad van minagting van God se genade en goedheid wees nie, maar ook ‘n veragting van die geweldige offers wat gebring is deur getroue en dapper voorouers om aan ons ‘n vrye vaderland na te laat. Voorgaande
is die basiese beginsels wat op die grondvraagstuk van toepassing is. Indien ons die grondstryd op hierdie
beginsels voer, staan ons op die sterkste grondbeginsels wat daar denkbaar DIE REALITEITE VAN GRONDHERVORMING Wanneer daar van die realiteite van grondhervorming gepraat word, sal verskillende mense oor verskillende dinge dink, afhangende van die hoek waaruit die saak beskou word. In hierdie geskrif sal daar egter net gefokus word op realiteite wat van wesenlike belang vir die bepaling van ons strategieë is. Dit het hoofsaaklik te make met die wyse waarop die grondstryd uit ANC-geledere gevoer gaan word. Uit sekere uitsprake en handelinge van hulle en uit sekere dinge wat reeds gebeur het, blyk die volgende: · Hulle gaan die Afrikanerboere deur versekeringe aangaande sekere bedoelinge met die grondhervormingsproses probeer gerusstel sodat Afrikaners hulle nie daarteen verset nie. · Hulle gaan die georganiseerde landbou, die kerke en die media inspan om hulle aanslag te laat slaag. Die onderwerp in hierdie afdeling sal soos volg benader word: Die ANC se ondernemings sal aan die hand van sekere werklikhede beoordeel word ten einde te probeer bepaal of dit sal realiseer en daar sal gekyk word in welke mate die georganiseerde landbou, die kerke en die media reeds vir die ANC se aksieplanne ingespan word. ¨ DIE ANC SE VERSEKERINGE Die ANC verkondig hoofsaaklik drie dinge oor hulle benadering tot grondher-vorming, naamlik, die proses sal ordelik (met ander woorde, wettig) verloop, dit sal deur oorlegpleging en onderhandeling met die landbougemeenskap geskied, dit sal op die basis van gewillige–koper-gewillige-verkoper gedoen word en daar sal nie ‘n Zimbabwe-tipe situasie in Suid-Afrika toegelaat word nie. Hierdie versekeringe sal nou een vir een ontleed en beoordeel word: ·
“Die
proses sal deur oorlegpleging en onderhandeling geskied” Tydens onderhandelinge oor
enige aangeleentheid onderneem die partye gewoonlik om sekere dinge te doen en sekeres nie te doen
nie. Die grondliggende
veronderstelling is dat die partye wedersyds aanvaar dat ondernemings gestand
gedoen sal word. Dit is net hier waar
ons van sekere harde werklikhede moet kennis neem. Die geskiedenis van die Afrikaner se kontak
met die swart stamme van Suid-Afrika is ongelukkig een van oneerlike
bedoelinge en verbreekte beloftes.
Bykans elkeen van die agt grensoorloë aan die destydse Oosgrens van
die Kaapkolonie was die gevolg van verbreekte beloftes en bedrieglike
aanvalle deur die Xhosas op onskuldige Afrikanervroue en -kinders
wat op hulle beloftes staatgemaak het.
En die huidige ANC-regering in Suid-Afrika is ‘n
Xhosa-gedomineerde regering. Die
verraderlike wyse waarop Dingaan vir Piet Retief in en sy manne laat vermoor
het terwyl hy hulle laat kom het vir die ondertekening van ‘n
grondtraktaat waaroor daar alreeds ooreengekom is, is oorbekend. Dieselfde patroon het homself gemanifesteer
in die Vrystaatse Republiek se kontak met Mosjesj van die Basoetos en die ZAR
se kontak met
verskeie swart stamme in ·
“Die
proses sal ordelik verloop en ‘n Zimbabwe-situasie sal nie in
Suid-Afrika toegelaat word nie.” Hiermee word oënskynlik
bedoel dat daar erkenning aan Afrikaners se individuele eiendomsreg gegee sal
word en dat onwettige plaasbesettings nie toegelaat sal word nie. Hierdie onderneming, indien die
ANC-regering hoegenaamd ernstig daarmee is, sal hulle nie -
Daar het alreeds, sonder dat dit dekking in
die media geniet het, ‘n groot aantal onwettige plaasbesettings
plaasgevind sonder dat die regering enigiets daaraan gedoen het. Die mees bekende voorbeeld is die Modderklip-geval
naby - In ANC- en SAKP-kringe is daar konsensus dat die revolusie nie voltooi sal wees voordat die grond van Suid-Afrika nie in die hande van die swartes is nie. Tydens ‘n internasionale eiendomskonferensie wat gedurende 2001 in Durban gehou is, het die Hoofgrondeisekommissaris, Tozi Gwanya, gesê dat grondbesit in ooreenstemming met die demografiese verdeling van Suid-Afrika se bevolking gebring moet word. Dit beteken in praktyk dat Afrikanergrondbesit in Suid-Afrika uiteindelik tot ongeveer 5% van die land verminder moet word. Gedurende November 2004 is daar tydens ‘n SEB-konferensie aan die LUR vir Landbou in die Kaapprovinsie, ene Motshwaledi, gevra of daar iewers ‘n punt gaan kom waar die ANC die grondhervormingsproses as afgehandel sal beskou. Sy antwoord was: “Not in a hundred years !” In praktyk beteken dit dat daardie proses moet voortgaan totdat alle grond in Suid-Afrika in swart besit is. - Indien die regering optree teen onwettige grondbesetters sal hulle vir hulleself die etiket om die nek hang dat hulle kant kies vir die witman teen hulle eie mense en so die “struggle” verraai. Aangesien die ANC se “struggle”-beeld nog altyd die deurslaggewende faktor by die stembus was, is dit baie naïef om te dink dat hulle teen onwettige plaasbesetters sal optree. - Soos
reeds vroeër aangetoon, het die - Soos verder ook vroeër beredeneer, is die speerpunt van die aanslag teen die Afrikanervolk daarop gerig om hom van sy grond te ontneem. Hoekom sal hulle hulle eie strategiese doelstellings ondermyn om onwettige grondbesetting te verhoed? ·
“Grondhervorming
sal op die gewillige-koper-gewillige-verkoper basis
geskied.” In hierdie verband is daar twee realiteite waarna gekyk moet word. -
Die gewillige-koper-gewillige-verkoper basis
is deel van die Westerse eiendomstradisie en vryemarkstelsel. Dit veronderstel individuele
eiendoms-besit, die reg om self daaroor te besluit
en dit te verkoop teen ‘n markverwante prys. Dit is alles vreemd aan die swart volkere
se kultuur en tradisie. Hulle ken
slegs die kommunale stelsel waarvolgens die stamhoof beheer het oor ‘n
stam se grond en hy aan die stamlede verblyfreg daarop toeken. Indien die grond te
min raak, word ‘n ander stam of stamme van hulle grond verdryf en as
hulle hulle verset, word hulle eenvoudig doodgemaak. Die konsep dat grond gekoop en verkoop en
daarvoor betaal -
Die ANC-regering beskik nie oor die fondse om boere se plase vir grondhervorming te koop nie. Volgens syfers wat in die media gepubliseer
is, ¨
DIE
INSTRUMENTE WAT DIE ANC GAAN GEBRUIK In die twee-eeue-oue lange
aanslag wat op verskillende fronte en tye teen die Afrikaners gevoer is, het ons vyande altyd van meelopers uit
Afrikanergeledere gebruik gemaak om hulle doelstellings te bereik. Dit was veral die geval die afgelope vier
dekades na die sluipmoord op Dr Verwoerd en dit het bykans altyd die gewenste
resultate opgelewer. Daar In die volgende paar paragrawe sal gekyk word na die standpunte wat reeds deur die genoemde instansies oor grondhervorming ingeneem is en aksies wat hulle in verband daarmee geneem het. · Agri Suid-Afrika Agri SA se
standpunt is redelik bekend. Hulle het
geen besware teen die beginsel van grondhervorming nie. Hulle erken dat ongelykhede uit die verlede
reggestel moet word. Hulle neem verder
die standpunt in dat die grondher-vormingsproses te stadig verloop en spoor
die ANC aan om dit te bespoedig. Hulle
stel die vereistes dat dit ordelik en op die
gewillige-koper-gewillige-verkoper basis moet geskied. Verder wil hulle nie ‘n Zimbabwe-tipe
situasie in Suid-Afrika hê nie. Dit
verskil in prinsiep en praktyk wesenlik niks van die ANC se
grondhervormingsbeleid nie. Daar is
net een verskil. Agri SA wil
Afrikaners se grond vinniger aan die swartes gee as wat die ANC dit In ‘n Agri SA mediavrystelling vroeg in November 2004, getiteld, Agri SA: Mediaverklaring oor AgriSEB wanpersepsies, word daar gesê: Agri SA is wel verbind tot die verbreding van deelname deur alle bevolkingsgroepe soos vervat in die Sektorplan vir die landbou, wat in samewerking met die regering ontwikkel is. Hiervoor het Agri SA volledige mandate van sy lede ontvang. Die Sektorplan is reeds drie jaar ‘n openbare dokument en Agri SA rapporteer gereeld oor vordering met die implementering daarvan, ook na aanleiding van besprekings daaroor in president Mbeki se werkgroep met die kommersiële landbou. Die
Sektorplan vir die landbou staan ook bekend as Die Strategiese Plan vir
Suid-Afrikaanse Landbou. Dit is
opgestel deur die regering, Agri SA en ‘n aantal rolspelers in die
landbou, wat hulleself vennote tot die plan noem. In die plan word die volgende as een van
die prioriteitsprogramme geïdentifiseer:
Die versnelling van die program van grondherverdeling vir
landbou-ontwikkeling en prosesse vir die bemagtiging van teikengroepe. Aan die einde word gesê: Die vennote verbind hulle daartoe om die
nodige tyd en finansiële en materiële hulpbronne te verskaf om die
suksesvolle implementering van die strategiese plan te verseker. ·
Die NG
Kerk Grondhervorming is op die 2002-sinode van die NG Kerk bespreek en die Sinode het ‘n standpunt daaroor geformuleer. Enkele hooftrekke daarvan word hieronder weergegee. · In die Aanhef tot die standpunt word onder andere die volgende verklaar: Veral vanweë die nalatenskap van die koloniale era en spesifiek ‘n hele reeks diskriminerende apartheidswette, is grondbesit in Suid-Afrika skeefgetrek. Die huidige regering gaan uit van die oortuiging dat blywende vrede nie verkry word sonder dat dié ongelykhede reggestel word nie. In ‘n mate hou die verarming en ekonomiese ontwrigting van swartmense verband met die vervreemding van grond. Die aandrang op die herstel van grondregte het dus ‘n belangrike ekonomiese motief. Swart mense meen dat die grond wat tradisioneel aan hulle voorvaders behoort het van hulle afgeneem is deur die voorsate van hulle wit landgenote. Sommige koester hieroor selfs ‘n wrok. Of hierdie persepsie korrek is al dan nie, feit is dat blankes hulle vanweë die nalatenskap van die koloniale era en spesifiek die apartheidsbeleid wat grondbesit betref in ‘n bevoorregte posisie bevind. In dié verband het die beskerming en bevoorregting van blankes deur diskriminerende wetgewing ten opsigte van eiendomsreg, werfafbakening en grondreservering ‘n groot rol gespeel. · Onder die opskrif, Standpunte van die Kerk: Riglyne vir Grondher- vorming, word onder ander die volgende gesê: -
Grondhervorming moet positief aangepak word as
noodsaaklike en integrale deel van die nasionale versoeningsproses. Die situasie
in die land vereis dat daar nie volstaan - Grondhervorming moet met sensitiwiteit, omsigtigheid en nugterheid hanteer word. - Grondhervorming moet op ‘n gesonde landbou-ekonomiese grondslag berus. - Grondhervorming moenie ‘n politieke speelbal gemaak word nie. - Grondhervorming moet ‘n gesonde juridiese basis hê - Grondhervormig moet deel uitmaak van ‘n omvattende ontwikkelings-program - Grondhervorming moet met ekologiese oorweginge rekening hou. - Vergoeding moet billik en so ver moontlik markverwant wees. - Die gronhervormingsproses moet so gou moontlik afgehandel word. · Onder Aanbevelings verskyn die volgende: - Die Algemene Sinode aanvaar die verslag as riglyn vir die voorgaande gesprek oor grondhervorming in Suid-Afrika. - Die Algemene Sinode spreek sy dank uit teenoor die Regering vir die volgehoue pogings om ‘n deurdagte en ordelike grondhervormingsbeleid te vestig, en doen ‘n beroep op die owerheid om veral die beskikbaarstelling van grond vir die vestiging van hawelose mense as ‘n dringende prioriteit te bespoedig. - Die Algemene Sinode besluit om die riglyne vir grondhervorming namens die kerk aan die owerheid deur te gee. · Tydens die Algemene Sinode van 2004 is die volgende besluit: - In die lig van die roepingsverklaring van die Sinode en die huidige standpunt van die kerk oor grondhervorming, herbevestig die Algemene Sinode die oortuiging dat die kerk ‘n profetiese en pastorale verantwoordelikheid het ten opsigte van die hele proses van grondhervorming. - Die Sinode versoek die Diensgroep Leiers om, as ‘n saak van dringendheid, ‘n taakspan aan te wys om deurlopend aandag te gee aan die praktiese uitvoering van hierdie verantwoordelikheid. - Finalisering van elke oordrags proses moet so vinnig as moontlikgeskied nadat daar tot bevredigende ooreenkomste gekom is en die hulp van die regering in dié verband moet ernstig gevra word. · Landbouweekblad Landbouweekblad word nie hier uitgesonder as ‘n teiken vir ‘n aanval nie. Die standpunte wat in Landbouweekblad verskyn, is egter redelik verteenwoordigend van dié van die res van die media. Landbouweekblad se standpunte oor grondhervorming en AgriSEB is oorbekend aan die boere wat die blad lees. Hy is in beginsel ten gunste van grondhervorming, is haastig dat dit toegepas word, maar vra ook net dat dit op ‘n ordelike wyse, in oorlegpleging met die landbougemeenskap geskied. · Opsomming Uit voorgaande uiteensetting van die grootste rolspelers op die gebied van grondhervorming se standpunte daaroor is ‘n paar dinge duidelik. -
Die groot rolspelers op die gebied van
grondhervorming is ten gunste daarvan en die Afrikanerboere moet geen ondersteuning
uit daardie oorde verwag nie; trouens, dit lyk of hulle met mekaar
meeding om te kyk wie die Afrikaner se grond die vinnigste STRATEGIEBEPALING By die besinning oor ‘n gepaste strategie om die grondaanslag teë te staan, sal dit goed wees om net weer die kernwaarhede uit die voorafgaande afdelings uit te lig, naamlik: · Grondhervorming het niks met ‘n beter ekonomiese bedeling vir grondlose swartes in Suid-Afrika te doen nie; dit is daarop gerig om van Afrikaners grondloses te maak ten einde die Afrikanervolk finaal te vernietig. · Die beginselbasis waarop die stryd deur Afrikaners gevoer word, sal deurslaggewend vir die uitslag van die grondstryd wees. Indien dit binne die raamwerk van die ANC se beginselbasis gedoen word, is die stryd verlore. Indien dit gevoer word op die Bybelgefundeerde basis dat Afrikanerland aan die Afrikanervolk behoort, dat ons dit aan niemand skuld nie en dat ons die verantwoordelikheid het om dit te verdedig, selfs met ons lewens indien nodig, sal ons die stryd wen. · Ons moenie illusies hê oor die aard van die aanslag teen ons en oor die realiteite wat op die gevegsterrein heers nie. Ons moet onsself deeglik daarvan vergewis. · Ons moet ons lotgevalle volkome in die hand van God plaas. Bogenoemde elemente was in wese almal teenwoordig by die roemryke oorwinnings wat die Afrikanervolk in sy geskiedenis gehad het soos by Bloedrivier en Majuba, waar dit ook primêr oor grond en ‘n vaderland vir die Afrikaner gegaan het. Waar dit ontbreek het, het dit miserabele gevolge gehad, soos met die 1994-oorgawe. Die strategie vir die grondstryd moet ‘n langtermyn en korttermynkomponent hê. ¨
DIE
LANGTERMYNSTRATEGIE Die kern van die
langtermynstrategie Daar is net uitweg om onsself te handhaaf, ons grond te behou en ‘n toekoms en ‘n vaderland aan ons kinders na te laat. Ons moet weer ‘n vrye volk in ons eie land onder ons eie regering word. Dan sal ons met die politieke en militêre middele wat tot ons beskikking kom, verhoed dat enige vreemdeling ons van ons grond beroof. Dit is die enigste blywende, langtermyn oplossing vir ons. Die aanslag van die ANC sal
waarskynlik in twee verskillende vorms wees.
Dit sal die wortel-en-stok benadering
aanneem. Aan die eenkant sal die boere probeer oortuig word om aan
grondhervorming deel te neem omdat dit in hulle eie belang sou wees. Verskeie argumente sal daarvoor gebruik
word, sommige waarvan alreeds begin vorm aanneem. Daar word byvoorbeeld gesê dat boere aan
grondhervorming moet deelneem om te keer dat ‘n grondgryp soos die in ¨
DIE
KORTTERMYNSTRATEGIE Alles wat tot hiertoe geskryf is in ag genome, behoort die korttermynstrategie uit die volgende elemente te bestaan: · Elke individuele Afrikanerboer in Suid-Afrika moet in sy hart ‘n beginselbesluit neem dat hy nie sy grond of ‘n deel daarvan aan ‘n swarte sal gee of verkoop nie en om geen kompromie van enige aard te maak nie. · Boere moet hulle self in geen vorm van onderhandeling oor hulle grond laat betrek nie. ‘n Selfrespekterende mens onderhandel met niemand oor sy eie goed nie. Deur die blote feit dat jy gewillig is om daaroor te onderhandel, gee jy in beginsel te kenne dat jy bereid is om dit af te staan en dat jy nie bereid is om die prys te betaal wat dit verg om dit te behou nie. Dit is die eerste krakie wat aan die vyand die geleentheid bied om die dun ent van die wig in te dryf. · Die instansies wat hulle reeds tot grondhervorming verbind het en gebruik gaan word om boere tot grondhervorming oor te haal, moet die duidelike boodskap kry dat niemand na hulle gaan luister nie. Op inligtingsvergaderinge wat na alle waarskynlikheid deur die georganiseerde landbou gereël gaan word, moet boere in groot getalle opdaag en hulle ondubbelsinnige verwerping van grondhervorming te kenne gee. Wanneer die saak op boereverenigings se agenda’s kom, moet dit summier daarvan verwyder word. Indien die kansels misbruik word vir grondhervorming moet dit die ergste verontwaardiging by gemeentelede uitlok en gemeentelede moenie toelaat dat die saak op wyksbyeenkomste bespreek word nie. Enige propagering van grondhervorming in die koerante moet met ‘n stortvloed van briewe wat daarteen beswaar maak, begroet word en boere moet maksimaal van inbel-programme en internetkletskamers gebruik maak om hulle misnoeë met grondhervorming te kenne te gee. In kort: Grondhervorming moet met ‘n muur van soliede openbare weerstand te doen kry. Boere moet hulleself ingelig hou. · Sonder kennis is enige stryd verlore. Hulle moet die basiese beginsels wat op die saak van toepassing is behoorlik onder die knie kry en hulle moet op hoogte bly van die jongste verwikkelinge op die gevegsterrrein. Na die suksesvolle voltooiing van die kommunistiese revolusie in Rusland in 1917 het die leier, Wladimir Lenin, gesê: “As slegs 1000 mense geweet het waarmee ons besig was, sou ons nooit kon slaag nie.” Indien boere hulleself op hoogte bring met dit wat in die geheim teen hulle saamgesweer word, sal hulle in staat wees om die grondaanslag af te weer. ·
Daar moet na ‘n
punt beweeg word waar Afrikanerboere as ‘n groep hulleself Indien die
bostaande strategie suksesvol deurgevoer word, - Dit sal groot ontsteltenis en verwarring in ANC-geledere veroorsaak, want hulle hele grondstrategie is gebou op die veronderstelling dat hulle vennote in Afrikanergeledere sal sorg dat Afrikanerboere nie moeilik raak en weerstand bied nie. -
Hulle sal moet erken dat hulle nie
grondhervorming op hulle eie sal -
Dit is moeilik om te
voorspel hoe hulle so ‘n situasie sal hanteer. Dit - Massabetogings teen individuele boere en boere-organisasies wat niemet grondhervorming wil saamwerk nie. - Grondonteiening en gedwonge verwydering van boere van hulle plase af. - Onwettige, gewelddadige plaasbesettings op die Zimbabwe-styl. Boere sal hulleself op sulke gebeurlikhede moet voorberei en hulleself in gereedheidsgroepe moet organiseer ten einde mekaar te ondersteun in noodgevalle. In die finale instansie sal individuele boere bereid moet wees om hulle grond met hulle lewens te verdedig en die hoogste prys daarvoor te betaal. ‘n Enkele man wat bereid is om sy beginsels met sy lewe te verdedig was in die geskiedenis van die mensdom nog altyd die rots waarteen die opmars van die leuen homself te pletter geloop het. Daarsonder is geen oorwinning moontlik nie. Manne en vroue wat bereid was om dit te doen, het die verloop van die geskiedenis verander. Voorbeelde daarvan is die volgende: Koning Dawid (toe hy man-alleen die reus Goliath aangedurf het), Martin Luther (toe hy gesê het, “hier staan ek, ek kan nie anders nie”), Paul Kruger (toe hy geweier het om sy land se onafhanklikheid prys te gee en ‘n oorlog teen Brittanje aangeknoop wat die Britse imperialisme ‘n nekslag toegedien het) en Dr H F Verwoerd (toe hy bereid was om die beginsels van Afrikanernasionalisme onverskrokke te handhaaf en uiteindelik met sy lewe daarvoor moes betaal). Sommige lesers mag moontlik op hierdie punt voel dat dit makliker is om te skryf dat iemand bereid moet wees om sy lewe vir ‘n saak te gee as om dit self te doen. Dit is waar. Dit is egter ook waar dat die huidige geslag Afrikaners (wat boere insluit) die soete vrugte pluk van groot offers wat ons voorgeslagte gebring het om aan ons ‘n vaderland na te laat en waarsonder die huidige geslag Afrikanerboere nie die grond sou gehad het waaruit hulle en hulle gesinne die afgelope 30 tot 50 jaar ‘n bestaan gemaak het en waaruit sommige van hulle inderdaad fortuine gemaak het nie. Die tyd het nou gekom dat ons ook bereid moet wees om die offers te bring wat dit verg om ons erfgrond te behou en ‘n vrye vaderland aan ons kinders na te laat. Laat ons nie deur ons nalate in die posisie kom van die veldheer Abdallah toe hy van sy neerlaag tydens die slag van Granada in 709 NC die volgende woorde van sy moeder moes aanhoor nie: “Moenie huil soos ‘n vrou oor dit wat jy moes verdedig soos ‘n man nie !!” In die begin
van hierdie afdeling is daar gesê dat die herwinning van ons vryheid in ons
eie land die
enigste ware, blywende en langtermynoplossing vir ons grondprobleem is. Indien die korttermyngrondstryd op ‘n
swak basis hanteer word, Ter afsluiting, toe daar by geleentheid probeer is om vir Genl Christiaan de Wet te oorreed om die oorlog te laat vaar deur sy aandag op sekere, haglike omstandighede te vestig, was sy antwoord soos volg: “Vir my is die oorlog ‘n geloofsdaad en ek kan net die groot beginsels wat betrokke is, oorweeg; omstandighede is net struikelblokke wat uit die pad verwyder moet word. Laat ons ten alle koste voortgaan om te veg.” As hierdie gees in ons heers, sal ons nie alleen die grondstryd nie, maar ook die vryheidstryd wen. Die digter George Byron het dit so gestel: “Die vryheidstryd, as dit eenmaal begin, word van die vader bloeiend deur die seun geërf, en die stryd sal altyd, hoe moeilik ookal, gewen word.” Dagbestuur 8 Februarie 2005
PIKETBERG |