|
|
|
|
DIE AANSLAG OP AFRIKANERGROND Die aanslag
op Afrikanergrond is besig
om te verskerp
en dit het in intensiteit toegeneem met die beoogde Onteieningswet . Die BVI se standpunt is dat ons nie weer
ons vryheid as volk sal kan
herwin indien ons ons grond
verloor nie. Daarom het die Sentrale Vryheidskomitee van die BVI besluit
om aktief by die stryd om die behoud van Afikanergrond betrokke te raak. In hierdie afdeling sal besonderhede verskaf word van
die BVI se standpunte oor
hierdie kwessie sowel as inligting oor die aanslag en aksies wat daarteen
onderneem word.
Die volgende dokumente
kan op hierdie stadium gelees word:
Ø
‘N
STRATEGIE VIR DIE BEHOUD VAN AFRIKANERGROND Die BVI se strategie
vir die behoud van Afrikanergrond is tydens sy grondberad wat op 5 Maart 2005 te Worcester gehou is opgestel en die beweging se benadering tot die grondkwessie
word in hierdie dokument uiteengesit.
Ø
DIE BOERE-AFRIKANER GRONDAKSIE Die Boere-Afrikaner Grondaksie (BGA) was ‘n gesamentlike strategie vir die behoud van Afrikanergrond, waaraan ‘n aantal Afrikanerbewegings deelgeneem het. Onder hierdie afdeling kan u meer lees oor die ontstaan, doelstellings en funksionering van die BGA. Alle pamflette wat deel vorm van die BGA se landswye inligtingsaksie verskyn hieronder. Die aksie het intussen ontbind, maar die besonderhede daaroor word op die webtuiste gehou, terwille van die waardevolle inligting wat daaronder verskyn. ‘n Toespraak van Dr Ronnie van der
Merwe, voorsitter van die
BVI oor die grondaanslag.
Ø
AGRI SA SE ROL IN GRONDHERVORMING Korrespondensie en gesprekvoering tussen die BVI en Agri SA.
Ø
DIE
GRONDBESETTINGSPATROON IN SUID-AFRIKA Daar bestaan oortuigende historiese getuienis dat Afrikaners hulle grond in Suid-Afrika langs regmatige, volkeregtelik-erkende
wyses verkry het. Die bewyse daarvoor is gebring deur die swart skrywer Dr JSM Matsebula en in hierdie stuk gee Werner Weber
‘n opsomming daarvan. Daar is reeds heelwat
literatuur oor die grondkwessie gepubliseer. Enkele items word
onder hierdie afdeling genoem en bespreek.
PIKETBERG |