N STRATEGIE VIR DIE BEHOUD VAN AFRIKANERGROND

 

INLEIDING

 

Die aanslag op Afrikanergrond is besig om momentum te kry.  Dit word gevoer onder die vaandel van “grondhervorming."  Die bekendstelling deur die ANC van die sogenaamde swartbemagtigingshandves vir die landbou (AGRISEB) het die intensiteit daarvan met grade laat toeneem.  Dit is ‘n voortsetting van ‘n proses wat reeds rondom 1994 begin het.  Die aanslag word op verskillende fronte geloods en bestaan op die oomblik uit grondrestitusie-eise en onwettige plaasbesettings.  Die proses word aangehelp deur die verblyfregwette, swaar belastings, plaasmoorde en openlike vyandigheid teenoor die Afrikanervolk soos verwoord in die slagspreuke  Kill a farmer, kill a boer” en “One settler one bullet”.  Dit vind alles plaas teen die agtergrond van die verdrywing van Zimbabwiese boere van hulle plase af en soortgelyke dreigemente deur die SWAPO-regering in SWA.  Dit alles skep ‘n vreespsigose by Afrikanerboere en laat emosies hoog loop.  Om ernstige foute te vermy, moet die saak op ‘n sterk prinsipieël- en feitegebaseerde wyse benader word.  Met hierde stuk probeer die BVI ‘n bydrae tot sodanige proses lewer en sal kommentaar van belangstellende Afrikaners verwelkom.

 

Die saak sal aan die hand van die volgende vrae hanteer word:

 

·        Wat is die ware aard van grondhervorming in Suid-Afrika?

In hierdie afdeling sal die redes wat vir grondhervorming voorgehou word, ontleed en beoordeel word en deurgedring word tot die werklike redes daarvoor.

 

·        Watter beginsels moet op die grondvraagstuk toegepas word?

Indien Afrikaners die grondstryd sonder vaste beginsels ingaan sal hulle gedwing word om die ANC se beginselbasis te aanvaar. Lees in hierdie afdeling wat die BVI beskou as die beginsels wat in hierdie situasie moet geld.

 

·        Watter realiteite moet in ag geneem word by die bepaling van ‘n strategie om die vraagstuk aan te spreek?

Die strategie wat die ANC gaan volg om boere van hulle grond te verdryf en instansies wat hy waarskynlik as bondgenote gaan inspan, word hier bespreek.

 

·        Watter strategie behoort Afrikanerboere te volg om die aanslag op hulle grond af te weer?

Afrikanerboere moet ‘n duidelike grondbehoudstrategie vir hulleself ontwikkel en die lang- en korttermynkomponente daarvan word hier behandel.

 

WAT IS DIE WARE AARD VAN GRONDHERVORMING IN SUID-AFRIKA?

 

¨      WAT IS GRONDHERVORMING NIE?

 

Alvorens  die ware aard van grondhervorming blootgelê word, kan dit goed wees om te kyk na wat dit voorgee om te wees en die redes wat daarvoor aangevoer word.  Grondhervorming bestaan hoofsaaklik uit twee fasette, naamlik die teruggawe van grond aan mense wat ingevolge die volkereskeidingsbeleid van vorige regerings vanaf sodanige grond verskuif is (grondeise) en die oordra van blanke boere se plase aan swartes om ‘n meer billike grondverdeling in die land te bewerkstellig (grondhervorming).  Aangesien laasgenoemde faset die grootste deel van die aanslag op Afrikanergrond uitmaak, word daar in hierdie stuk hoofsaaklik daarop gekonsentreer. 

 

Onder swartes bestaan die opvatting dat die blankes hulle van hulle grond verdryf het, dat Afrika aan die swartman behoort en dat die grond wat deur blankes in besit geneem is aan hulle regmatige eienaars, die swartes, teruggegee moet word.  Daar word ook aangevoer dat die grondverdeling in SA onregverdig is en onder andere aangetoon dat dit heeltemal onregverdigbaar is dat die blankes, wat minder as 10% van SA se bevolking uitmaak, ongeveer 87% van die grond in die land besit.  Daar word ook gesê dat die huidige staat van grootskaalse armoede onder swartes onder andere toegeskryf moet word aan die feit dat hulle nie oor voldoende grond beskik waarop hulle ‘n redelike bestaan kan maak nie.  Diegene wat hierdie standpunt inneem, sê byvoorbeeld dat dit onhoudbaar is dat individuele  blanke boere honderde of selfs duisende hektare grond besit terwyl daar miljoene swart grondloses is. 

 

Alhoewel die argumente soos hierbo uiteengesit, hoofsaaklik in swart geledere gevoer word, is daar baie blankes wat dit reeds hulle eie gemaak het en dit sal uiteindelik hulle denke oor grondhervorming beïnvloed.  In sommige blanke kringe word die siening reeds gepropageer dat daar so vinnig as moontlik met grondhervorming gevorder moet word ten einde ‘n Zimbabwe-tipe situasie in Suid-Afrika te verhoed.  Daarom is dit noodsaakllk dat die argumente soos hierbo genoem aan die tersaaklike feite getoets word. 

 

Eerstens moet die feit gestel word dat Afrikaners nie die inheemse volke van Suid-Afrika se grond gevat het nie.  Die gebiede wat Afrikaners histories beset het, bestaan uit die grootste deel van die ou Kaapprovinsie  (uitgesluit die Transkei en Ciskei), bykans die hele Vrystaat en groot dele van Transvaal.  Toe Afrikaners in die tyd van die Hollandse Oos-Indiese Kompanjie (HOIK) en later onder die Britse bewind die ou Kaapkolonie binnegetrek het, het die gebied geen vaste inwoners gehad nie.   Die inwoners het hoofsaaklik bestaan uit nomadiese Boesman- en Hottentotstamme wat ‘n lewe uit jag, die veld en veeteelt gemaak het.  Hulle het geen permanente politieke mag oor enige gebied uitgeoefen nie.  Wat wel gebeur het, is dat hulle die koloniste se vee gesteel en selfs van hulle vermoor het.  Daarvoor is hulle natuurlik gestraf en het gevolglik al verder die binneland ingetrek.  Wat die Vrystaat en Transvaal betref, is die volgende waar:  Gedurende die tydperk vanaf ±1815 – ±1830 is die kleiner swart stamme wat Noord van die Oranjerivier gewoon het aan ‘n meedoënlose uitwissingsveldslag deur die groter en sterker stamme onder leiding van Tsjaka, Silkaats en Mantatise onderwerp.  Daar is historici wat beweer dat toe die Voortrekkers die huidige Vrystaat en Transvaal ingetrek het, daar nie meer as 30 000 swartes in daardie gebiede gewoon het nie en hulle het geskuil in klowe, grotte en ontoeganklike bergagtige dele om aan die rondtrekkende moordbendes te ontvlug.  Dit was eers nadat die Voortrekkers onder leiding van Hendrik Potgieter teen einde 1837 finaal met Silkaats afgereken het en hy uitgewyk het na die destydse Rhodesië dat daar vrede in die land gekom het en die swartes weer stelselmatig begin uitbeweeg het na die onbesette gebiede waar hulle nou veilig en sonder vrees vir hulle nuwe Afrikanerbure kon woon.  Dit is hierdie gebiede wat deur die Voortrekkers in besit geneem is.  Afrikaners het dus op geen stadium van ons geskiedenis ander mense op ‘n gewelddadige wyse van hulle grond verdryf nie en ons het dus nie nodig om op morele gronde ‘n enkele vierkantemeter daarvan af te staan nie.

 

Tweedens, die groottes van die grondgebiede van volke is nog nooit in die geskiedenis van die mensdom vasgestel volgens hulle relatiewe getalle nie.  Die grondgebiede wat deur volke beset is, is die resultaat van hulle inspanning op politieke, militêre en ekonomiese gebiede en daar rus geen morele of volkeregtelike verpligting op enige volk om van sy grondgebied af te staan aan een volke wat meer talryk as hy is nie.  China byvoorbeeld, het ongeveer vier keer meer mense as Rusland terwyl die Russiese grondgebied  ± vyf keer so groot soos China is.  Die Chinese sal egter nie daaraan dink om op getallegronde teenoor die Russe aanspraak op hulle grondgebied te maak nie. Ons pas dieselfde beginsel en logika onwetend ook in ons alledaagse lewe toe.  Dit sal nie eers in die gedagte opkom van die vader van ‘n Afrikanergesin, van (sê) agt persone, om aanspraak te maak op ‘n deel van die huis van ‘n gesin van (sê) twee of drie nie, selfs al is sy huis ook baie kleiner as laasgenoemde s’n.  Hoekom laat ons dan toe dat basiese, gesonde logika ons denke verlaat as dit by vokereverhoudinge in ons land kom? 

 

Derdens, ‘n volk se vermoë om ‘n bestaan uit grond te maak, word nie primêr deur die grootte van sy grondgebied bepaal nie.  Dit word primêr bepaal deur so’n volk se inherente genetiese vermoëns.  In Holland byvoorbeeld, maak ‘n bevolking van ± een derde van Suid-Afrika s’n ‘n eerstewêreldse bestaan op ‘n stukkie land wat ‘n fraksie van Suid-Afrika se grondgebied vorm.  En die Hollanders was eens op ‘n tyd die mees welvarende handeldrywende volk ter wêreld.  Na afloop van die Tweede Vryheidsoorlog in 1902 was die Boere se plase in Transvaal en die Vrystaat tot op die grond afgebrand terwyl die grootste dele van die tradisionele swart gebiede meestal onaangetas was deur die oorlog.  Binne enkele dekades het die Afrikaners uit die as van die oorlog opgestaan en ‘n landboubedryf gevestig wat kos voorsien het aan al Suid-Afrika se mense terwyl die meeste swart gebiede vandag nog byna net so onontwikkel as 100 jaar gelede is.  Wat sê dit vir ons?  Al sou die hele Suid-Afrika se landbougrond ook aan die swartes gegee word, sal hulle nog nie in staat wees om daarop ‘n bestaan te maak nie.   Wat reeds gebeur het, dien tot ondersteuning van hierdie siening.  Dr Philip du Toit skryf in sy boek Die groot Suid-Afrikaanse Grondskandaal, dat, op enkele uitsonderings na, al die swartbemagtigingsprojekte vir sogenaamde opkomende boere misluk het.  Die ervaring van grondhervorming in Zimbabwe is so vars in ons geheue dat ons byna nie eens daarna hoef te verwys nie.

 

Vierdens, om te dink dat ons ‘n Zimbabwe-tipe grondroof kan verhoed deur  te begin om ons grond aan die swartes te gee, is ligjare ver van die werkllkheid verwyder.  Die grondliggende veronderstelling van so ‘n denkwyse is dat die swartes tevrede sal wees met dit wat ons aan hulle sal gee.  Die vraag wat ons vir onsself moet stel, is dit:  Om watter aardse rede sal hulle met minder as al die  blanke grond in Suid-Afrika tevrede wees?  Nee, hulle sal sodanige optrede slegs as ‘n teken van swakheid beskou en almeer en meer begin eis.  As ‘n mens ‘n neut se dop gekraak het, sit jy hom nie neer en probeer ‘n volgende een kraak nie; nee,  jy breek hom heeltemal oop en haal die hele neut uit !  Verder, uit ‘n Afrika-oogpunt gesien, was die Zimbabwiese grondroofaksie ‘n reusesukses.  Byna al die blanke boere is uit die land verdryf sonder dat dit die regering enigiets gekos het en die internasionale verdoeming daarvan kan hoogstens as piepgeluide beskou word.  Hoekom sal dié suksesresep nie ook in Suid-Afrika toegepas word nie?  Indien die blanke boere van Suid-Afrika hulle grond op ‘n vrywillige basis aan die swartes gee, sal dit vir hulle onnodig wees om die resep toe te pas.

 

 

VOLGENS WATTER BEGINSELS MOET GRONDHERVORMING DEUR DIE AFRIKANER BENADER WORD?

 

Enige denkproses bestaan fundamenteel uit drie komponente, naamlik, die toepaslike beginsels, die tersaaklike feite en die toepassing van die beginsels op die feite deur gebruikmaking van logiese reëls.  Die vraagstuk van grondhervorming sal hoofsaaklik op die ideologiese en intellektuele terrein uitgemaak word.  Dit is ‘n stryd tussen idees en lewensbeskouinge, aan die eenkant dié van die ANC-regering en aan die anderkant dié van Afrikaners.  Die uitslag van hierdie ideologiese konflik sal grootliks bepaal word deur die wyse waarop die strydende partye in die drie genoemde komponente sal presteer.  In hierdie afdeling sal die beginselbasis behandel word, in die volgende afdeling die tersaaklike realiteite en in die afdeling oor strategie sal die beginsels op die realiteite toegepas word.

 

In die grondstryd staan die ANC hoofsaaklik op drie beginsels, naamlik, eerstens, die grond behoort aan die mense van Suid-Afrika, tweedens, hulle voorvader -grond is op onregverdige wyse deur Afrikaners van hulle weggeneem en derdens, daardie onreg moet deur Afrikaners reggestel word deur die teruggawe van die grond.  Die ANC hou hierdie stel van beginsels voor as die basis waarop die grondkwessie besleg moet word en verwag inderdaad dat dit deur Afrikaners aanvaar moet word.  Indien dít die basis is waarop ons in die grondstryd ingaan, is ons lot verseël want al waaroor ons dan nog kan stry, is oor die metode waarvolgens grondhervorming moet geskied, die pas waarteen dit moet plaasvind en die aard en omvang van die moontlike vergoeding.  Dan is ons min of meer in die posisie van ‘n oprukkende leër wat opereer volgens ‘n gevegsplan wat deur sy vyand vir hom uitgewerk is !  Hy gaan presies die bewegings uitvoer wat die vyand nodig het om hom effektief te vernietig.  Genadiglik is dit egter nie die enigste beginselbasis waarvolgens ons kan opereer nie.

 

Die basis waarop ons die grondstryd tegemoet moet gaan, bestaan uit die volgende stel beginsels:

 

¨      GRONDGEBIED BEHOORT AAN ‘N VOLK EN NIE AAN ‘N LOSSE MASSA VAN INDIVIDUE WAT TOEVALLIG DIESELFDE GEOGRAFIESE GEBIED BEWOON NIE.

 

Hierdie beginsel word aan die Bybel ontleen.  God het in sy volkome wysheid die mensdom in volkere georden en aan elke volk ‘n land gegee.  Deur die taalverwarring wat Hyself met die bou van die toring van Babel veroorsaak het, het Hy die mense gedwing om volgens die tale wat aan hulle gegee is, te groepeer.   In Genesis 10: 1 – 5 word die name van die seuns van Jafet gegee en dan word gesê:  Uit hulle het verdeeld geraak die kuslande van die nasies, in hulle lande, elkeen na sy taal, volgens hulle geslagte, in hulle nasies.  Dieselfde word gesê van die seuns van Sem en Gam.  In Deut. 22: 8 sluit Moses hierby aan wanneer hy sê:  “Toe die Allerhoogste aan die nasies ‘n erfdeel gegee het, toe Hy die mensekinders van mekaar geskei het, het Hy die grense van die volke vasgestel volgens die getal van die kinders van Israel.”  Dit word deur Paulus bevestig in Hand 17: 24 wanneer hy sê:  “En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het.”  

 

Uit hierdie en ander Bybelgedeeltes, wat vanweë gebrek aan ruimte nie hier aangehaal word nie, kan daar geen twyfel wees nie dat dit die bedoeling van God was, en nog steeds is, dat elke volk op aarde sy eie land moet hê.  Uit die verloop van die geskiedenis van volkere is dit duidelik dat dit in praktyk ook so gebeur het.  In daardie uitsonderlike gevalle waar ‘n geografiese gebied deur verskillende volke of groepe mense gedeel word, is daar meestal onophoudelike onderlinge wrywing en konflik en in baie gevalle loop dit uit op totale verbrokkeling. 

 

Die besit van ‘n grondgebied deur ‘n spesifieke volk is feitlik deurgaans die gevolg van die kollektiewe inspanning en opofferinge deur die voorsate van daardie volk as ‘n geheel en ‘n mens sal seker moeilik kan dink aan ‘n land wat deur groter offers aan sy huidige besitters oorgedra is as die land wat tans aan die Afrikanervolk behoort.  In terme van hierdie beginsel rus daar geen verantwoordelikheid op Afrikaners om hulle grond aan lede van ander volke of te staan nie.  Daarteenoor staan die ANC op beginsel, soos uitgedruk in die “Freedom Charter”, dat Suid-Afrika aan “our people” behoort, bedoelende (in beginsel) aan alle mense wat die huidige grondgebied van Suid-Afrika bewoon, maar in werklikheid verwys dit eintlik maar net na die swartes.  Indien ons hierdie beginsel as die uitgangspunt vir die grondstryd aanvaar, het ons verloor nog voor ons begin het.

 

¨      DIE REG VAN ‘N VOLK OP SY VADERLAND IS ONVERVREEMBAAR.

 

Onder die vorige hofie het ons gesien dat volke hulle grondgebiede van God ontvang.  Daar kan aan geen sterker reg op grond gedink word nie, maar in die volkereg, soos dit oor ‘n aantal eeue in die Westerse wêreld vorm aangeneem het, is daar ook erkende metodes waarvolgens volkere hulle grondgebied op ‘n wettige wyse kan verkry.  Besetting van onbewoonde gebiede is een daarvan en dit is die metode waarvolgens die Afrikanervolk ‘n land  bekom het.  Dr H F Verwoerd het die tersaaklike geskiedenis en beginsels soos volg saamgevat in ‘n toespraak wat hy gehou het toe hy in 1961 Suid-Afrika se uittrede uit die Britse Statebond aangekondig het:  “Meer as 300 jaar gelede het twee bevolkingsgroepe, wat ewe vreemd aan Suid-Afrika was, in ietwat klein getalle uit verskillende rigtings ‘n land binnegekom wat toe feitlik onbewoon was.  Geeneen van hulle het ‘n ander man se land gekoloniseer of hom deur inval en onderdrukking beroof nie.  Elkeen het hom gevestig en langsamerhand sy nedersettings uitgebrei en in hoofsaak het elkeen ‘n ander deel sy eie probeer maak.  Daar was botsings en grensoorloë, en grensgebiede is verower, maar sedertdien het die Witman meer grond aan die Bantoegebiede toegevoeg, en voeg hy steeds daaraan toe, uit wat hyself beset en bedoel het om sy eie te wees.  Daar was dus geen kolonialisme nie, net afsonderlike besetting deur elkeen byna gelyktydig.  En elkeen het meer as 300 jaar die geleentheid gehad om sy land te ontwikkel….. Die Witman het dit gedoen, die Swartman nie….  Die Swartman het na hom toe gekom vir werk, voedsel en die goeie dinge van die lewe en nie vir politieke verowering nie.  Die Witman het dus nie net ‘n ontwyfelbare belang in en reg op die land wat hy uit ontblote veld en leë valleie en afgesonderde berge in ‘n moderne nywerheidstaat ontwikkel het nie, maar volgens alle sedelike beginsels was dit syne, is dit syne moet dit syne bly”.

 

¨      DAAR RUS GEEN VERPLIGTING, VAN WATTER AARD OOKAL, OP DIE AFRIKANERVOLK OM VAN SY GROND AAN GRONDLOSE MENSE UIT ANDER VOLKERE TE GEE NIE.

 

Hierdie is ook ‘n sterk Bybelse beginsel.  Nêrens in Die Bybel plaas God die verantwoordelikheid op een volk om op enige wyse in die behoeftes van enige ander volk of lede van ander volke te voorsien nie.  Hy verwag wel naasteliefde van sekere individue onder mekaar.  Ook die volkereg aanvaar die beginsel dat elke volk die reg het om in sy eie belang op te tree.

 

Dit is juis op hierdie punt wat baie Afrikaners reeds in hulle denke ontspoor het.  Hulle aanvaar dat ons ‘n Bybelse verantwoordelikheid teenoor die ander volke in Suid-Afrika het en dit beïnvloed alreeds in ‘n groot mate hulle denke oor die grondkwessie.  In hierdie opsig het hulle ook alreeds ‘n groot deel van die ANC se grondbeginsels hulle eie gemaak.  Ons het begin glo dat ons dit aan die swartes verskuldig is om van ons grond aan hulle te gee, omdat ons hulle in die verlede sou benadeel het.  Laat ons dit egter baie duidelik vir onsself sê:  Niks van dit wat aan die swart stamme van Suid-Afrika behoort het voordat die Afrikaners die land besit het, het ons van hulle weggeneem nie, ook nie hulle grond nie.  Ons skuld hulle niks nie, ook nie ‘n enkele vierkantemeter grond nie.  Dié land is ons land en ons skuld dit aan niemand nie, behalwe aan ons kinders.

 

 

¨      DIE LEDE VAN ‘N VOLK HET ‘N VERANTWOORDELIKHEID OM SY GRONDGEBIED TEEN VERVREEMDING TE BESKERM, AL IS DIT MET HUL LEWENS.

 

In 2 Samuel 10: 12 lees ons dat koning Dawid se veldheer Joab sê:  “Wees sterk en laat ons ons sterk hou vir ons volk en vir die stede van onse God.  Mag die Here dan doen wat goed is in sy oë.”  In 1 Konings 21 lees ons dat Koning Agab die man Nabot se grond wou koop, maar laasgenoemde het geantwoord:  “Mag die Here my daarvoor bewaar dat ek die erfdeel van my vaders aan u sou gee.”

 

Ons vaderland is ‘n Godgegewe erfenis en daarom is dit ons verantwoordelikheid om dit ongeskonde aan ons kinders oor te dra.  Ons mag nie ‘n deel daarvan aan vreemdes gee wat geen aanspraak daarop het nie, maar slegs ‘n geskiedenis het van vertrapping en vernietiging van byna alles waarmee hulle in aanraking gekom het.   Om dit te doen, sal nie alleen ‘n daad van minagting van God se genade en goedheid wees nie, maar ook ‘n veragting van die geweldige offers wat gebring is deur getroue en dapper voorouers om aan ons ‘n vrye vaderland na te laat.

 

Voorgaande is die basiese beginsels wat op die grondvraagstuk van toepassing is.  Indien ons die grondstryd op hierdie beginsels voer, staan ons op die sterkste grondbeginsels wat daar denkbaar kan wees.  Nie alleen sal die ANC-regering nie in staat wees om dit te weerspreek nie;  dit sal ook die leuens waarop hulle eie beginsels gebaseer is, aan die kaak stel en daarmee sal hulle eie valse beginselbasis vernietig wees.  n Sterk beginselstandpunt en die bereidheid  om onwrikbaar daarby te staan, is altyd die beste metode om die kwaad te vernietig.

 

 

DIE REALITEITE VAN GRONDHERVORMING

 

Wanneer daar van die realiteite van grondhervorming gepraat word, sal verskillende mense oor verskillende dinge dink, afhangende van die hoek waaruit die saak beskou word.  In hierdie geskrif sal daar egter net gefokus word op realiteite wat van wesenlike belang vir die bepaling van ons strategieë is.  Dit het hoofsaaklik te make met die wyse waarop die grondstryd uit ANC-geledere gevoer gaan word.  Uit sekere uitsprake en handelinge van hulle en uit sekere dinge wat reeds gebeur het, blyk die volgende:

·    Hulle gaan die Afrikanerboere deur versekeringe aangaande sekere bedoelinge met die grondhervormingsproses probeer gerusstel sodat Afrikaners hulle nie daarteen verset nie.

·    Hulle gaan die georganiseerde landbou, die kerke en die media inspan om hulle aanslag te laat slaag.

 

Die onderwerp in hierdie afdeling sal soos volg benader word:  Die ANC se ondernemings sal aan die hand van sekere werklikhede beoordeel word ten einde te probeer bepaal of dit sal realiseer en daar sal gekyk word in welke mate die georganiseerde landbou, die kerke en die media reeds vir die ANC se aksieplanne ingespan word.

 

¨      DIE ANC SE VERSEKERINGE

 

Die ANC verkondig hoofsaaklik drie dinge oor hulle benadering tot grondher-vorming, naamlik, die proses sal ordelik (met ander woorde, wettig) verloop, dit sal deur oorlegpleging en onderhandeling met die landbougemeenskap geskied, dit sal op die basis van gewillige–koper-gewillige-verkoper gedoen word en daar sal nie ‘n Zimbabwe-tipe situasie in Suid-Afrika toegelaat word nie.   Hierdie versekeringe sal nou een vir een ontleed en beoordeel word:

 

·        “Die proses sal deur oorlegpleging en onderhandeling geskied”

 

Tydens onderhandelinge oor enige aangeleentheid onderneem die partye gewoonlik om sekere  dinge te doen en sekeres nie te doen nie.  Die grondliggende veronderstelling is dat die partye wedersyds aanvaar dat ondernemings gestand gedoen sal word.  Dit is net hier waar ons van sekere harde werklikhede moet kennis neem.  Die geskiedenis van die Afrikaner se kontak met die swart stamme van Suid-Afrika is ongelukkig een van oneerlike bedoelinge en verbreekte beloftes.  Bykans elkeen van die agt grensoorloë aan die destydse Oosgrens van die Kaapkolonie was die gevolg van verbreekte beloftes en bedrieglike aanvalle deur die Xhosas op onskuldige Afrikanervroue en -kinders wat op hulle beloftes staatgemaak het.  En die huidige ANC-regering in Suid-Afrika is ‘n Xhosa-gedomineerde regering.  Die verraderlike wyse waarop Dingaan vir Piet Retief in en sy manne laat vermoor het terwyl hy hulle laat kom het vir die ondertekening van ‘n grondtraktaat waaroor daar alreeds ooreengekom is, is oorbekend.  Dieselfde patroon het homself gemanifesteer in die Vrystaatse Republiek se kontak met Mosjesj van die Basoetos en die ZAR se kontak met  verskeie swart stamme in Transvaal.  Daar was wel sekere uitsonderinge, maar in die algemeen lyk dit asof die swartes in Suid-Afrika nie reken dat hulle enige morele verantwoordelikheid het om Afrikaners op ‘n eerlike manier te behandel en enige beloftes teenoor hulle na te kom nie.  Dit is die eerste belangrike realiteit waarvan ons moet kennis neem.

 

·        “Die proses sal ordelik verloop en ‘n Zimbabwe-situasie sal nie in Suid-Afrika toegelaat word nie.”

 

Hiermee word oënskynlik bedoel dat daar erkenning aan Afrikaners se individuele eiendomsreg gegee sal word en dat onwettige plaasbesettings nie toegelaat sal word nie.  Hierdie onderneming, indien die ANC-regering hoegenaamd ernstig daarmee is, sal hulle nie kan uitvoer nie, en wel om die volgende redes:

 

-         Daar het alreeds, sonder dat dit dekking in die media geniet het, ‘n groot aantal onwettige plaasbesettings plaasgevind sonder dat die regering enigiets daaraan gedoen het.  Die mees bekende voorbeeld is die Modderklip-geval naby Johannesburg.  Die besettings vind egter nie almal op die Zimbabwe-styl plaas nie.  Deur moorde op boere en hulle gesinne, aanrandings en verkragtings, diefstal van vee en beskadiging van plaaseiendom word dit net eenvoudig vir boere onmoontlik gemaak om langer op hulle plase te bly en terwille van hulle eie veiligheid los hulle alles net so en trek weg.  Daarna beweeg die swartes in sonder dat die regering ‘n vinger verroer om dit te verhoed.  In die Mooirivier/Kranskop/Weenen omgewing is ongeveer 40-50 plase, wat altesaam ±300 000 ha beslaan al op dié wyse deur blanke boere ontruim.

-         In ANC- en SAKP-kringe is daar konsensus dat die revolusie nie voltooi sal wees voordat die grond van Suid-Afrika nie in die hande van die swartes is nie.  Tydens ‘n internasionale eiendomskonferensie wat gedurende 2001 in Durban gehou is, het die Hoofgrondeisekommissaris, Tozi Gwanya, gesê dat grondbesit in ooreenstemming met die demografiese verdeling van Suid-Afrika se bevolking gebring moet word.  Dit beteken in praktyk dat Afrikanergrondbesit in Suid-Afrika uiteindelik tot ongeveer 5% van die land verminder moet word.  Gedurende November 2004 is daar tydens ‘n SEB-konferensie aan die LUR vir Landbou in die Kaapprovinsie, ene Motshwaledi, gevra of daar iewers ‘n punt gaan kom waar die ANC die grondhervormingsproses as afgehandel sal beskou. Sy antwoord was:  “Not in a hundred years !”  In praktyk beteken dit dat daardie proses moet voortgaan totdat alle grond in Suid-Afrika in swart besit is.

-         Indien die regering optree teen onwettige grondbesetters sal hulle vir hulleself die etiket om die nek hang dat hulle kant kies vir die witman teen hulle eie mense en so die “struggle” verraai.  Aangesien die ANC se “struggle”-beeld nog altyd die deurslaggewende faktor by die stembus was, is dit baie naïef om te dink dat hulle teen onwettige plaasbesetters sal optree.

-     Soos reeds vroeër aangetoon, het die Zimbabwe grondroofproses baie suksesvol en met die minimum internasionale reperkussies verloop.  Hoekom kan dit dan nie ook, dalk net in ‘n bietjie aangepaste vorm, in Suid-Afrika toegepas word nie?

-     Soos verder ook vroeër beredeneer, is die speerpunt van die aanslag teen die Afrikanervolk daarop gerig om hom van sy grond te ontneem.  Hoekom sal hulle hulle eie strategiese doelstellings ondermyn om onwettige grondbesetting te verhoed?

 

·        “Grondhervorming sal op die gewillige-koper-gewillige-verkoper basis geskied.”

 

In hierdie verband is daar twee realiteite waarna gekyk moet word.

 

-         Die gewillige-koper-gewillige-verkoper basis is deel van die Westerse eiendomstradisie en vryemarkstelsel.  Dit veronderstel individuele eiendoms-besit, die reg om self daaroor te besluit en dit te verkoop teen ‘n markverwante prys.  Dit is alles vreemd aan die swart volkere se kultuur en tradisie.  Hulle ken slegs die kommunale stelsel waarvolgens die stamhoof beheer het oor ‘n stam se grond en hy aan die stamlede verblyfreg daarop toeken.  Indien die grond te min raak, word ‘n ander stam of stamme van hulle grond verdryf en as hulle hulle verset, word hulle eenvoudig doodgemaak.  Die konsep dat grond gekoop en verkoop en daarvoor betaal kan word, bestaan glad nie by hulle nie.  Moontlik is dit die rede waarom die grondtraktaat nog net so ongeskonde in Retief se tas gevind is toe die Voortrekkers na die slag van Bloedrivier op die Retiefgeselskap se beendere by Dingaan se hoofstat afgekom het.  Die swartes is nou in beheer van Suid-Afrika.  Waarom sal hulle vir hulleself  aan die gehate witman se eiendomsreg steur.  As hulle dit wel in ‘n mate doen, sal dit net wees ter wille van hulle aansien in die buiteland.

-         Die ANC-regering beskik nie oor die fondse om boere se plase vir grondhervorming te koop nie.  Volgens syfers wat in die media gepubliseer is, kan dit tot R13 miljard kos net om die uitstaande restitusie-eise af te handel en hulle het maar R5 miljard daarvoor.  Om die AgriSEB teiken van swart besit van 30% landbougrond teen 2014 te haal, kan tot R30 miljard kos.  Sodanige fondse sal slegs verkry kan word uit besparings op maatskaplike dienste, salarisse en ander projekte waarvoor reeds geld bewillig is.  Dit sal waarskynlik groot weerstand binne ANC-kringe ontlok.  Die vraag kan gevra word:  Hoekom moet ons die witman betaal vir grond wat hy van ons gesteel het en wat ons in elke geval langs ander, baie goedkoper weë kan bekom?

 

¨      DIE INSTRUMENTE WAT DIE ANC GAAN GEBRUIK OM GRONDHER-VORMING TE BEWERKSTELLIG.

 

In die twee-eeue-oue lange aanslag wat op verskillende fronte en tye teen die Afrikaners gevoer is, het ons vyande altyd van meelopers uit Afrikanergeledere gebruik gemaak om hulle doelstellings te bereik.  Dit was veral die geval die afgelope vier dekades na die sluipmoord op Dr Verwoerd en dit het bykans altyd die gewenste resultate opgelewer.  Daar kan aan geen rede gedink word waarom hierdie beproefde resep nie ook in die huidige grondstryd ingespan sal word nie. Uit dit wat reeds oor die ANC se werkmetodes bekend geraak het, wil dit voorkom asof hulle die georganiseerde landbou, die kerke en die media gaan gebruik.  In die georganiseerde landbou sal Agri SA en sy geaffilieërde liggame waarskynlik die belangrikste voertuig wees terwyl onder die kerke die NG Kerk verkies sal word omdat hy die grootste kerk onder Afrikaners is en ook omdat hy as gevolg van sy bestempeling van “apartheid” as sonde onder ‘n morele dwang is om grondhervorming te bevorder.   Die hele spektrum van die media, waarvan die ANC oor sommige beheer het, sal waarskynlik behendig ingespan word maar die tydskrif Landbouweekblad behoort ‘n gunsteling te wees omdat hy baie boerelesers het.

 

In die volgende paar paragrawe sal gekyk word na die standpunte wat reeds deur die genoemde instansies oor grondhervorming ingeneem is en aksies wat hulle in verband daarmee geneem het.

 

·        Agri Suid-Afrika

Agri SA se standpunt is redelik bekend.  Hulle het geen besware teen die beginsel van grondhervorming nie.  Hulle erken dat ongelykhede uit  die verlede reggestel moet word.  Hulle neem verder die standpunt in dat die grondher-vormingsproses te stadig verloop en spoor die ANC aan om dit te bespoedig.  Hulle stel die vereistes dat dit ordelik en op die gewillige-koper-gewillige-verkoper basis moet geskied.  Verder wil hulle nie ‘n Zimbabwe-tipe situasie in Suid-Afrika hê nie.  Dit verskil in prinsiep en praktyk wesenlik  niks van die ANC se grondhervormingsbeleid nie.  Daar is net een verskil.  Agri SA wil Afrikaners se grond vinniger aan die swartes gee as wat die ANC dit kan vat !  Die volgen-de opskrif van ‘n berig in Die Burger van 13 Desember 2004 gee ‘n aanduiding van die haas oor grondhervorming wat daar in die geledere van AgriSA heers:  Agri SA wil weet waarom grondhervorming sloer.  Die berig lui onder andere:  ‘n Afvaardiging van Agri SA het verlede week hier met Gwanya (Hoofgrondeisekommissaris) vergader om oplossings vir die stadige pas van grondhervormings te probeer vind.

 

In ‘n Agri SA mediavrystelling vroeg in November 2004, getiteld, Agri SA:  Mediaverklaring oor AgriSEB wanpersepsies, word daar gesê:  Agri SA is wel verbind tot die verbreding van deelname deur alle bevolkingsgroepe soos vervat in die Sektorplan vir die landbou, wat in samewerking met die regering ontwikkel is.  Hiervoor het Agri SA volledige mandate van sy lede ontvang.  Die Sektorplan is reeds drie jaar ‘n openbare dokument en Agri SA rapporteer gereeld oor vordering met die implementering daarvan, ook na aanleiding van besprekings daaroor in president Mbeki se werkgroep met die kommersiële landbou.

 

Die Sektorplan vir die landbou staan ook bekend as Die Strategiese Plan vir Suid-Afrikaanse Landbou.  Dit is opgestel deur die regering, Agri SA en ‘n aantal rolspelers in die landbou, wat hulleself vennote tot die plan noem.  In die plan word die volgende as een van die prioriteitsprogramme geïdentifiseer:  Die versnelling van die program van grondherverdeling vir landbou-ontwikkeling en prosesse vir die bemagtiging van teikengroepe.  Aan die einde word gesê:  Die vennote verbind hulle daartoe om die nodige tyd en finansiële en materiële hulpbronne te verskaf om die suksesvolle implementering van die strategiese plan te verseker.

 

·        Die NG Kerk

Grondhervorming is op die 2002-sinode van die NG Kerk bespreek en die Sinode het ‘n standpunt daaroor geformuleer.  Enkele hooftrekke daarvan word hieronder weergegee.

 

·    In die Aanhef tot die standpunt word onder andere die volgende verklaar: 

Veral vanweë die nalatenskap van die koloniale era en spesifiek ‘n hele reeks diskriminerende apartheidswette, is grondbesit in Suid-Afrika skeefgetrek.  Die huidige regering gaan uit van die oortuiging dat blywende vrede nie verkry word sonder dat dié ongelykhede reggestel word nie.  In ‘n mate hou die verarming en ekonomiese ontwrigting van swartmense verband met die vervreemding van grond.  Die aandrang op die herstel van grondregte het dus ‘n belangrike ekonomiese motief.  Swart mense meen dat die grond wat tradisioneel aan hulle voorvaders behoort het van hulle afgeneem is deur die voorsate van hulle wit landgenote.  Sommige koester hieroor selfs ‘n wrok.  Of hierdie persepsie korrek is al dan nie, feit is dat blankes hulle vanweë die nalatenskap van die koloniale era en spesifiek die apartheidsbeleid wat grondbesit betref in ‘n bevoorregte posisie bevind.  In dié verband het die beskerming en bevoorregting van blankes deur diskriminerende wetgewing ten opsigte van eiendomsreg, werfafbakening en grondreservering ‘n groot rol gespeel.

 

·    Onder die opskrif, Standpunte van die Kerk:  Riglyne vir Grondher-       vorming, word onder ander die volgende gesê: 

-         Grondhervorming moet positief aangepak word as noodsaaklike en integrale deel van die nasionale versoeningsproses. Die situasie in die land vereis dat daar nie volstaan kan word met ‘n blote erkenning dat daar in die verlede, wat grondbesit betref, teen anderskleuriges gediskrimineer is nie.  Die onreg van die verlede moet op ‘n manier reggestel word.

-         Grondhervorming moet met sensitiwiteit, omsigtigheid en nugterheid hanteer word.

-         Grondhervorming moet op ‘n gesonde landbou-ekonomiese grondslag berus.

-         Grondhervorming moenie ‘n politieke speelbal gemaak word nie.

-         Grondhervorming moet ‘n gesonde juridiese basis hê

-         Grondhervormig moet deel uitmaak van ‘n omvattende ontwikkelings-program

-         Grondhervorming moet met ekologiese oorweginge rekening hou.

-         Vergoeding moet billik en so ver moontlik markverwant wees.

-         Die gronhervormingsproses moet so gou moontlik afgehandel word.

 

·        Onder Aanbevelings verskyn die volgende:

-         Die Algemene Sinode aanvaar die verslag as riglyn vir die voorgaande gesprek oor grondhervorming in Suid-Afrika.

-         Die Algemene Sinode spreek sy dank uit teenoor die Regering vir die volgehoue pogings om ‘n deurdagte en ordelike grondhervormingsbeleid te vestig, en doen ‘n beroep op die owerheid om veral die beskikbaarstelling van grond vir die vestiging van hawelose mense as ‘n dringende prioriteit te bespoedig.

-         Die Algemene Sinode besluit om die riglyne vir grondhervorming namens die kerk aan die owerheid deur te gee.

 

·        Tydens die Algemene Sinode van 2004 is die volgende besluit: 

-         In die lig van die roepingsverklaring van die Sinode en die huidige standpunt van die kerk oor grondhervorming, herbevestig die Algemene Sinode die oortuiging dat die kerk ‘n profetiese en pastorale verantwoordelikheid het ten opsigte van die hele proses van grondhervorming.

-         Die Sinode versoek die Diensgroep Leiers om, as ‘n saak van dringendheid, ‘n taakspan aan te wys om deurlopend aandag te gee aan die praktiese uitvoering van hierdie verantwoordelikheid.

-         Finalisering van elke oordrags proses moet so vinnig as moontlikgeskied nadat daar tot bevredigende ooreenkomste gekom is en die hulp van die regering in dié verband moet ernstig gevra word.

 

·        Landbouweekblad

Landbouweekblad word nie hier uitgesonder as ‘n  teiken vir ‘n aanval nie.  Die standpunte wat in Landbouweekblad verskyn, is egter redelik verteenwoordigend van dié van die res van die media.  Landbouweekblad se standpunte oor grondhervorming en AgriSEB is oorbekend aan die boere wat die blad lees.  Hy is in beginsel ten gunste van grondhervorming, is haastig dat dit toegepas word, maar vra ook net dat dit op ‘n ordelike wyse, in oorlegpleging met die landbougemeenskap geskied.

 

·        Opsomming

Uit voorgaande uiteensetting van die grootste rolspelers op die gebied van grondhervorming se standpunte daaroor is ‘n paar dinge duidelik.

 

-         Die groot rolspelers op die gebied van grondhervorming is ten gunste daarvan en die Afrikanerboere moet geen ondersteuning uit daardie oorde verwag nie;  trouens, dit lyk of hulle met mekaar meeding om te kyk wie die Afrikaner se grond die vinnigste kan weggee.  Agri SA lyk op hierdie stadium na die gunsteling om die wedloop te wen met die ANC self waarskynlik in die laaste plek. Die Afrikanerboer sal die onaangename werklikheid in die oë moet staar dat hy alleen staan in die grondstryd, soos dit feitlik maar deurgaans die geval in ons geskiedenis was.  Dit is die finale werklikheid wat hy in sy beplanning van ‘n strategie in ag moet neem.  Oor sodanige strategie word in die volgende afdeling geskryf.

 

 

 

STRATEGIEBEPALING

By die besinning oor ‘n gepaste strategie om die grondaanslag teë te staan, sal dit goed wees om net weer die kernwaarhede uit die voorafgaande afdelings uit te lig, naamlik:

 

·        Grondhervorming het niks met ‘n beter ekonomiese bedeling vir grondlose swartes in Suid-Afrika te doen nie;  dit is daarop gerig om van Afrikaners grondloses te maak ten einde die Afrikanervolk  finaal te vernietig.

·        Die beginselbasis waarop die stryd deur Afrikaners gevoer word, sal deurslaggewend vir die uitslag van die grondstryd wees.  Indien dit binne die raamwerk van die ANC se beginselbasis gedoen word, is die stryd verlore.  Indien dit gevoer word op die Bybelgefundeerde basis dat Afrikanerland aan die Afrikanervolk behoort, dat ons dit aan niemand skuld nie en dat ons die verantwoordelikheid het om dit te verdedig, selfs met ons lewens indien nodig, sal ons die stryd wen.

·        Ons moenie illusies hê oor die aard van die aanslag teen ons en oor die realiteite wat op die gevegsterrein heers nie.  Ons moet onsself deeglik daarvan vergewis.

·        Ons moet ons lotgevalle volkome in die hand van God plaas.

 

Bogenoemde elemente was in wese almal teenwoordig by die roemryke oorwinnings wat die Afrikanervolk in sy geskiedenis gehad het soos by Bloedrivier en Majuba, waar dit ook primêr oor grond en ‘n vaderland vir die Afrikaner gegaan het.  Waar dit ontbreek het, het dit miserabele gevolge gehad, soos met die 1994-oorgawe.

 

Die strategie vir die grondstryd moet ‘n langtermyn en korttermynkomponent hê.

 

¨      DIE LANGTERMYNSTRATEGIE

 

Die kern van die langtermynstrategie kan soos volg saamgevat word:  Die enigste manier om ons grond te behou, is om ons land aan vreemde heerskappy te ontruk sodat ons weer ‘n vrye volk in ons eie vaderland onder ons eie regering kan word.  Die stelling kan soos volg verduidelik word:  Ons is op die oomblik ‘n verslane, verknegte, ontmagtigde volk.  Al die hefbome van mag wat ‘n volk nodig het om homself te handhaaf, is uit ons hande verwyder.  Ons het geen politieke of militêre mag nie, ons kinders word in die staatskole geïndoktrineer om te glo dat ons voorouers misdadigers was, ons word feitlik daagliks oorstroom met ‘n bombardement van propaganda om ons beginselbasis te ondermyn en ‘n skuldkompleks op ons te laai en ons godsdiens, ons taal en ons kultuur en ons volksbewussyn word doelbewus ondergrawe.  Deur belastings, grondroof en regstellende aksie word ons materiële besittings van ons weggeneem en baie Afrikaners is reeds verkneg tot die vlak van armlastiges en plakkers.  Daarbenewens word ons stelselmatig uitgemoor en uit ons eie land verdryf.  Teen dit alles staan ons op die oomblik magteloos.  Solank ons ‘n verknegte, verslaafde volk binne die huidige ANC-bedeling bly, sal enige weerstandsaksie op enige terrein wees soos ‘n persoon wat die see met ‘n sifdraad probeer teëhou.  Die vyand sal eenvoudig op alle fronte deurbars.

 

Daar is net uitweg om onsself te handhaaf, ons grond te behou en ‘n toekoms en ‘n vaderland aan ons kinders na te laat.  Ons moet weer ‘n vrye volk in ons eie land onder ons eie regering word.  Dan sal ons met die politieke en militêre middele wat tot ons beskikking kom, verhoed dat enige vreemdeling ons van ons grond beroof.  Dit is die enigste blywende, langtermyn oplossing vir ons. 

 

Die aanslag van die ANC sal waarskynlik in twee verskillende vorms wees.  Dit sal die wortel-en-stok benadering aanneem. Aan die eenkant sal die boere probeer oortuig word om aan grondhervorming deel te neem omdat dit in hulle eie belang sou wees.  Verskeie argumente sal daarvoor gebruik word, sommige waarvan alreeds begin vorm aanneem.  Daar word byvoorbeeld gesê dat boere aan grondhervorming moet deelneem om te keer dat ‘n grondgryp soos die in Zimbabwe plaasvind.  Verder word die storie ook gesirkuleer dat die boere van die ANC-regering se goeie guns afhanklik is, dat hulle ‘n oop deur na Thabo Mbeki se kantoor het en dat hulle hulle samewerking moet verleen ten einde hierdie goeie gesindheid en die moontlike materiële voordeel wat daaruit kan voortvloei, te behou.  Aan die anderkant sal daar probeer word om deur dreigemente, betogings en ander vorme van openbare intimidasie die boere bevrees te maak.  Oor die naweek van 6 November 2004 het ons alreeds ‘n voorsmakie daarvan gehad, toe die SAKP ‘n opmars na Agrii-SA se kantore gehou het.

 

¨      DIE KORTTERMYNSTRATEGIE

 

Alles wat tot hiertoe geskryf is in ag genome, behoort die korttermynstrategie uit die volgende elemente te bestaan:

 

·        Elke individuele Afrikanerboer in Suid-Afrika moet in sy hart ‘n beginselbesluit neem dat hy nie sy grond of ‘n deel daarvan aan ‘n swarte sal gee of verkoop nie en om geen kompromie van enige aard te maak nie.

·        Boere moet hulle self in geen vorm van onderhandeling oor hulle grond laat betrek nie.  n Selfrespekterende mens onderhandel met niemand oor sy eie goed nie.  Deur die blote feit dat jy gewillig is om daaroor te onderhandel, gee jy in beginsel te kenne dat jy bereid is om dit af te staan en dat jy nie bereid is om die prys te betaal wat dit verg om dit te behou nie.  Dit is die eerste krakie wat aan die vyand die geleentheid bied om die dun ent van die wig in te dryf.

·        Die instansies wat hulle reeds tot grondhervorming verbind het en gebruik gaan word om boere tot grondhervorming oor te haal, moet die duidelike boodskap kry dat niemand na hulle gaan luister nie.  Op inligtingsvergaderinge wat na alle waarskynlikheid deur die georganiseerde landbou gereël gaan word, moet boere in groot getalle opdaag en hulle ondubbelsinnige verwerping van grondhervorming te kenne gee.  Wanneer die saak op boereverenigings se agenda’s kom, moet dit summier daarvan verwyder word.  Indien die kansels misbruik word vir grondhervorming moet dit die ergste verontwaardiging by gemeentelede uitlok en gemeentelede moenie toelaat  dat die saak op wyksbyeenkomste bespreek word nie.  Enige propagering van grondhervorming in die koerante moet met ‘n stortvloed van briewe wat daarteen beswaar maak, begroet word en boere moet maksimaal van inbel-programme en internetkletskamers gebruik maak om hulle misnoeë  met grondhervorming te kenne te gee.  In kort:  Grondhervorming moet met ‘n muur van soliede openbare weerstand te doen kry.  Boere moet hulleself ingelig hou. 

·        Sonder kennis is enige stryd verlore.  Hulle moet die basiese beginsels wat op die saak van toepassing is behoorlik onder die knie kry en hulle moet op hoogte bly van die jongste verwikkelinge op die gevegsterrrein. Na die suksesvolle voltooiing van die kommunistiese revolusie in Rusland in 1917 het die leier, Wladimir Lenin, gesê:  “As slegs 1000 mense geweet het waarmee ons besig was, sou ons nooit kon slaag nie.”  Indien boere hulleself op hoogte bring met dit wat in die geheim teen hulle saamgesweer word, sal hulle in staat wees om die grondaanslag af te weer.

·        Daar moet na ‘n punt beweeg word waar Afrikanerboere as ‘n groep hulleself kan uitspreek teen grondhervorming.  Dit kan byvoorbeeld by wyse van ‘n referendum oor die saak gedoen word.  Dit sal nie die eerste keer in ons geskiedenis wees dat grondroof deur ‘n referendum gestuit word nie.  In 1981 wou die Suid-Afrikaanse regering onder leiding van die destydse Minister Piet Koornhof die distrik King William’s Town by die Ciskei inlyf.  ‘n Aantal boere onder leiding van ‘n sekere Brian Nel het ‘n private referendum daaroor gehou en die beoogde inlywing is met ±1000 stemme teen 100 verwerp.  Die regering het sy inlywingsplanne dadelik in die snippermandjie gegooi.  Deur ‘n geslaagde referendum kan ‘n verenigde front geskep word wat die vyand op die vlug kan laat slaan.

 

Indien die bostaande strategie suksesvol deurgevoer word, kan ‘n paar dinge moontlik verwag word, naamlik:

 

-         Dit sal groot ontsteltenis en verwarring in ANC-geledere veroorsaak, want hulle hele grondstrategie is gebou op die veronderstelling dat hulle vennote in Afrikanergeledere sal sorg dat Afrikanerboere nie moeilik raak en weerstand bied nie.

-         Hulle sal moet erken dat hulle nie grondhervorming op hulle eie sal kan deurvoer nie en dit sal op sy beurt weer geweldige spanninge in die ANC/COSATU/SAKP-alliansie veroorsaak, want die ANC is tot grondherverdeling verbind.

-         Dit is moeilik om te voorspel hoe hulle so ‘n situasie sal hanteer.  Dit kan een of meer van die volgende aanneem:

-         Massabetogings teen individuele boere en boere-organisasies wat niemet grondhervorming wil saamwerk nie.

-         Grondonteiening en gedwonge verwydering van boere van hulle plase af.

-         Onwettige, gewelddadige plaasbesettings op die Zimbabwe-styl.

 

Boere sal hulleself op sulke gebeurlikhede moet voorberei en hulleself in gereedheidsgroepe moet organiseer ten einde mekaar te ondersteun in noodgevalle.  In die finale instansie sal individuele boere bereid moet wees om hulle grond met hulle lewens te verdedig en die hoogste prys daarvoor te betaal.  ‘n Enkele man wat bereid is om sy beginsels met sy lewe te verdedig was in die geskiedenis van die mensdom nog altyd die rots waarteen die opmars van die leuen homself te pletter geloop het.  Daarsonder is geen oorwinning moontlik nie.  Manne en vroue wat bereid was om dit te doen, het die verloop van die geskiedenis verander. Voorbeelde daarvan is die volgende: Koning Dawid (toe hy man-alleen die reus Goliath aangedurf het),  Martin Luther (toe hy gesê het, “hier staan ek, ek kan nie anders nie”), Paul Kruger (toe hy geweier het om sy land se onafhanklikheid prys te gee en ‘n oorlog teen Brittanje aangeknoop wat die Britse imperialisme ‘n nekslag toegedien het) en Dr H F Verwoerd (toe hy bereid was om die beginsels van Afrikanernasionalisme onverskrokke te handhaaf en uiteindelik met sy lewe daarvoor moes betaal).

 

Sommige lesers mag moontlik op hierdie punt voel dat dit makliker is om te skryf dat iemand bereid moet wees om sy lewe vir ‘n saak te gee as om dit self te doen.  Dit is waar.  Dit is egter ook waar dat die huidige geslag Afrikaners (wat boere insluit) die soete vrugte pluk van groot offers wat ons voorgeslagte gebring het om aan ons ‘n vaderland na te laat en waarsonder die huidige geslag Afrikanerboere nie die grond sou gehad het waaruit hulle en hulle gesinne die afgelope 30 tot 50 jaar ‘n bestaan gemaak het en waaruit sommige van hulle inderdaad fortuine gemaak het nie.  Die tyd het nou gekom dat ons ook bereid moet wees om die offers te bring wat dit verg om ons erfgrond te behou en ‘n vrye vaderland aan ons kinders na te laat.

 

Laat ons nie deur ons nalate in die posisie kom van die veldheer Abdallah toe hy van sy neerlaag tydens die slag van Granada in 709 NC die volgende woorde van sy moeder moes aanhoor nie:  “Moenie huil soos ‘n vrou oor dit wat jy moes verdedig soos ‘n man nie !!”

 

In die begin van hierdie afdeling is daar gesê dat die herwinning van ons vryheid in ons eie land  die enigste ware, blywende en langtermynoplossing vir ons grondprobleem is.  Indien die korttermyngrondstryd op ‘n swak basis hanteer word, kan dit die stryd om die herwinning van ons vryheid ‘n nekslag toedien.  Indien dit egter op die regte wyse gevoer word, kan dit die voorspel word tot die herwinning van ons vryheid.  Om dit te kan vermag, moet ons dieselfde gees openbaar van daardie klein groepie  bittereinders wat ongeveer 100 jaar gelede die magtige Britse leërs op die slagvelde van Suid-Afrika verslaan het.  Hulle het die wonderlike vermoë besit om elke bedreiging en verleentheid in ‘n geleentheid te omskep en dit het die hele Britse oorlogspoging gefrustreer.  Laat ons insien dat die aanslag op grond aan ons ‘n ideale geleentheid bied om ons vryheid te herwin.  Die grondaanslag is op die oomblik die hoofpunt op die ANC-agenda.  Indien dit misluk, kan die terugslaaneffek daarvan so geweldig wees dat dit die ANC totaal uitmekaar  kan ruk.

 

Ter afsluiting, toe daar by geleentheid probeer is om vir Genl Christiaan de Wet te oorreed om die oorlog te laat vaar deur sy aandag op sekere, haglike omstandighede te vestig, was sy antwoord soos volg: “Vir my is die oorlog ‘n geloofsdaad en ek kan net die groot beginsels wat betrokke is, oorweeg;  omstandighede is net struikelblokke wat uit die pad verwyder moet word.  Laat ons ten alle koste voortgaan om te veg.”

 

As hierdie gees in ons heers, sal ons nie alleen die grondstryd nie, maar ook die vryheidstryd wen.  Die digter George Byron het dit so gestel: “Die vryheidstryd, as dit eenmaal begin, word van die vader bloeiend deur die seun geërf, en die stryd sal altyd, hoe moeilik ookal, gewen word.”

 

 

Dagbestuur

8 Februarie 2005

 

PIKETBERG
Adres: Langstraat 101, Posbus 339, Piketberg, 7320
Tel: (022)  913 2353/913 2391 | Faks: (022)  913 1482 | Sel: 082  493 3785
E-pos: BVI@xsinet.co.za